Esra 6:1-22

6  Toe het koning Dariʹus ’n bevel uitgevaardig, en hulle het ondersoek ingestel in die argiefgebou+ van die skatte wat daar in Babilon gebêre word.  En by Ekbataʹna, in die vesting wat in die regsgebied Medië+ lê, is daar ’n boekrol gevind, en die volgende memorandum het daarin geskrywe gestaan:  “In die eerste jaar van koning Kores+ het koning Kores ’n bevel uitgevaardig met betrekking tot die huis van God in Jerusalem: Laat die huis herbou word as die plek waar hulle offerandes moet bring,+ en sy fondamente moet gelê word; sy hoogte moet sestig el wees, sy breedte sestig el,+  met drie lae klippe wat op hulle plek gerol word+ en een laag balke;+ en laat die koste deur die koning se huis gedek word.+  En laat ook die goue en silwerhouers+ van die huis van God wat Nebukadneʹsar+ uit die tempel, wat in Jerusalem was, geneem en na Babilon gebring het, teruggegee word, sodat dit in die tempel kan kom, wat in Jerusalem op sy plek is, en in die huis van God neergesit kan word.+  “Nou dan, Tatʹtenai,+ die goewerneur anderkant die Rivier,+ Seʹtar-Boʹsenai+ en hulle ampsgenote, die ondergoewerneurs+ wat anderkant die Rivier is, julle moet ver daarvan wegbly.+  Laat die werk aan daardie huis van God ongestoord voortgaan.+ Die goewerneur van die Jode en die ouer manne van die Jode sal daardie huis van God op sy plek herbou.  En deur my is ’n bevel+ uitgevaardig oor wat julle met betrekking tot hierdie ouer manne van die Jode moet doen, om daardie huis van God te herbou; en uit die koninklike belastingskatkis+ anderkant die Rivier moet die koste stiptelik en sonder onderbreking+ aan hierdie manne vergoed word.+  En wat nodig is, jong bulle+ sowel as ramme+ en lammers+ vir die brandoffers aan die God van die hemel, koring,+ sout,+ wyn+ en olie,+ net soos die priesters sê wat in Jerusalem is, moet voortdurend dag na dag sonder versuim aan hulle gegee word; 10  sodat hulle voortdurend+ vir die God van die hemel strelende offers+ kan aanbied en vir die lewe van die koning en sy seuns kan bid.+ 11  En deur my is ’n bevel uitgevaardig dat daar, van elkeen wat hierdie verordening oortree,+ ’n balk+ uit sy huis geruk sal word en hy daaraan gehang+ sal word, en sy huis sal om hierdie rede in ’n openbare gemakhuisie verander word.+ 12  En mag die God wat sy naam+ daar laat woon het, elke koning en volk tot ’n val bring wat sy hand uitsteek om ’n oortreding te begaan en daardie huis van God, wat in Jerusalem is, te vernietig.+ Ek, Dariʹus, vaardig ’n bevel uit. Laat dit stiptelik uitgevoer word.” 13  Toe het Tatʹtenai, die goewerneur anderkant die Rivier,+ Seʹtar-Boʹsenai+ en hulle ampsgenote stiptelik gehandel net soos koning Dariʹus laat weet het. 14  En die ouer manne+ van die Jode het gebou+ en vordering gemaak as gevolg van die profesieë van die profeet Haggai+ en Sagaria,+ die kleinseun van Iddo,+ en hulle het dit gebou en voltooi op bevel van die God van Israel+ en op bevel van Kores+ en Dariʹus+ en Artasasʹta,+ die koning van Persië. 15  En hulle het hierdie huis voltooi teen die derde dag van die maanmaand Adar,+ dit wil sê in die sesde regeringsjaar van koning Dariʹus. 16  En die kinders van Israel, die priesters en die Leviete+ en die res van die voormalige ballinge+ het die inwyding+ van hierdie huis van God met vreugde gevier. 17  En hulle het vir die inwyding van hierdie huis van God honderd bulle, tweehonderd ramme, vierhonderd lammers en, as ’n sondoffer vir die hele Israel, twaalf bokramme aangebied, volgens die getal van die stamme van Israel.+ 18  En hulle het die priesters in hulle groepe en die Leviete in hulle afdelings+ aangestel vir die diens van God wat in Jerusalem is, volgens die voorskrif van die boek van Moses.+ 19  En die voormalige ballinge het die pasga+ op die veertiende dag van die eerste maand+ gehou. 20  Aangesien die priesters en die Leviete hulle as een groep gereinig+ het, was hulle almal rein, en hulle het die pasgaoffer+ geslag vir al die voormalige ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself. 21  Toe het die kinders van Israel wat uit die Ballingskap teruggekeer het, geëet,+ asook elkeen wat hom van die onreinheid van die nasies van die land afgeskei en hom by hulle gevoeg het,+ om Jehovah, die God van Israel, te soek.+ 22  En hulle het die fees van die ongesuurde koeke+ sewe dae lank met blydskap gehou; want Jehovah het hulle vreugde gegee, en hy het die hart van die koning van Assirië na hulle gedraai+ om hulle hande te versterk in die werk aan die huis van die ware God, die God van Israel.

Voetnote