Esra 4:1-24

4  Toe die teenstanders+ van Juda en Benjamin hoor dat die kinders van die Ballingskap+ ’n tempel vir Jehovah, die God van Israel, bou,  het hulle onmiddellik na Serubbaʹbel+ en die hoofde+ van die vaderhuise toe gekom en vir hulle gesê: “Laat ons saam met julle bou;+ want net soos julle soek ons julle God,+ en aan hom bring ons offerandes sedert die dae van Esar-Haddon,+ die koning van Assiʹrië, wat ons hierheen laat optrek het.”+  Maar Serubbaʹbel en Jeʹsua+ en die res van die hoofde+ van die vaderhuise van Israel het vir hulle gesê: “Julle het niks met ons te doen wat die bou van ’n huis vir ons God betref nie,+ want óns sal saam vir Jehovah, die God van Israel, bou, net soos koning Kores,+ die koning van Persië, ons beveel het.”  Daarop het die volk van die land voortdurend die hande van die volk van Juda verswak+ en hulle daarvan afgeskrik om te bou+  en raadgewers teen hulle gehuur+ om hulle raad te verydel, al die dae van Kores, die koning van Persië, tot die regering van Dariʹus,+ die koning van Persië.  En onder die regering van Ahasʹveros, aan die begin van sy regering, het hulle ’n aanklag+ teen die inwoners van Juda en Jerusalem geskryf.  En in die dae van Artasasʹta het Bislam, Mitʹredat, Taʹbeël en die res van sy ampsgenote aan Artasasʹta, die koning van Persië, geskryf, en die skrif van die brief is in Aramese letters geskryf en in die Aramese+ taal vertaal.  Die hoofregeringsamptenaar Rehum en die skrywer Simsai het ’n brief teen Jerusalem aan koning Artasasʹta geskryf, soos volg:  Toe het die hoofregeringsamptenaar Rehum+ en die skrywer Simsai en die res van hulle ampsgenote, die regters en die ondergoewerneurs aan die oorkant van die Rivier,+ die sekretarisse,+ die volk van Ereg,+ die Babiloniërs,+ die inwoners van Susa,+ dit wil sê die Elamiete,+ 10  en die res van die nasies+ wat die groot en eerwaardige Asenapʹpar+ in ballingskap weggevoer en in die stede van Samariʹa gevestig het+ en die res anderkant die Rivier ——; en nou, 11  dít is ’n afskrif van die brief wat hulle daaromtrent gestuur het: “Aan koning Artasasʹta,+ u knegte, die manne anderkant die Rivier: En nou, 12  laat dit aan die koning bekend word dat die Jode wat van u af hier na ons toe opgetrek het, na Jerusalem gekom het. Hulle is besig om die opstandige en slegte stad te bou, en hulle voltooi die mure+ en herstel die fondamente. 13  Laat dit nou aan die koning bekend word dat hulle, as hierdie stad herbou en die mure voltooi word, geen belasting+ of skatting+ of tol sal gee nie, en dit sal die skatkamers+ van die konings verlies laat ly. 14  Aangesien ons dan nou die sout van die paleis eet en dit vir ons nie gepas is om te sien dat die koning beroof word nie, daarom het ons gestuur en dit aan die koning bekend gemaak, 15  sodat die kroniekboek+ van u voorouers ondersoek kan word. Dan sal u in die kroniekboek vind en daaruit te wete kom dat dié stad ’n opstandige stad is en konings en regsgebiede verlies laat ly, en dat daar van ouds af aanstigters van opstand daarin was. Daarom is dié stad verwoes.+ 16  Ons maak aan die koning bekend dat, as dié stad herbou en die mure voltooi word, u dan beslis geen deel anderkant die Rivier+ sal hê nie.” 17  Die koning het berig gestuur aan die hoofregeringsamptenaar Rehum+ en die skrywer Simsai en die res van hulle ampsgenote+ wat in Samariʹa gewoon het en die res anderkant die Rivier: “Groete!+ En nou, 18  die amptelike dokument wat julle aan ons gestuur het, is duidelik aan my voorgelees. 19  Daarom is ’n bevel deur my uitgevaardig, en hulle het ondersoek ingestel+ en gevind dat dié stad van ouds af teen konings opgestaan het en dat rebellie en opstand voortdurend daarin verwek is.+ 20  En daar was sterk konings+ oor Jerusalem wat geheers het oor alles anderkant die Rivier,+ en belasting, skatting en tol is aan hulle gegee.+ 21  VAARDIG nou ’n bevel uit dat hierdie manne moet ophou, dat dié stad nie herbou mag word totdat die bevel deur my uitgevaardig word nie. 22  En sorg dat julle in hierdie opsig nie nalaat om op te tree nie, sodat die skade nie toeneem tot nadeel van konings nie.”+ 23  En nadat die afskrif van die amptelike dokument van koning Artasasʹta aan Rehum+ en die skrywer Simsai+ en hulle ampsgenote+ voorgelees is, het hulle haastig na Jerusalem gegaan, na die Jode toe, en hulle met wapengeweld laat ophou.+ 24  Toe is die werk gestaak aan die huis van God, wat in Jerusalem was; en dit het bly lê tot die tweede regeringsjaar van Dariʹus,+ die koning van Persië.

Voetnote