Ester 8:1-17

8  Op daardie dag het koning Ahasʹveros die huis van Haman,+ die een wat vyandskap teenoor die Jode getoon het,+ vir koningin Ester gegee; en Morʹdegai het voor die koning gekom, want Ester het vertel wat hy van haar was.+  Toe het die koning sy seëlring+ afgehaal wat hy van Haman weggeneem het en dit vir Morʹdegai gegee; en Ester het Morʹdegai oor die huis van Haman aangestel.+  En Ester het weer voor die koning gepraat en voor sy voete neergeval en gehuil en hom om guns gesmeek+ om die kwaad+ van Haman, die Agagiet, en sy plan+ wat hy teen die Jode beraam het,+ af te wend.  Toe het die koning die goue septer na Ester uitgesteek,+ waarop Ester opgestaan en voor die koning gaan staan het.  En sy het gesê: “As die koning dit goedvind, en as ek guns voor hom gevind het+ en die saak gepas is voor die koning en ek goed is in sy oë, laat daar dan geskryf word om die geskrewe dokumente ongedaan te maak,+ die plan van Haman, die seun van Hammedaʹta, die Agagiet,+ wat hy geskryf het om die Jode wat in al die koning se regsgebiede+ is, uit te roei.+  Want hoe kan ek dit verdra wanneer ek die rampspoed moet aanskou wat my volk sal tref, en hoe kan ek dit verdra wanneer ek die uitroeiing van my familielede moet aanskou?”  Toe het koning Ahasʹveros vir koningin Ester en vir die Jood Morʹdegai gesê: “Kyk! Die huis van Haman het ek vir Ester gegee,+ en hom het hulle aan die paal gehang,+ omdat hy sy hand teen die Jode uitgesteek het.  En skryf julle in die koning se naam+ ten behoewe van die Jode volgens wat goed is in julle oë en verseël dit met die koning se seëlring; want dit is onmoontlik om ’n geskrif wat in die koning se naam geskryf is en met die koning se seëlring verseël is, ongedaan te maak.”+  Toe is die sekretarisse+ van die koning in daardie tyd geroep, in die derde maand, dit is die maand Siwan, op die drie-en-twintigste dag daarvan; en daar is geskryf volgens alles wat Morʹdegai beveel het, aan die Jode en aan die satrape+ en die goewerneurs en die vorste van die regsgebiede van Indië tot Etiopië, honderd-sewe-en-twintig regsgebiede,+ aan elke regsgebied in sy eie skryfstyl+ en aan elke volk in sy eie taal,+ en aan die Jode in hulle eie skryfstyl en in hulle eie taal.+ 10  En hy het in die naam van koning+ Ahasʹveros geskryf en dit met die koning se seëlring+ verseël+ en geskrewe dokumente gestuur deur die hand van die boodskappers te perd,+ wat op posperde gery het wat in die koninklike diens gebruik is, hingsvulle van vinnige merries, 11  dat die koning aan die Jode wat in al die verskillende stede was, toegestaan het om bymekaar te kom+ en vir hulle siel op te staan, om die hele strydmag van die volk+ en regsgebied wat vyandskap teenoor hulle toon, kindertjies en vroue, te verdelg en dood te maak en uit te roei, en om hulle buit te plunder,+ 12  op die een dag+ in al die regsgebiede van koning Ahasʹveros, op die dertiende dag+ van die twaalfde maand, dit is die maand Adar.+ 13  ’n Afskrif+ van die geskrif moes as wet uitgevaardig word dwarsdeur al die verskillende regsgebiede, openbaar gemaak word aan al die volke, sodat die Jode hulle vir hierdie dag gereed kon maak om hulle op hulle vyande te wreek.+ 14  Die boodskappers,+ wat op posperde gery het wat in die koninklike diens gebruik is, het uitgegaan, voortgedryf en tot spoed aangespoor+ deur die koning se woord; en die wet is in die kasteel Susan+ uitgevaardig. 15  Wat Morʹdegai betref, hy het van die koning af weggegaan in koninklike klere+ van blou stof en linne, met ’n groot goue kroon en ’n mantel van fyn weefstof,+ ja, van purperrooigekleurde wol.+ En die stad Susan het gejuig en was vol vreugde.+ 16  Vir die Jode was daar lig en blydskap+ en verheuging en eer. 17  En in al die verskillende regsgebiede en in al die verskillende stede, oral waar die woord van die koning en sy wet gekom het, was daar blydskap en verheuging vir die Jode, ’n feesmaal+ en ’n goeie dag; en baie van die volke+ van die land het verklaar dat hulle Jode is,+ want vrees+ vir die Jode het op hulle geval.

Voetnote