Ester 1:1-22

1  En in die dae van Ahasʹveros,+ dit is die Ahasʹveros wat van Indië tot Etiopië oor honderd-sewe-en-twintig regsgebiede+ as koning geheers het,  in dié dae toe koning Ahasʹveros op sy koninklike troon gesit het,+ wat in die kasteel+ Susan+ was,  het hy in die derde jaar van sy regering ’n feesmaal+ gehou vir al sy vorste en sy knegte, die krygsmag van Persië+ en Medië,+ die edelmanne+ en die vorste van die regsgebiede wat voor hom was,+  toe hy die rykdom+ van sy glorieryke koninkryk en die eer+ en die prag van sy grootheid baie dae, honderd-en-tagtig dae lank, vertoon het.  En toe hierdie dae vervul is, het die koning sewe dae lank vir al die mense wat hulle in die kasteel Susan bevind het, vir groot sowel as klein, in die voorhof van die tuin van die koning se paleis ’n feesmaal gehou.  Daar was linne, fyn katoen en blou stof,+ vasgemaak met toue van fyn weefstof, en purperrooigekleurde wol+ in silwerringe en aan marmerpilare, goue en silwerslaapbanke+ op ’n plaveisel van porfier en van marmer en perlemoen en swart marmer.  En daar is wyn om te drink in goue houers+ aangegee; en die houers was almal verskillend, en daar was baie koninklike wyn,+ ooreenkomstig die vermoë van die koning.  Wat die drinktyd volgens die wet betref, was daar niemand wat dwang uitgeoefen het nie, want so het die koning gereël vir elke vername man van sy huis, dat elkeen kon doen wat hy wou.  Ook het Vasti,+ die koningin, vir die vroue ’n feesmaal gehou by die koninklike huis wat aan koning Ahasʹveros behoort het. 10  Op die sewende dag, toe die koning se hart in ’n vrolike stemming was van die wyn,+ het hy vir Mehuʹman, Bista, Harboʹna,+ Bigta en Abagʹta, Setar en Karkas, die sewe hofbeamptes wat koning Ahasʹveros persoonlik gedien het,+ gesê 11  om koningin Vasti in die koninklike hooftooisel voor die koning te bring, om haar skoonheid vir die volke en die vorste te wys; want sy was pragtig in voorkoms.+ 12  Maar koningin Vasti het bly weier+ om te kom op die koning se woord wat deur middel van die hofbeamptes oorgedra is. Hierop het die koning hoogs verontwaardig geraak, en sy woede het in hom opgevlam.+ 13  En die koning het vir die wyse+ manne wat kennis van die tye gehad het,+ gesê (want só het die koning se saak voor almal gekom wat vertroud was met die wet en regsake, 14  en dié wat die naaste aan hom was, was Karseʹna, Setar, Admaʹta, Tarsis, Meres, Marseʹna en Memuʹgan, sewe+ vorste van Persië en Medië, wat toegang tot die koning gehad het+ en wat in die eerste plekke in die koninkryk gesit het): 15  “Wat moet volgens wet met koningin Vasti gedoen word omdat sy die woord van koning Ahasʹveros deur middel van die hofbeamptes nie uitgevoer het nie?” 16  Hierop het Memuʹgan+ voor die koning en die vorste gesê: “Nie net teen die koning het koningin Vasti verkeerd gedoen nie,+ maar teen al die vorste en teen al die volke wat in al die regsgebiede van koning Ahasʹveros is. 17  Want die aangeleentheid van die koningin sal na al die vrouens uitgaan sodat hulle hulle eienaars+ in hulle oë sal verag+ wanneer hulle sê: ‘Koning Ahasʹveros het gesê dat koningin Vasti voor hom gebring moet word, en sy het nie gekom nie.’ 18  En vandag sal die vorstinne van Persië en Medië, wat die aangeleentheid van die koningin gehoor het, met al die vorste van die koning praat, en daar sal genoeg veragting en verontwaardiging wees.+ 19  As die koning dit goedvind,+ laat daar dan ’n koninklike woord van hom uitgaan, en laat dit in die wette+ van Persië en Medië geskryf word, sodat dit nie sal verbygaan nie,+ dat Vasti nie voor koning Ahasʹveros mag kom nie; en laat die koning haar koninklike waardigheid aan ’n metgesellin van haar gee, ’n vrou wat beter is as sy. 20  En die verordening van die koning wat hy sal uitvaardig, sal in sy hele ryk gehoor word (want dit is groot), en al die vrouens sal eer+ gee aan hulle eienaars,+ groot sowel as klein.” 21  En die saak was welgevallig in die oë van die koning+ en die vorste, en die koning het gehandel volgens die woord van Memuʹgan. 22  Toe het hy geskrewe dokumente+ na al die koning se regsgebiede gestuur, na elke regsgebied+ in sy eie skryfstyl en na elke volk in sy eie taal, dat elke man voortdurend as vors in sy eie huis+ moet optree en die taal van sy eie volk moet praat.

Voetnote