Eksodus 6:1-30

6  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Nou sal jy sien wat ek Farao sal aandoen,+ want weens ’n sterk hand sal hy hulle wegstuur en weens ’n sterk hand sal hy hulle uit sy land uitdryf.”+  En God het verder met Moses gepraat en vir hom gesê: “Ek is Jehovah.+  En ek het altyd aan Abraham,+ Isak+ en Jakob+ verskyn as God die Almagtige,+ maar wat my naam Jehovah+ betref, daarmee het ek my nie aan hulle bekend gemaak nie.+  En ek het ook my verbond met hulle tot stand gebring om aan hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle as vreemdelinge gewoon het.+  En ek, ja ek, het die gekerm van die kinders van Israel gehoor,+ wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en ek dink aan my verbond.+  “Daarom, sê vir die kinders van Israel: ‘Ek is Jehovah, en ek sal julle beslis onder die las van die Egiptenaars uitlei en julle van hulle slawerny verlos,+ en ek sal julle inderdaad terugeis met ’n uitgestrekte arm en met groot strafgerigte.+  En ek sal julle beslis vir my as ’n volk neem,+ en ek sal inderdaad vir julle God wees;+ en julle sal beslis weet dat ek Jehovah julle God is wat julle onder die laste van Egipte uitlei.+  En ek sal julle beslis in die land bring waaromtrent ek my hand in ’n eed+ opgehef het om dit aan Abraham, Isak en Jakob te gee; en ek sal dit inderdaad aan julle as ’n besitting gee.+ Ek is Jehovah.’”+  Later het Moses só met die kinders van Israel gepraat, maar uit ontmoediging en weens die harde slawearbeid het hulle nie na Moses geluister nie.+ 10  Toe het Jehovah met Moses gepraat en gesê: 11  “Gaan in, praat met Farao, Egipte se koning,+ dat hy die kinders van Israel uit sy land moet wegstuur.”+ 12  Moses het egter voor Jehovah gepraat en gesê: “Kyk! Die kinders van Israel het nie na my geluister nie;+ en hoe sal Farao ooit na my luister,+ aangesien ek onbesnede van lippe is?”+ 13  Maar Jehovah het voortgegaan om met Moses en Aäron te praat en om deur hulle die bevel uit te vaardig aan die kinders van Israel en aan Farao, Egipte se koning, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.+ 14  Dít is die hoofde van hulle vaderhuise: Die seuns van Ruben, Israel se eersgeborene,+ was Hanog en Pallu, Hesron en Karmi.+ Dit is die families van Ruben.+ 15  En die seuns van Siʹmeon was Jeʹmuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van ’n Kanaänitiese vrou.+ Dit is die families van Siʹmeon.+ 16  En dít is die name van die seuns van Levi,+ volgens hulle familieafstamming:+ Gerson en Kehat en Meraʹri.+ En die lewensjare van Levi was honderd-sewe-en-dertig jaar. 17  Die seuns van Gerson was Libni en Siʹmeï,+ volgens hulle families.+ 18  En die seuns van Kehat was Amram en Jishar en Hebron en Usʹsiël.+ En die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar. 19  En die seuns van Meraʹri was Magli en Musi.+ Dit was die families van die Leviete, volgens hulle familieafstamming.+ 20  En Amram het Jogeʹbed, sy vader se suster, as vrou geneem.+ Later het sy vir hom Aäron en Moses gebaar.+ En die lewensjare van Amram was honderd-sewe-en-dertig jaar. 21  En die seuns van Jishar was Korag+ en Nefeg en Sigri. 22  En die seuns van Usʹsiël was Miʹsael en Elʹsafan en Sitri.+ 23  En Aäron het Eliseʹba, Amminaʹdab se dogter, die suster van Nagson,+ as vrou geneem. Later het sy vir hom Nadab en Abiʹhu, Eleaʹsar en Iʹtamar gebaar.+ 24  En die seuns van Korag was Assir en Elʹkana en Abiʹasaf.+ Dit was die families van die Koragiete.+ 25  En Eleaʹsar, Aäron se seun,+ het vir hom een van die dogters van Puʹtiël as vrou geneem. Later het sy vir hom Piʹnehas gebaar.+ Dit is die hoofde van die vaderhuise van die Leviete, volgens hulle families.+ 26  Dit is dié Aäron en Moses vir wie Jehovah gesê het:+ “LEI die kinders van Israel uit Egipteland uit volgens hulle leërs.”+ 27  Dit is hulle wat met Farao, Egipte se koning, gepraat het om die kinders van Israel uit Egipte uit te lei.+ Dit is dié Moses en Aäron. 28  En op die dag toe Jehovah met Moses in Egipteland gepraat het,+ 29  het Jehovah Moses aangespreek en gesê: “Ek is Jehovah.+ Sê vir Farao, die koning van Egipte, alles wat ek vir jou sê.” 30  Toe het Moses voor Jehovah gesê: “Kyk! Ek is onbesnede van lippe—hoe sal Farao dan ooit na my luister?”+

Voetnote