Ester 6:1-14

6  Gedurende daardie nag het die koning se slaap gewyk.+ Daarom het hy gesê dat die gedenkskrif,+ die kroniekboek, gebring moes word. Dit is derhalwe aan die koning voorgelees.  Later is daar geskryf gevind wat Morʹdegai bekend gemaak het+ oor Bigtaʹna en Teres, twee hofbeamptes+ van die koning, deurwagters, wat ’n manier gesoek het om die hand aan koning Ahasʹveros te slaan.  Toe het die koning gesê: “Watter eer en grootheid het Morʹdegai hiervoor ontvang?” Hierop het die koning se bediendes, sy dienaars, gesê: “Hy het niks ontvang nie.”+  Later het die koning gesê: “Wie is in die voorhof?” En dit was Haman wat in die buitenste voorhof+ van die koning se huis ingekom het om vir die koning te sê om Morʹdegai aan die paal te hang+ wat hy vir hom gereedgemaak het.  Daarop het die koning se bediendes vir hom gesê: “Hier staan Haman+ in die voorhof.” Toe het die koning gesê: “Laat hom inkom.”  Toe Haman inkom, het die koning vir hom gesê: “Wat moet gedoen word met die man aan wie dit die koning behaag om eer te bewys?”+ Hierop het Haman in sy hart gesê: “Aan wie sou dit die koning meer behaag om eer te bewys as aan my?”+  Daarom het Haman vir die koning gesê: “Wat die man betref aan wie dit die koning behaag om eer te bewys,  laat hulle koninklike klere+ bring waarmee die koning hom klee en ’n perd waarop die koning ry+ en op die kop waarvan die koninklike hooftooisel gesit is.  En laat die klere en die perd in die sorg van een van die koning se edele vorste+ geplaas word; en hulle moet dit vir die man aantrek aan wie dit die koning behaag om eer te bewys, en hulle moet hom in die openbare stadsplein+ op die perd laat ry, en hulle moet voor hom uitroep: ‘Só word gedoen met die man aan wie dit die koning behaag om eer te bewys.’”+ 10  Dadelik het die koning vir Haman gesê: “Maak gou, neem die klere en die perd, net soos jy gesê het, en doen so met die Jood Morʹdegai wat in die koning se poort sit. Jy moet niks onvervuld laat bly van alles wat jy gesê het nie.”+ 11  En Haman het die klere+ en die perd geneem en Morʹdegai+ aangetrek en hom in die openbare stadsplein+ laat ry en voor hom uitgeroep:+ “Só word gedoen met die man aan wie dit die koning behaag om eer te bewys.”+ 12  Daarna het Morʹdegai na die koning se poort+ teruggekeer. Wat Haman betref, hy het hom na sy huis gehaas, treurend en met sy kop bedek.+ 13  En Haman het vir sy vrou Seres+ en vir al sy vriende alles vertel wat hom oorgekom het. Daarop het sy wyse manne+ en sy vrou Seres vir hom gesê: “As Morʹdegai voor wie jy begin val het, uit die saad van die Jode is, sal jy nie die oorhand oor hom kry nie, maar sal jy vir seker voor hom val.”+ 14  Terwyl hulle nog met hom gepraat het, het die koning se hofbeamptes daar aangekom en Haman haastig+ na die feesmaal+ geneem wat Ester berei het.

Voetnote