Esra 10:1-44

10  En onmiddellik nadat Esra gebid+ het en hy huilend en neergeworpe+ voor die huis+ van die ware God belydenis+ gedoen het, het daar uit Israel ’n baie groot gemeente by hom bymekaargekom, manne en vroue en kinders, want die volk het bitterlik gehuil.  Toe het Seganʹja, die seun van Jehiʹël,+ van die seuns van Elam,+ geantwoord en vir Esra gesê: “Ons—ons het ontrou gehandel teen ons God, dat ons uitlandse vrouens uit die volke van die land by ons laat woon het.+ Tog is daar nou hoop+ vir Israel in hierdie verband.  Laat ons dan nou ’n verbond met ons God sluit+ om al die vrouens en dié wat uit hulle gebore is, weg te stuur+ volgens die raad van Jehovah en van dié wat bewe+ vir die gebod+ van ons God, sodat dit volgens die wet+ gedoen kan word.  Staan op, want die saak rus op u, en ons is met u. Wees sterk en tree op.”  Daarop het Esra opgestaan en die priesterhoofde, die Leviete en die hele Israel ’n eed laat aflê+ om volgens hierdie woord te handel. Gevolglik het hulle ’n eed afgelê.  Esra het toe voor die huis van die ware God opgestaan en na die eetsaal+ van Joʹhanan, die seun van Elʹjasib, gegaan. Hoewel hy daarheen gegaan het, het hy geen brood geëet+ en geen water gedrink nie, want hy het oor die ontrouheid van die ballinge getreur.+  Toe het hulle ’n oproep deur die hele Juda en Jerusalem laat gaan, dat al die voormalige ballinge+ in Jerusalem moet bymekaarkom;  en elkeen wat nie binne drie dae gekom het+ volgens die raad van die vorste+ en die ouer manne nie—al sy goed sou met ’n ban getref word,+ en hy self sou van die gemeente van die ballinge afgeskei word.+  Toe het al die manne van Juda en Benjamin binne drie dae in Jerusalem bymekaargekom, dit wil sê in die negende+ maand, op die twintigste dag van die maand, en die hele volk het op die oop plek van die huis van die ware God bly sit, bewend vanweë die saak en weens die reënbuie.+ 10  Eindelik het die priester Esra opgestaan en vir hulle gesê: “Julle het ontrou gehandel deurdat julle uitlandse vrouens by julle laat woon het+ om die skuld van Israel te vergroot.+ 11  Doen dan nou belydenis+ aan Jehovah, die God van julle voorvaders, en doen wat hom behaag+ en sonder julle af van die volke van die land en van die uitlandse vrouens.”+ 12  Hierop het die hele gemeente geantwoord en met ’n harde stem gesê: “Presies volgens u woord moet ons handel.+ 13  Die volk is egter talryk, en dit is die tyd van reënbuie, en dit is nie moontlik om buite te staan nie; en dit sal nie ’n kwessie van een of twee dae wees nie, want ons was in groot mate opstandig in hierdie saak. 14  Laat ons vorste+ dan nou asseblief as verteenwoordigers vir die hele gemeente optree; en wat almal in ons stede betref wat uitlandse vrouens by hulle laat woon het, laat hulle op die vasgestelde tye kom, en saam met hulle die ouer manne van elke afsonderlike stad en sy regters, totdat ons die brandende toorn van ons God vanweë hierdie saak van ons afgewend het.” 15  (Maar Joʹnatan, die seun van Aʹsahel, en Jagseʹja, die seun van Tikwa, het hulle hierteen verset,+ en die Leviete Mesulʹlam en Sabʹbetai+ het hulle ondersteun.) 16  En die voormalige ballinge+ het so gedoen; en die priester Esra en die manne wat die hoofde van die vaders vir hulle vaderhuis+ was, ja, hulle almal volgens hulle name, het hulle toe afgesonder en op die eerste dag van die tiende maand+ sitting begin hou om die saak te ondersoek;+ 17  en hulle het uiteindelik teen die eerste dag van die eerste maand klaargemaak met al die manne wat uitlandse+ vrouens by hulle laat woon het. 18  En onder die seuns van die priesters+ is daar sommige gevind wat uitlandse vrouens by hulle laat woon het; van die seuns van Jeʹsua,+ die seun van Joʹsadak,+ en sy broers: Maäseʹja en Eliëser en Jarib en Gedalʹja. 19  Maar hulle het met ’n handslag beloof dat hulle hulle vrouens sou wegstuur en dat daar, aangesien hulle skuldig was,+ ’n ram+ uit die kudde sou wees vir hulle skuld. 20  En van die seuns van Immer+ was daar Hanaʹni en Sebadʹja; 21  en van die seuns van Harim:+ Maäseʹja en Eliʹa en Semaʹja en Jehiʹël en Ussiʹa; 22  en van die seuns van Pasgur:+ Eljoënai, Maäseʹja, Isʹmael, Netaʹnel, Joʹsabad en Eleaʹsa. 23  En van die Leviete: Joʹsabad en Siʹmeï en Kelaʹja (dit is Keliʹta), Petagʹja, Juda en Eliëser; 24  en van die sangers: Elʹjasib; en van die poortwagters: Sallum en Telem en Uri. 25  En van Israel, van die seuns van Paros,+ was daar Ramja en Jissiʹa en Malkiʹa en Mijaʹmin en Eleaʹsar en Malkiʹa en Benaʹja; 26  en van die seuns van Elam:+ Mattanʹja, Sagariʹa en Jehiʹël+ en Abdi en Jeʹremot en Eliʹa; 27  en van die seuns van Sattu:+ Eljoënai, Elʹjasib, Mattanʹja en Jeʹremot en Sabad en Asiʹsa; 28  en van die seuns van Bebai:+ Joʹhanan, Hananʹja, Sabbai, Atlai; 29  en van die seuns van Bani: Mesulʹlam, Mallug en Adaʹja, Jasub en Seal en Jeʹremot; 30  en van die seuns van Pahat-Moab:+ Adna en Kelal, Benaʹja, Maäseʹja, Mattanʹja, Besaʹleël en Binʹnuï en Manasʹse; 31  en van die seuns van Harim:+ Eliëser, Jissiʹja, Malkiʹa,+ Semaʹja, Siʹmeon, 32  Benjamin, Mallug en Semarʹja; 33  van die seuns van Hasum:+ Matʹtenai, Mattatʹta, Sabad, Elifeʹlet, Jereʹmai, Manasʹse en Siʹmeï; 34  van die seuns van Bani: Maʹädai, Amram en Uʹel, 35  Benaʹja, Bedeʹja, Keluʹhi, 36  Wanja, Meʹremot, Elʹjasib, 37  Mattanʹja, Matʹtenai en Jaʹäsai; 38  en van die seuns van Binʹnuï: Siʹmeï 39  en Selemʹja en Natan en Adaʹja, 40  Magnadʹbai, Sasai, Saʹrai, 41  Asaʹreël en Selemʹja, Semarʹja, 42  Sallum, Amarʹja, Josef; 43  van die seuns van Nebo: Jeïel, Mattitʹja, Sabad, Sebiʹna, Jaddai en Joël en Benaʹja. 44  Hulle almal het uitlandse vroue aanvaar,+ en hulle het vrouens saam met kinders weggestuur.

Voetnote