Esra 3:1-13

3  Toe die sewende+ maand aanbreek, was die kinders van Israel in hulle stede. En die volk het soos een+ man in Jerusalem+ begin bymekaarkom.  En Jeʹsua,+ die seun van Joʹsadak, en sy broers, die priesters, en Serubbaʹbel,+ die seun van Sealʹtiël,+ en sy broers het opgestaan en die altaar van die God van Israel gebou om brandoffers daarop te bring, volgens wat geskrywe staan+ in die wet van Moses, die man van die ware God.  En hulle het die altaar stewig op sy plek+ gegrondves, want skrik het oor hulle gekom weens die volke van die lande,+ en hulle het daarop brandoffers aan Jehovah begin bring, die brandoffers van die oggend en van die aand.+  Toe het hulle die huttefees+ gehou volgens wat geskrywe staan,+ met die aantal brandoffers dag na dag volgens die reël van wat vir elke dag vereis is.+  En daarna was daar die voortdurende brandoffer+ en dié vir die nuwemane+ en vir al die geheiligde feestye+ van Jehovah en vir elkeen wat uit vrye wil ’n vrywillige+ gawe aan Jehovah geoffer het.  Van die eerste dag van die sewende maand+ af het hulle brandoffers aan Jehovah begin bring, toe selfs die fondament van Jehovah se tempel nog nie gelê was nie.  En hulle het geld+ aan die klipkappers+ en aan die vakmanne+ gegee, en eetgoed+ en drank en olie+ aan die Sidoniërs+ en die Tiriërs,+ om sederstompe uit die Liʹbanon+ na die see by Joppe+ te bring, ooreenkomstig die toestemming wat deur Kores,+ die koning van Persië, aan hulle verleen is.  En in die tweede jaar ná hulle aankoms by die huis van die ware God in Jerusalem, in die tweede maand,+ het Serubbaʹbel,+ die seun van Sealʹtiël,+ en Jeʹsua,+ die seun van Joʹsadak, en die res van hulle broers, die priesters en die Leviete, en almal wat uit die gevangenskap+ na Jerusalem gekom het, begin; en hulle het toe die Leviete+ van twintig jaar en ouer aangestel om oor die werk aan die huis van Jehovah toesig te hou.+  En Jeʹsua,+ sy seuns en sy broers, en Kadʹmiël en sy seuns, die seuns van Juda, het as een groep opgestaan om toesig te hou oor dié wat die werk in die huis van die ware God doen, ook die seuns van Heʹnadad,+ hulle seuns en hulle broers, die Leviete. 10  Toe die bouers die fondament+ van die tempel van Jehovah lê, het die priesters in ampsgewaad+ opgestaan met die trompette,+ en die Leviete, die seuns van Asaf,+ met die simbale,+ om Jehovah te loof volgens die voorskrif+ van Dawid, die koning van Israel. 11  En hulle het Jehovah in wisselsang begin loof+ en dank, “want hy is goed,+ want sy liefderyke goedhartigheid teenoor Israel is tot onbepaalde tyd”.+ Wat die hele volk betref, hulle het gejuig met ’n groot gejuig+ toe hulle Jehovah loof omdat die fondament van die huis van Jehovah gelê is. 12  En baie van die priesters+ en die Leviete en die hoofde van die vaderhuise,+ die ou manne wat die vorige huis gesien het,+ het met ’n harde stem gehuil+ toe die fondament+ van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie ander die stem in vreugdevolle gejuig+ verhef het. 13  Die volk het derhalwe nie die geluid van die vreugdevolle gejuig+ onderskei van die geluid van die gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met ’n groot gejuig, en die geluid is tot ver weg gehoor.

Voetnote