Eksodus 8:1-32

8  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Gaan na Farao toe, en jy moet vir hom sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Stuur my volk weg sodat hulle my kan dien.+  En as jy bly weier om hulle weg te stuur, kyk, dan tref ek jou hele gebied met ’n paddaplaag.+  En die Nylrivier sal behoorlik wemel van paddas, en hulle sal beslis opkom en in jou huis kom en in jou binneste slaapkamer en op jou slaapbank en in die huise van jou knegte en op jou volk en in jou oonde en in jou knieskottels.+  En teen jou en teen jou volk en teen al jou knegte sal die paddas opkom.”’”+  Later het Jehovah vir Moses gesê: “Sê vir Aäron: ‘Steek jou hand met jou staf+ uit oor die riviere, die Nylkanale en die rietpoele en laat die paddas oor Egipteland opkom.’”  Daarop het Aäron sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en die paddas het begin opkom en Egipteland bedek.  Die towerpriesters het egter dieselfde deur hulle geheime kunste gedoen en die paddas oor Egipteland laat opkom.+  Na verloop van tyd het Farao Moses en Aäron geroep en gesê: “Versoek Jehovah dringend+ dat hy die paddas van my en my volk verwyder, aangesien ek die volk wil wegstuur sodat hulle aan Jehovah offerandes kan bring.”+  Toe het Moses vir Farao gesê: “Neem u die heerlikheid bo my om te sê wanneer ek ’n dringende versoek vir u en u knegte en u volk moet doen om die paddas van u en uit u huise uit te roei. Net in die Nylrivier sal hulle oorbly.” 10  Hierop het hy gesê: “Môre.” Toe het hy gesê: “Dit sal volgens u woord wees, sodat u kan weet dat daar niemand soos Jehovah ons God is nie,+ 11  deurdat die paddas beslis van u en u huise en u knegte en u volk sal wyk. Net in die Nylrivier sal hulle oorbly.”+ 12  Toe het Moses en Aäron van Farao af weggegaan, en Moses het tot Jehovah geroep+ weens die paddas wat Hy oor Farao gebring het. 13  Toe het Jehovah gedoen volgens Moses se woord,+ en die paddas het uit die huise, die binnehowe en die veld begin wegsterf. 14  En hulle het dit in hope opgestapel, en die land het begin stink.+ 15  Toe Farao sien dat daar verligting gekom het, het hy sy hart verhard;+ en hy het na hulle nie geluister nie, net soos Jehovah gesê het.+ 16  Jehovah het toe vir Moses gesê: “Sê vir Aäron: ‘Steek jou staf+ uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muggies word in die hele Egipteland.’” 17  En hulle het dit gedoen. Aäron het dus sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muggies op mens en dier gekom. Al die stof van die aarde het muggies geword in die hele Egipteland.+ 18  En die towerpriesters het dieselfde deur hulle geheime kunste probeer doen,+ om muggies voort te bring, maar hulle kon nie.+ En die muggies het op mens en dier gekom. 19  Die towerpriesters het derhalwe vir Farao gesê: “Dit is die vinger+ van God!”+ Maar Farao se hart het onversetlik gebly,+ en hy het na hulle nie geluister nie, net soos Jehovah gesê het. 20  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Staan môreoggend vroeg op en gaan staan voor Farao.+ Kyk! Hy kom uit na die water! En jy moet vir hom sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Stuur my volk weg sodat hulle my kan dien.+ 21  Maar as jy my volk nie wegstuur nie, kyk, dan stuur ek steekvlieë+ oor jou en jou knegte en jou volk en in jou huise; en die huise van Egipte sal eenvoudig vol steekvlieë wees, en ook die grond waarop hulle staan. 22  En op dié dag sal ek beslis die land Gosen waarop my volk staan, uitsonder, dat daar geen steekvlieë sal wees nie;+ sodat jy kan weet dat ek Jehovah is in die land.+ 23  En ek sal inderdaad ’n skeiding maak tussen my volk en jou volk.+ Môre sal hierdie teken plaasvind.”’” 24  En Jehovah het dit gedoen; en digte swerms steekvlieë het die huis van Farao en die huise van sy knegte en die hele Egipteland begin binnedring.+ Die land is verwoes as gevolg van die steekvlieë.+ 25  Uiteindelik het Farao Moses en Aäron geroep en gesê: “Gaan, bring offerandes aan julle God in die land.”+ 26  Maar Moses het gesê: “Dit is nie geoorloof om dit te doen nie, want ons sal aan Jehovah ons God iets as offerande bring wat vir die Egiptenaars verfoeilik is.+ Gestel ons sou iets wat vir die Egiptenaars verfoeilik is, voor hulle oë as offerande bring; sal hulle ons dan nie stenig nie? 27  Ons sal drie dagreise ver die wildernis in trek en ons sal beslis aan Jehovah ons God offerandes bring net soos hy vir ons gesê het.”+ 28  Farao het toe gesê: “Ek—ek sal julle wegstuur,+ en julle sal inderdaad in die wildernis aan Jehovah julle God offerandes bring.+ Moet net nie so ver weg trek nie. Doen ’n dringende versoek ten behoewe van my.”+ 29  Toe het Moses gesê: “Kyk, ek gaan van u af weg, en ek sal inderdaad ’n dringende versoek tot Jehovah rig, en die steekvlieë sal beslis môre van Farao, sy knegte en sy volk wyk. Laat Farao net nie weer bedrieglik handel deur die volk nie weg te stuur om offerandes aan Jehovah te bring nie.”+ 30  Daarna het Moses van Farao af weggegaan en ’n dringende versoek tot Jehovah gerig.+ 31  Toe het Jehovah gedoen volgens Moses se woord,+ en die steekvlieë het van Farao, sy knegte en sy volk gewyk.+ Nie een het oorgebly nie. 32  Maar Farao het ook hierdie keer sy hart verhard en die volk nie weggestuur nie.+

Voetnote