Ester 5:1-14

5  En op die derde dag+ het Ester haar koninklik aangetrek,+ waarna sy in die binneste voorhof+ van die koning se huis teenoor die koning se huis gaan staan het, terwyl die koning op sy koninklike troon gesit het in die koninklike huis teenoor die ingang van die huis.  En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy guns+ in sy oë gevind, sodat die koning die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek het.+ En Ester het nader gekom en aan die punt van die septer geraak.  Toe het die koning vir haar gesê: “Wat het jy, o koningin Ester, en wat is jou versoek?+ Tot die helfte van die koningskap+—laat selfs dit aan jou gegee word!”  Hierop het Ester gesê: “As die koning dit goedvind, laat die koning vandag saam met Haman+ na die feesmaal kom+ wat ek vir hom berei het.”  Daarop het die koning gesê: “LAAT Haman gou handel+ volgens die woord van Ester.” Later het die koning en Haman na die feesmaal gekom wat Ester berei het.  Na ’n ruk het die koning gedurende die wynfeesmaal vir Ester gesê: “Wat is jou bede?+ Laat selfs dit jou toegestaan word! En wat is jou versoek? Tot die helfte van die koningskap—laat selfs dit gedoen word!”  Hierop het Ester geantwoord en gesê: “My bede en my versoek is:  As ek guns in die koning se oë gevind het+ en as die koning dit goedvind om my bede toe te staan en om aan my versoek te voldoen, laat die koning en Haman na die feesmaal kom wat ek môre vir hulle sal hou, en môre sal ek handel volgens die koning se woord.”+  Gevolglik het Haman daardie dag vreugdevol+ en vrolik van hart uitgegaan; maar toe Haman Morʹdegai in die koning se poort+ sien en merk dat hy nie opstaan+ en weens hom bewe nie,+ is Haman onmiddellik met woede+ teen Morʹdegai vervul. 10  Haman het hom egter bedwing en in sy huis ingegaan. Toe het hy gestuur en sy vriende en sy vrou Seres+ laat inbring; 11  en Haman het die heerlikheid van sy rykdom+ aan hulle bekend gemaak en die groot getal van sy seuns+ en alles waarin die koning hom groot gemaak het en hoe hy hom oor die vorste en die knegte van die koning verhef het.+ 12  En Haman het gesê: “Boonop het koningin Ester niemand behalwe my saam met die koning ingebring na die feesmaal wat sy berei het nie,+ en ook môre+ is ek saam met die koning na haar toe uitgenooi. 13  Maar dit alles—niks daarvan bevredig my solank ek die Jood Morʹdegai in die koning se poort sien sit nie.” 14  Daarop het sy vrou Seres en al sy vriende vir hom gesê: “Laat hulle ’n paal+ maak, vyftig el hoog. Sê dan môreoggend+ vir die koning dat hulle Morʹdegai daaraan moet hang.+ Gaan dan vreugdevol saam met die koning na die feesmaal in.” Haman het die saak toe goedgevind,+ en hy het die paal laat maak.+

Voetnote