Esra 1:1-11

1  En in die eerste jaar van Kores,+ die koning van Persië, het Jehovah—sodat Jehovah se woord uit die mond van Jeremia+ vervul sou word—die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek,+ sodat hy ’n oproep+ deur sy hele ryk laat gaan het, selfs ook skriftelik,+ wat lui:  “Só het Kores, die koning van Persië, gesê:+ ‘Al die koninkryke van die aarde het Jehovah, die God van die hemel,+ aan my gegee,+ en hy het my opgedra om vir hom ’n huis te bou in Jerusalem,+ wat in Juda is.  Wie daar ook al onder julle is van sy hele volk, mag sy God met hom wees.+ En laat hom optrek na Jerusalem, wat in Juda is, en die huis van Jehovah, die God van Israel—hy is die ware God+—herbou wat in Jerusalem was.+  Wat enigeen betref wat oorgebly het uit al die plekke waar hy as ’n vreemdeling woon,+ laat die manne van sy plek hom help met silwer en met goud en met goed en met mak diere, tesame met die vrywillige gawe+ vir die huis van die ware God, wat in Jerusalem was.’”  Toe het die hoofde+ van die vaderhuise van Juda en van Benjamin en die priesters en die Leviete opgestaan, ja, elkeen wie se gees+ die ware God opgewek het, om op te trek en die huis van Jehovah+ te herbou wat in Jerusalem was.  Wat almal rondom hulle betref, hulle het hulle hande versterk+ met silwervoorwerpe, met goud, met goed en met mak diere en met keurige dinge, benewens alles wat vrywillig gegee is.+  Ook het koning Kores die voorwerpe van die huis van Jehovah uitgebring,+ wat Nebukadneʹsar uit Jerusalem weggevoer+ en toe in die huis van sy god gesit het.+  En Kores, die koning van Persië, het dit onder toesig van Mitʹredat, die skatmeester, uitgebring en dit vir Sesʹbassar,+ die owerste van Juda,+ afgetel.  En dít is die getal daarvan: dertig mandjievormige goue houers, duisend mandjievormige silwerhouers, nege-en-twintig vervangingshouers, 10  dertig goue bakkies,+ vierhonderd-en-tien bykomstige silwerbakkies, duisend ander voorwerpe. 11  Die voorwerpe van goud en van silwer was altesaam vyfduisend-vierhonderd. Dit alles het Sesʹbassar+ saamgebring toe die ballinge+ uit Babilon na Jerusalem gebring is.

Voetnote