Ester 7:1-10

7  Toe het die koning en Haman+ ingekom om saam met koningin Ester die feesmaal te hou.  En die koning het ook op die tweede dag gedurende die wynfeesmaal+ vir Ester gesê: “Wat is jou bede,+ o koningin Ester? Laat selfs dit aan jou gegee word.+ En wat is jou versoek? Tot die helfte van die koningskap+—laat selfs dit gedoen word!”  Hierop het koningin Ester geantwoord en gesê: “As ek guns in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my siel+ aan my gegee word op my bede en my volk+ op my versoek.  Want ons is verkoop,+ ek en my volk, om verdelg, doodgemaak en uitgeroei te word.+ En as ons as blote slawe+ en as blote diensmeisies verkoop is, sou ek stilgebly het. Maar die benoudheid is nie gepas wanneer dit met skade vir die koning gepaardgaan nie.”  Koning Ahasʹveros het toe gesê, ja, hy het verder vir koningin Ester gesê: “Wie is dit,+ en presies waar is die een wat so vermetel+ was om dit te doen?”  Toe het Ester gesê: “Die man, die teenstander+ en vyand,+ is hierdie slegte Haman.” Wat Haman betref, hy het verskrik geword+ weens die koning en die koningin.  Wat die koning betref, hy het in sy woede+ van die wynfeesmaal opgestaan om na die tuin van die paleis te gaan; en Haman het opgestaan om by koningin Ester aangaande sy siel versoek te doen,+ want hy het gesien dat die koning+ kwaad teen hom besluit het.+  En die koning het van die tuin van die paleis na die huis van die wynfeesmaal+ teruggekeer; en Haman het juis op die slaapbank+ neergeval waarop Ester was. Gevolglik het die koning gesê: “Gaan die koningin ook nog verkrag word, met my in die huis?” Die woord het uit die koning se mond uitgegaan,+ en hulle het Haman se gesig bedek.  Harboʹna,+ een van die hofbeamptes+ voor die koning, het toe gesê: “Daar is ook die paal+ wat in Haman se huis staan—vyftig el hoog—wat Haman gemaak het vir Morʹdegai, wat in belang van die koning gepraat het.”+ Daarop het die koning gesê: “HANG hom daaraan.”+ 10  En hulle het Haman aan die paal gehang+ wat hy vir Morʹdegai+ gereedgemaak het; en die koning se woede het bedaar.

Voetnote