Ester 3:1-15

3  Ná hierdie dinge het koning Ahasʹveros vir Haman,+ die seun van Hammedaʹta, die Agagiet,+ groot gemaak en hom verhef+ en sy troon gestel bo al die ander vorste wat by hom was.+  En al die koning se knegte wat in die koning se poort+ was, het laag gebuig en hulle voor Haman neergewerp, want so het die koning aangaande hom beveel. Maar wat Morʹdegai betref, hy het nie laag gebuig of hom neergewerp nie.+  En die koning se knegte wat in die koning se poort was, het vir Morʹdegai begin sê: “Waarom oortree jy die koning se gebod?”+  En toe hulle dag na dag met hom praat en hy nie na hulle luister nie, het hulle vir Haman vertel om te sien of Morʹdegai se saak sou standhou;+ want hy het vir hulle vertel dat hy ’n Jood is.+  En Haman het bly sien dat Morʹdegai nie laag buig en hom nie voor hom neerwerp nie,+ en Haman is met woede vervul.+  Maar dit was veragtelik in sy oë om die hand aan Morʹdegai alleen te slaan, want hulle het hom van Morʹdegai se volk vertel; en Haman het ’n manier begin soek om al die Jode wat in die hele ryk van Ahasʹveros was, Morʹdegai se volk,+ te verdelg.+  In die eerste maand,+ dit is die maand Nisan, in die twaalfde jaar+ van koning Ahasʹveros, het iemand die Pur,+ dit is die Lot,+ voor Haman gewerp, van dag tot dag en van maand tot maand, tot die twaalfde, dit is die maand Adar.+  En Haman het vir koning Ahasʹveros gesê: “Daar is ’n sekere volk wat verstrooid+ en afgesonderd is onder die volke in al die regsgebiede van u ryk;+ en hulle wette is anders as alle ander volke s’n, en die koning se wette kom hulle nie na nie,+ en dit is vir die koning nie gepas om hulle te laat begaan nie.  As die koning dit goedvind, laat daar geskryf word dat hulle uitgeroei moet word; en ek sal tienduisend+ talente silwer betaal in die hande van diegene wat die werk doen+ deur dit in die koning se skatkamer in te bring.” 10  Daarop het die koning sy seëlring+ van sy hand afgehaal en dit gegee aan Haman,+ die seun van Hammedaʹta, die Agagiet,+ die een wat vyandskap teenoor die Jode getoon het.+ 11  En die koning het vir Haman gesê: “Die silwer+ word aan jou gegee, ook die volk, om met hulle te doen wat goed is in jou oë.”+ 12  Die koning se sekretarisse+ is toe in die eerste maand geroep, op die dertiende dag daarvan, en daar is geskryf+ volgens alles wat Haman beveel het aan die koning se satrape en die goewerneurs wat oor die verskillende regsgebiede was,+ en die vorste van die verskillende volke, van elke regsgebied, in sy eie skryfstyl+ en aan elke volk in sy eie taal; in die naam+ van koning Ahasʹveros is dit geskryf, en dit is verseël met die koning se seëlring.+ 13  En die briewe is deur middel van boodskappers+ na al die koning se regsgebiede gestuur, om al die Jode, jong man sowel as ou man, kindertjies en vroue, op een dag,+ op die dertiende dag van die twaalfde maand, dit is die maand Adar,+ te verdelg, dood te maak en uit te roei, en om hulle buit te plunder.+ 14  ’n Afskrif van die geskrif wat in al die verskillende regsgebiede+ as wet uitgevaardig+ moes word, is aan al die volke openbaar gemaak, sodat hulle hulle vir dié dag gereed kon maak. 15  Die boodskappers het uitgegaan, tot spoed aangespoor+ deur die koning se woord, en die wet is in die kasteel Susan+ uitgevaardig. Wat die koning en Haman betref, hulle het gaan sit om te drink;+ maar wat die stad Susan+ betref, dit was in verwarring.+

Voetnote