Esra 5:1-17

5  En Haggai,+ die profeet, en Sagariʹa,+ die kleinseun van Iddo,+ die profeet, het vir die Jode wat in Juda en in Jerusalem was, geprofeteer in die naam+ van die God van Israel wat oor hulle was.+  Toe het Serubbaʹbel,+ die seun van Sealʹtiël,+ en Jeʹsua,+ die seun van Joʹsadak, opgestaan en die huis van God, wat in Jerusalem was, begin herbou; en saam met hulle was God se profete+ wat hulle gehelp het.  In dié tyd het Tatʹtenai,+ die goewerneur anderkant die Rivier,+ en Seʹtar-Boʹsenai en hulle ampsgenote na hulle toe gekom, en só het hulle vir hulle gesê: “Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie balkkonstruksie te voltooi?”+  Toe het hulle die volgende vir hulle gesê: “Wat is die name van die manne wat hierdie gebou bou?”  En die oog+ van hulle God was op+ die ouer manne van die Jode, en hulle het hulle nie verhinder nie totdat die berig na Dariʹus kon gaan en daar dan ’n amptelike dokument hieroor teruggestuur kon word.  Hier is ’n afskrif+ van die brief wat Tatʹtenai,+ die goewerneur anderkant die Rivier,+ en Seʹtar-Boʹsenai+ en sy ampsgenote,+ die ondergoewerneurs wat anderkant die Rivier was, aan koning Dariʹus gestuur het;  hulle het aan hom die berig gestuur, en só was daarin geskrywe: “Aan koning Dariʹus: “Alle vrede!+  Laat dit aan die koning bekend word dat ons na die regsgebied+ van Juda gegaan het, na die huis van die groot God,+ en dit word gebou met klippe wat op hulle plek gerol word, en balke word in die mure gelê; en dié werk word gretig gedoen en vorder onder hulle hande.  Toe het ons hierdie ouer manne gevra. Só het ons vir hulle gesê: ‘Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie balkkonstruksie te voltooi?’+ 10  En ons het hulle ook hulle name gevra om u te laat weet, sodat ons die name kon skryf van die manne wat aan hulle hoof staan.+ 11  “En hulle het ons dié antwoord gegee en gesê: ‘Ons is die knegte van die God van die hemel en die aarde,+ en ons herbou die huis wat baie jare tevore gebou is, wat ’n groot koning van Israel gebou en voltooi het.+ 12  Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het,+ het hy hulle oorgegee+ in die hand van Nebukadneʹsar,+ die koning van Babilon, die Galdeër,+ en hy het hierdie huis verwoes+ en die volk in ballingskap na Babilon weggevoer.+ 13  Maar in die eerste jaar van Kores,+ die koning van Babilon, het koning Kores ’n bevel uitgevaardig om hierdie huis van God te herbou.+ 14  En ook die goue en silwerhouers+ van die huis van God wat Nebukadneʹsar uit die tempel, wat in Jerusalem was, geneem en na die tempel van Babilon gebring het,+ dit het koning+ Kores uit die tempel van Babilon geneem, en dit is gegee aan Sesʹbassar,+ die naam van die een wat hy as goewerneur+ aangestel het. 15  En hy het vir hom gesê: “Neem hierdie houers.+ Gaan, sit dit in die tempel wat in Jerusalem is, en laat die huis van God op sy plek herbou word.”+ 16  Toe dié Sesʹbassar gekom het, het hy die fondamente gelê van die huis van God,+ wat in Jerusalem is; en van toe af tot nou toe word dit herbou, maar dit is nog nie voltooi nie.’+ 17  “En as die koning dit nou goedvind, laat daar dan ondersoek ingestel word+ in die koning se skathuis wat daar in Babilon is, of dit so is dat ’n bevel+ deur koning Kores uitgevaardig is om dié huis van God in Jerusalem te herbou; en laat die koning sy beslissing hieroor aan ons stuur.”

Voetnote