Eksodus 7:1-25

7  Gevolglik het Jehovah vir Moses gesê: “Kyk, ek het jou God gemaak vir Farao,+ en jou broer Aäron sal jou profeet word.+  Jy—jy moet alles spreek wat ek jou sal beveel;+ en jou broer Aäron moet die praatwerk voor Farao doen,+ en hy moet die kinders van Israel uit sy land wegstuur.+  Wat my betref, ek sal Farao se hart onversetlik laat word,+ en ek sal beslis my tekens en my wonderwerke in Egipteland vermenigvuldig.+  En Farao sal na julle nie luister nie;+ en ek sal my hand op Egipte moet lê en my leërs,+ my volk,+ die kinders van Israel,+ met groot strafgerigte+ uit Egipteland moet uitlei.  En die Egiptenaars sal beslis weet dat ek Jehovah is wanneer ek my hand teen Egipte uitsteek,+ en ek sal inderdaad die kinders van Israel onder hulle uitlei.”+  En Moses en Aäron het toe gedoen soos Jehovah hulle beveel het.+ Hulle het net so gedoen.+  En Moses was tagtig jaar oud en Aäron was drie-en-tagtig jaar oud toe hulle met Farao gepraat het.+  Jehovah het toe vir Moses en Aäron gesê:  “As Farao met julle praat en sê: ‘Doen vir julle ’n wonderwerk’,+ dan moet jy vir Aäron sê: ‘Neem jou staf+ en gooi dit voor Farao neer.’ Dit sal ’n groot slang word.”+ 10  Toe het Moses en Aäron na Farao toe gegaan en gedoen presies soos Jehovah beveel het. Aäron het dan ook sy staf voor Farao en sy knegte neergegooi, en dit het ’n groot slang geword. 11  Maar Farao het ook die wyse manne en die towenaars laat roep;+ en die towerpriesters van Egipte het ook dieselfde met hulle toorkunste gedoen.+ 12  En elkeen het sy staf neergegooi, en hulle het groot slange geword; maar Aäron se staf het hulle stawwe ingesluk. 13  Tog het Farao se hart onversetlik geword,+ en hy het na hulle nie geluister nie, net soos Jehovah gesê het. 14  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Farao se hart is verhard.+ Hy het geweier om die volk weg te stuur.+ 15  Gaan môreoggend na Farao toe. Kyk! Hy gaan uit na die water!+ En jy moet aan die kant van die Nylrivier gaan staan om hom te ontmoet,+ en die staf wat in ’n slang verander het, moet jy in jou hand neem.+ 16  En jy moet vir hom sê: ‘Jehovah, die God van die Hebreërs, het my na u toe gestuur+ en gesê: “Stuur my volk weg sodat hulle my in die wildernis kan dien”,+ maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie. 17  Só het Jehovah gesê:+ “Hieraan sal jy weet dat ek Jehovah is.+ Kyk, ek slaan met die staf wat in my hand is op die water wat in die Nylrivier is,+ en dit sal beslis in bloed verander.+ 18  En die visse wat in die Nylrivier is, sal sterf,+ en die Nylrivier sal stink,+ en die Egiptenaars sal glad nie lus wees om water uit die Nylrivier te drink nie.”’”+ 19  Daarna het Jehovah vir Moses gesê: “Sê vir Aäron: ‘Neem jou staf en steek jou hand+ uit oor die waters van Egipte, oor hulle riviere, oor hulle Nylkanale en oor hulle rietpoele+ en oor al hulle opgedamde waters, sodat dit bloed word.’ En daar sal beslis bloed wees in die hele Egipteland en in die houthouers en in die kliphouers.” 20  Onmiddellik het Moses en Aäron dit gedoen,+ net soos Jehovah beveel het,+ en hy het die staf opgelig en die water wat in die Nylrivier was, voor die oë van Farao en sy knegte geslaan,+ en al die water wat in die Nylrivier was, is in bloed verander.+ 21  En die visse wat in die Nylrivier was, het doodgegaan,+ en die Nylrivier het begin stink; en die Egiptenaars kon nie water uit die Nylrivier drink nie;+ en daar was bloed in die hele Egipteland. 22  Maar die towerpriesters van Egipte het dieselfde met hulle geheime kunste gedoen;+ sodat Farao se hart onversetlik gebly het,+ en hy het na hulle nie geluister nie, net soos Jehovah gesê het.+ 23  Farao het derhalwe omgedraai en in sy huis ingegaan, en hy het dit ook geensins ter harte geneem nie.+ 24  En al die Egiptenaars het rondom die Nylrivier na drinkwater gegrawe, want hulle kon geen water van die Nylrivier drink nie.+ 25  En sewe dae het verbygegaan nadat Jehovah die Nylrivier geslaan het.

Voetnote