Esra 8:1-36

8  En dít was die hoofde van hulle vaderhuise+ en die geslagsregister+ van dié wat gedurende die regering van koning Artasasʹta+ saam met my uit Babilon opgetrek het:  Van die kinders van Piʹnehas:+ Gersom; van die kinders van Iʹtamar:+ Daniël;+ van die kinders van Dawid:+ Hattus;  van die kinders van Seganʹja, van die kinders van Paros:+ Sagariʹa, en saam met hom was honderd-en-vyftig manne ingeskryf;  van die kinders van Pahat-Moab:+ Eljehoʹ-Enai, die seun van Seragʹja, en saam met hom tweehonderd manne;  van die kinders van Sattu:+ Seganʹja, die seun van Jahaʹsiël, en saam met hom driehonderd manne;  en van die kinders van Adin:+ Ebed, die seun van Joʹnatan, en saam met hom vyftig manne;  en van die kinders van Elam:+ Jesaja, die seun van Ataʹlia, en saam met hom sewentig manne;  en van die kinders van Sefatʹja:+ Sebadʹja, die seun van Miʹgael, en saam met hom tagtig manne;  van die kinders van Joab: Obadʹja, die seun van Jehiʹël, en saam met hom tweehonderd-en-agtien manne; 10  en van die kinders van Bani:+ Seʹlomit, die seun van Josifʹja, en saam met hom honderd-en-sestig manne; 11  en van die kinders van Bebai:+ Sagariʹa, die seun van Bebai, en saam met hom agt-en-twintig manne; 12  en van die kinders van Asgad:+ Joʹhanan, die seun van Hakkaʹtan, en saam met hom honderd-en-tien manne; 13  en van die kinders van Adoniʹkam:+ dié wat die laastes was, en dít was hulle name: Elifeʹlet, Jeïel, Semaʹja, en saam met hulle sestig manne; 14  en van die kinders van Bigwai:+ Utai en Sabbud, en saam met hulle sewentig manne. 15  En ek het hulle bymekaargebring by die rivier+ wat na Aʹhawa+ loop; en ons kamp het drie dae daar gebly, sodat ek die volk en die priesters+ noukeurig kon deurkyk,+ maar ek het nie een van die kinders van Levi+ daar gevind nie. 16  Gevolglik het ek Eliëser, Aʹriël, Semaʹja en Elʹnatan en Jarib en Elʹnatan en Natan en Sagariʹa en Mesulʹlam, hoofde, en Joʹjarib en Elʹnatan, onderrigters,+ laat roep. 17  Toe het ek hulle ’n bevel gegee aangaande Idʹdo, die hoof in die plek Kasifʹja, en ek het woorde in hulle mond gelê+ wat hulle met Idʹdo en sy broers, die Neʹtinim+ in die plek Kasifʹja, moes spreek, om vir ons dienaars+ vir die huis van ons God te bring. 18  Daarop het hulle vir ons, volgens die goeie hand+ van ons God oor ons, ’n oordeelkundige+ man gebring uit die kinders van Magli,+ die kleinseun van Levi,+ die seun van Israel, naamlik Serebʹja+ en sy seuns en sy broers, agtien; 19  en Hasabʹja en saam met hom Jesaja uit die kinders van Meraʹri,+ sy broers en hulle seuns, twintig. 20  En uit die Neʹtinim, wat Dawid en die vorste vir die diens van die Leviete gegee het, tweehonderd-en-twintig Neʹtinim, wat almal by name aangewys is. 21  Toe het ek daar by die rivier Aʹhawa ’n vas uitgeroep, om ons voor ons God te verneder,+ ten einde van hom die regte weg+ te vra vir ons en vir ons kindertjies+ en vir al ons goed. 22  Want ek was skaam om van die koning ’n krygsmag+ en ruiters+ te vra om ons teen die vyand op die pad te help, omdat ons vir die koning gesê het: “Die hand+ van ons God is ten goede+ oor almal wat hom soek, maar sy krag en sy toorn+ is teen almal wat hom verlaat.”+ 23  Daarom het ons gevas+ en ’n versoek hieroor tot ons God gerig,+ sodat hy ons dringende versoek aangehoor het.+ 24  Toe het ek van die priesterhoofde twaalf afgesonder, naamlik Serebʹja,+ Hasabʹja+ en tien van hulle broers saam met hulle. 25  En ek het vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe+ afgeweeg, die bydrae vir die huis van ons God wat die koning+ en sy raadgewers+ en sy vorste en al die Israeliete+ wat hulle daar bevind het, bygedra het. 26  So het ek in hulle hand afgeweeg: seshonderd-en-vyftig talente silwer+ en honderd silwervoorwerpe ter waarde van twee talente, en honderd talente goud, 27  en twintig goue bakkies ter waarde van duisend darieke en twee voorwerpe van goeie koper, glansend rooi, so begeerlik soos goud. 28  Toe het ek vir hulle gesê: “Julle is heilig+ vir Jehovah, en die voorwerpe+ is iets heiligs, en die silwer en die goud is ’n vrywillige gawe aan Jehovah, die God van julle voorvaders. 29  Wees wakker en op julle hoede totdat julle dit afweeg+ voor die priesterhoofde en die Leviete en die vorste van die vaders van Israel in Jerusalem, in die eetsale+ van die huis van Jehovah.” 30  En die priesters en die Leviete het die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe ontvang om dit na Jerusalem, na die huis van ons God,+ te bring. 31  Uiteindelik het ons op die twaalfde dag van die eerste maand+ van die rivier Aʹhawa+ af weggetrek om na Jerusalem te gaan, en die hand van ons God was oor ons, sodat hy ons uit die palm van die vyand en die hinderlaag op die pad verlos+ het. 32  So het ons in Jerusalem gekom+ en drie dae daar gebly. 33  En op die vierde dag het ons die silwer en die goud+ en die voorwerpe+ in die huis van ons God afgeweeg in die hand van Meʹremot,+ die seun van Uriʹa, die priester, en saam met hom Eleaʹsar, die seun van Piʹnehas, en saam met hulle Joʹsabad,+ die seun van Jeʹsua, en Noadʹja, die seun van Binʹnuï,+ die Leviete, 34  volgens getal en gewig van alles, waarna die hele gewig op daardie tydstip opgeskryf is. 35  Dié wat uit die gevangenskap gekom het, die voormalige ballinge,+ het brandoffers+ vir die God van Israel aangebied: twaalf bulle+ vir die hele Israel, ses-en-negentig ramme,+ sewe-en-sewentig ramlammers, twaalf bokramme+ as ’n sondoffer, alles as ’n brandoffer aan Jehovah. 36  Toe het ons die wette+ van die koning aan die satrape+ van die koning en die goewerneurs+ anderkant die Rivier+ gegee, en hulle het hulp verleen aan die volk+ en aan die huis van die ware God.

Voetnote