Esra 7:1-28

7  En ná hierdie dinge, onder die regering van Artasasʹta,+ die koning van Persië, het Esra,+ die seun van Seraʹja,+ die seun van Asarʹja, die seun van Hilkiʹa,+  die seun van Sallum,+ die seun van Sadok, die seun van Ahiʹtub,+  die seun van Amarʹja,+ die seun van Asarʹja,+ die seun van Meʹrajot,+  die seun van Seragʹja,+ die seun van Ussi,+ die seun van Bukki,+  die seun van Abisuʹa,+ die seun van Piʹnehas,+ die seun van Eleaʹsar,+ die seun van die hoofpriester+ Aäron,+  het die genoemde Esra opgetrek uit Babilon; en hy was ’n vaardige kopiïs+ van die wet van Moses,+ wat Jehovah, die God van Israel, gegee het, sodat die koning hom, volgens die hand van Jehovah sy God oor hom, sy hele versoek toegestaan het.+  Gevolglik het van die kinders van Israel en van die priesters+ en die Leviete+ en die sangers+ en die poortwagters+ en die Neʹtinim+ in die sewende jaar van koning Artasasʹta+ na Jerusalem opgetrek.  Hy het eindelik in die vyfde maand, dit wil sê in die sewende jaar van die koning, in Jerusalem gekom.  Want die eerste dag van die eerste maand het hy vir die optog uit Babilon vasgestel, en op die eerste dag van die vyfde maand het hy in Jerusalem gekom, volgens die goeie hand van sy God oor hom.+ 10  Want Esra het sy hart voorberei+ om die wet van Jehovah+ te raadpleeg en om dit na te kom+ en om Israel voorskrif+ en geregtigheid+ te leer.+ 11  En dít is ’n afskrif van die brief wat koning Artasasʹta gegee het aan die priester Esra, die kopiïs,+ ’n kopiïs van die woorde van die gebooie van Jehovah en van sy voorskrifte aan Israel: 12  “Artasasʹta,+ die koning van die konings,+ aan die priester Esra, die kopiïs van die wet van die God van die hemel:+ Mag vrede vervolmaak word.+ En nou, 13  deur my is ’n bevel+ uitgevaardig dat elkeen in my ryk+ van die volk Israel en van sy priesters en Leviete wat bereid is om saam met jou na Jerusalem te gaan, moet gaan.+ 14  Aangesien ’n bevel van die koning en sy sewe raadgewers+ af uitgestuur is om oor Juda en Jerusalem ondersoek in te stel+ in die wet+ van jou God+ wat in jou hand is, 15  en om die silwer en die goud weg te bring wat die koning en sy raadgewers vrywillig gegee het+ aan die God van Israel, wie se woonplek in Jerusalem is,+ 16  met al die silwer en die goud wat jy in die hele regsgebied Babilon vind, tesame met die gawe van die volk+ en die priesters wat vrywillig gee vir die huis van hulle God,+ wat in Jerusalem is; 17  daarom moet jy stiptelik met hierdie geld bulle,+ ramme,+ lammers+ en die graanoffers+ en drankoffers+ wat daarby behoort, koop en dit aanbied op die altaar van die huis van julle God,+ wat in Jerusalem is.+ 18  “En wat jy en jou broers ook al goeddink om met die res van die silwer en goud+ te doen, moet julle volgens die wil+ van julle God doen.+ 19  En al die houers+ wat vir die diens van die huis van jou God aan jou gegee word, moet jy voor God in Jerusalem+ aflewer. 20  En die res van die benodigdhede van die huis van jou God wat jy moet gee, moet jy uit die koning se skathuis gee.+ 21  “En deur my, koning Artasasʹta, is ’n bevel+ uitgevaardig aan al die skatmeesters+ wat anderkant die Rivier+ is, dat alles wat die priester Esra,+ die kopiïs van die wet van die God van die hemel, van julle vra, stiptelik gedoen moet word, 22  selfs tot honderd talente+ silwer en honderd kor+ koring en honderd bat+ wyn+ en honderd bat olie,+ en sout+ sonder beperking. 23  Laat alles wat volgens die bevel+ van die God van die hemel is, met ywer+ gedoen word vir die huis van die God van die hemel,+ sodat daar geen gramskap oor die koning se ryk en sy seuns kom nie.+ 24  En aan julle word bekend gemaak dat al die priesters+ en die Leviete,+ die musikante,+ die deurwagters,+ die Neʹtinim+ en die werkers van hierdie huis van God geen belasting, skatting+ of tol+ opgelê mag word nie. 25  “En jy, Esra, moet volgens die wysheid+ van jou God wat in jou hand is, magistrate en regters aanstel, sodat hulle voortdurend kan regspreek+ oor die hele volk wat anderkant die Rivier is, ja, oor almal wat die wette van jou God ken; en enigeen wat dit nie ken nie, moet julle onderrig.+ 26  En wat elkeen betref wat nie ’n dader van die wet van jou God+ en die wet van die koning word nie, laat oordeel stiptelik aan hom voltrek word, hetsy die doodstraf+ of verbanning+ of ’n geldboete+ of gevangenisstraf.” 27  Mag Jehovah, die God van ons voorvaders,+ geloof word, wat so iets in die hart+ van die koning gegee het, om die huis van Jehovah, wat in Jerusalem is, te versier!+ 28  En teenoor my het hy liefderyke goedhartigheid bewys+ voor die koning en sy raadgewers+ en met betrekking tot al die magtige vorste van die koning. En wat my betref, ek het my versterk volgens die hand+ van Jehovah my God oor my, en ek het die hoofde uit Israel bymekaargebring om saam met my op te trek.

Voetnote