Eksodus 9:1-35

9  Gevolglik het Jehovah vir Moses gesê: “Gaan na Farao toe, en jy moet vir hom sê:+ ‘Só het Jehovah, die God van die Hebreërs, gesê: “Stuur my volk weg sodat hulle my kan dien.  Maar as jy bly weier om hulle weg te stuur en jy hulle nog langer vashou,+  kyk! dan kom Jehovah se hand+ oor jou vee+ wat in die veld is. Oor die perde, die esels, die kamele, die beeste en die kleinvee sal daar ’n baie swaar pes kom.+  En Jehovah sal beslis ’n onderskeid maak tussen die vee van Israel en die vee van Egipte, en niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.”’”+  Ook het Jehovah ’n vasgestelde tyd gegee en gesê: “Môre sal Jehovah dit in die land doen.”+  Die volgende dag het Jehovah dit dan ook gedoen, en allerhande soorte vee van Egipte het begin doodgaan;+ maar van die vee van die kinders van Israel het nie een doodgegaan nie.  Toe het Farao gestuur, en kyk! van Israel se vee het nie eers een doodgegaan nie. Farao se hart was nietemin nog steeds verhard,+ en hy het die volk nie weggestuur nie.  Daarna het Jehovah vir Moses en Aäron gesê: “Neem vir julle twee hande vol roet uit ’n droogoond,+ en Moses moet dit voor Farao se oë na die hemel opgooi.  En dit sal ’n poeier oor die hele Egipteland word, en dit sal swere word wat in blase uitbreek+ op mens en dier in die hele Egipteland.” 10  Toe het hulle die roet van ’n droogoond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel opgegooi, en dit het swere met blase geword+ wat op mens en dier uitgebreek het. 11  En die towerpriesters kon as gevolg van die swere nie voor Moses staan nie, want die swere het op die towerpriesters en op al die Egiptenaars uitgekom.+ 12  Maar Jehovah het Farao se hart onversetlik laat word, en hy het na hulle nie geluister nie, net soos Jehovah vir Moses gesê het.+ 13  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Staan môreoggend vroeg op en gaan staan voor Farao,+ en jy moet vir hom sê: ‘Só het Jehovah, die God van die Hebreërs, gesê: “Stuur my volk weg sodat hulle my kan dien.+ 14  Want hierdie keer stuur ek al my slae teen jou hart en oor jou knegte en jou volk, sodat jy kan weet dat daar op die hele aarde niemand soos ek is nie.+ 15  Want ek kon nou al my hand uitgesteek het om jou en jou volk met die pes te tref en sodat jy van die aarde uitgewis sou word.+ 16  Maar juis om dié rede het ek jou nog laat bestaan,+ om jou my krag te toon en om my naam oor die hele aarde bekend te laat maak.+ 17  Hou jy jou nog steeds hoogmoedig teen my volk deur hulle nie weg te stuur nie?+ 18  Kyk, môre omstreeks hierdie tyd laat ek ’n baie swaar hael neerreën, soos wat nog nooit in Egipte voorgekom het van die dag af dat dit gegrondves is tot nou toe nie.+ 19  En stuur dan nou en bring al jou vee en alles wat joune in die veld is, onder dak. Wat enige mens en dier betref wat in die veld gevind word en nie in die huis gebring is nie, die hael+ sal op hulle afkom, en hulle sal sterf.”’” 20  Elkeen wat Jehovah se woord gevrees het onder Farao se knegte, het sy knegte en sy vee in die huise laat invlug,+ 21  maar elkeen wat Jehovah se woord geensins ter harte geneem het nie, het sy knegte en sy vee in die veld gelos.+ 22  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Steek jou hand+ na die hemel uit, sodat hael+ oor die hele Egipteland kom, oor mens en dier en al die plante van die veld in Egipteland.” 23  Daarop het Moses sy staf na die hemel uitgesteek; en Jehovah het donderslae en hael gegee,+ en vuur het na die aarde geskiet, en Jehovah het aanhoudend hael op Egipteland laat neerreën. 24  So het daar hael gekom, en vuur wat tussen die hael deur geflikker het. Dit was baie swaar, soos daar in die hele Egipteland nooit voorgekom het vandat dit ’n nasie geword het nie.+ 25  En die hael het die hele Egipteland geslaan. Die hael het alles geslaan wat in die veld was, mens sowel as dier, en allerhande plante van die veld; en dit het allerhande bome van die veld verpletter.+ 26  Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, het daar geen hael gekom nie.+ 27  Uiteindelik het Farao gestuur en Moses en Aäron geroep en vir hulle gesê: “Ek het hierdie keer gesondig.+ Jehovah is regverdig,+ en ek en my volk is verkeerd. 28  Versoek Jehovah dringend dat dit nou genoeg van God se donderslae en hael moet wees.+ Dan is ek bereid om julle weg te stuur, en julle sal nie langer bly nie.” 29  Toe het Moses vir hom gesê: “Sodra ek uit die stad uitgaan, sal ek my hande na Jehovah uitstrek.+ Die donderslae sal ophou en die hael sal nie meer val nie, sodat u kan weet dat die aarde aan Jehovah behoort.+ 30  Wat u en u knegte betref, ek weet reeds dat julle nie eens dan vrees vir Jehovah God sal openbaar nie.”+ 31  En die vlas en die gars is geslaan, want die gars was in die aar en die vlas het blomknoppe gehad.+ 32  Maar die koring en die spelt+ is nie geslaan nie, want hulle tyd was later. 33  Moses het toe uit die stad uitgegaan, weg van Farao af, en sy hande na Jehovah uitgestrek, en die donderslae en die hael het begin ophou, en reën het nie meer op die aarde neergestort nie.+ 34  Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donderslae opgehou het, het hy weer gesondig en sy hart verhard,+ hy sowel as sy knegte. 35  En Farao se hart het onversetlik gebly, en hy het die kinders van Israel nie weggestuur nie, net soos Jehovah deur middel van Moses gesê het.+

Voetnote