Ester 4:1-17

4  En Morʹdegai+ het alles wat gedoen is,+ te wete gekom; en Morʹdegai het sy klere geskeur en hom in sak+ en as+ gehul en na die middel van die stad uitgegaan en hard en bitter geskreeu.+  Uiteindelik het hy tot voor die koning se poort+ gekom, want niemand mag in klere van saklinne in die koning se poort ingekom het nie.  En in al die verskillende regsgebiede,+ waar die koning se woord en sy wet ook al gekom het, was daar groot rou+ onder die Jode en ’n gevas+ en ’n gehuil en ’n geweeklaag. Ja, sak+ en as+ is vir baie as ’n slaapbank uitgesprei.  En Ester se jong vroue en haar eunugs+ het begin inkom en haar daarvan vertel. En die koningin was baie bedroef. Toe het sy klere gestuur om dit vir Morʹdegai aan te trek en om sy saklinne van hom weg te neem. En hy het dit nie aanvaar nie.+  Hierop het Ester vir Hatag+ geroep, een van die koning se eunugs, wat hy in haar diens gestel het, en sy het hom ’n bevel aangaande Morʹdegai gegee, om uit te vind wat dit beteken en waaroor dit alles gaan.  En Hatag het uitgegaan na Morʹdegai op die openbare stadsplein wat voor die koning se poort was.  Toe het Morʹdegai hom vertel van al die dinge wat hom oorgekom het+ en die presiese opgawe van die geld wat Haman gesê het aan die koning se skatkamer+ betaal sou word teen die Jode, om hulle uit te roei.+  En hy het hom ’n afskrif+ gegee van die geskrewe wet wat in Susan+ uitgevaardig is om hulle te laat verdelg, sodat hy dit vir Ester kon wys en haar kon vertel en haar kon beveel+ om na die koning toe te gaan en hom om guns te smeek+ en regstreeks voor hom aangaande haar volk versoek te doen.+  Hatag+ het toe ingekom en Morʹdegai se woorde aan Ester meegedeel. 10  Toe het Ester vir Hatag gesê en hom aangaande Morʹdegai+ beveel: 11  “Al die koning se knegte en die volk van die koning se regsgebiede weet dat, wat enige man of vrou betref wat na die koning in die binneste voorhof+ gaan sonder dat hy geroep is, sy een wet+ is om hom te laat doodmaak; net as die koning die goue septer na hom toe uitsteek, sal hy sekerlik bly lewe.+ Wat my betref, dit is nou dertig dae dat ek nie geroep is om na die koning toe te gaan nie.” 12  En hulle het die woorde van Ester aan Morʹdegai meegedeel. 13  Toe het Morʹdegai gesê dat hulle Ester moet antwoord: “Moenie in jou siel dink dat die koning se huisgesin meer kans sal hê om te ontkom as al die ander Jode nie.+ 14  Want as jy in hierdie tyd heeltemal swyg, sal verligting en verlossing vir die Jode uit ’n ander oord kom;+ maar wat jou en jou vader se huis betref, julle sal vergaan. En wie weet of jy nie met die oog op ’n tyd soos hierdie tot koninklike waardigheid gekom het nie?”+ 15  Daarop het Ester gesê dat hulle Morʹdegai moet antwoord: 16  “Gaan, maak al die Jode bymekaar wat in Susan+ gevind kan word, en vas+ om my onthalwe en julle moet drie dae lank,+ nag en dag, nie eet of drink nie. Ook ek met my jong vroue,+ ek sal eweneens vas, en daarna sal ek na die koning toe gaan, wat nie volgens die wet is nie; en as ek moet omkom,+ dan moet ek omkom.” 17  Hierop het Morʹdegai weggegaan en gedoen volgens alles wat Ester hom beveel het.

Voetnote