Esra 9:1-15
9 En onmiddellik nadat hierdie dinge klaar was, het die vorste+ na my toe gekom en gesê: “Die volk Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie van die volke van die lande afgesonder+ wat hulle verfoeilike dinge+ betref nie, naamlik van die Kanaäniete,+ die Hetiete,+ die Perissiete,+ die Jebusiete,+ die Ammoniete,+ die Moabiete,+ die Egiptenaars+ en die Amoriete.+
2 Want hulle het van hulle dogters vir hulleself en vir hulle seuns aanvaar;+ en hulle, die heilige saad,+ het met die volke van die lande vermeng geraak,+ en die hand van die vorste en die onderheersers was die vernaamste+ in hierdie ontrouheid.”
3 En die oomblik toe ek van hierdie saak hoor, het ek my kleed+ en my moulose oorkleed geskeur, en ek het van die hare van my kop+ en my baard begin uittrek, en ek het verbysterd bly sit.+
4 En hulle het by my bymekaargekom, elkeen wat gebewe het+ weens die woorde van die God van Israel teen die ontrouheid van die ballinge, terwyl ek verbysterd gesit het tot die aandgraanoffer+ toe.
5 En by die aandgraanoffer+ het ek uit my vernedering opgestaan, met my kleed en my moulose oorkleed geskeur, en ek het op my knieë gegaan+ en my palms na Jehovah my God uitgestrek.+
6 En ek het gesê:+ “O my God, ek voel werklik skaam+ en verleë+ om my aangesig tot u op te hef, o my God, want ons oortredings+ het oor ons hoof vermenigvuldig en ons skuld het groot geword, ja, tot aan die hemel.+
7 Van die dae van ons voorvaders+ af tot vandag toe is ons in groot skuld;+ en weens ons oortredings is ons oorgegee, ons, ons konings,+ ons priesters,+ in die hand van die konings van die lande, deur die swaard,+ deur gevangenskap+ en deur roof+ en deur beskaming van die aangesig,+ net soos vandag.
8 En nou het daar vir ’n kort oomblikkie guns+ van Jehovah ons God gekom deur vir ons dié te laat oorbly wat ontkom,+ en deur ons ’n pen in sy heilige plek te gee, om ons oë te laat straal,+ o ons God, en om ons ’n effense oplewing in ons knegskap te gee.+
9 Want ons is knegte;+ en in ons knegskap het ons God ons nie verlaat nie,+ maar hy bewys liefderyke goedhartigheid teenoor ons voor die konings van Persië,+ om ons ’n oplewing te gee om die huis van ons God op te rig+ en sy verwoeste plekke+ te herstel en ons ’n klipmuur+ in Juda en in Jerusalem te gee.
10 “Wat sal ons dan nou hierna sê, o ons God? Want ons het u gebooie+ verlaat,
11 wat u deur middel van u knegte, die profete, beveel het deur te sê: ‘Die land wat julle ingaan om dit in besit te neem, is ’n onrein land weens die onreinheid van die volke van die lande,+ weens hulle verfoeilike dinge+ waarmee hulle dit deur hulle onreinheid+ van die een end tot die ander gevul het.+
12 En julle moet nou nie julle dogters aan hulle seuns gee nie+ en ook nie hulle dogters vir julle seuns aanvaar nie; en tot onbepaalde tyd mag julle julle nie vir hulle vrede en hulle voorspoed beywer nie,+ sodat julle sterk kan word+ en beslis die goeie van die land kan eet en dit inderdaad tot onbepaalde tyd vir julle kinders in besit kan neem.’+
13 En ná alles wat oor ons gekom het weens ons slegte dade+ en ons groot skuld—want u, o ons God, het ons oortreding geringer geag,+ en u het ons dié gegee wat ontkom het, soos dié+—
14 sal ons weer u gebooie gaan verbreek en huweliksverbintenisse aangaan+ met die volke van hierdie verfoeilike dinge?+ Sal u nie tot die uiterste op ons vertoornd word nie,+ sodat niemand sal oorbly+ en niemand sal ontkom nie?
15 O Jehovah, die God van Israel, u is regverdig,+ want ons het oorgebly as ’n volk wat ontkom het, soos dit vandag is. Hier is ons in ons skuld+ voor u, want dit is op grond hiervan onmoontlik om voor u te staan.”+