Ester 9:1-32

9  En in die twaalfde maand, dit is die maand Adar,+ op die dertiende dag daarvan, toe die tyd aanbreek dat die koning se woord en sy wet uitgevoer moes word,+ op die dag waarvoor die vyande van die Jode gewag het om hulle te oorheers, het juis die teenoorgestelde gebeur, deurdat die Jode hulle haters oorheers het.+  Die Jode het in hulle stede in al die regsgebiede van koning Ahasʹveros+ bymekaargekom+ om die hand te slaan aan dié wat daarop uit was om hulle kwaad aan te doen,+ en geen man het voor hulle standgehou nie, want vrees+ vir hulle het op al die volke geval.  En al die vorste+ van die regsgebiede en die satrape+ en die goewerneurs en dié wat die sake+ van die koning behartig het, het die Jode gehelp, want vrees+ vir Morʹdegai het op hulle geval.  Want Morʹdegai was groot+ in die koning se huis, en sy roem+ het dwarsdeur al die regsgebiede versprei, want die man Morʹdegai het al hoe groter geword.+  En die Jode het al hulle vyande omgebring met ’n slagting deur die swaard+ en met doodslag en vernietiging, en hulle het aan hulle haters gedoen net wat hulle wou.+  En in die kasteel Susan+ het die Jode doodgemaak, en daar is vyfhonderd man uitgeroei.  Ook Parsandaʹta en Dalfon en Aspaʹta  en Poraʹta en Adalʹja en Aridaʹta  en Parmasʹta en Ariʹsai en Ariʹdai en Waisaʹta, 10  die tien seuns+ van Haman,+ die seun van Hammedaʹta, die een wat vyandskap teenoor die Jode getoon het,+ het hulle doodgemaak; maar op die roofgoed+ het hulle nie hulle hand gelê nie. 11  Op daardie dag het die getal van dié wat in die kasteel Susan doodgemaak is, voor die koning gekom. 12  En die koning het vir koningin Ester+ gesê: “In die kasteel+ Susan het die Jode doodgemaak, en vyfhonderd man en die tien seuns van Haman is uitgeroei. Wat het hulle in die res van die regsgebiede+ van die koning gedoen?+ En wat is jou bede? Laat selfs dit aan jou gegee word.+ En wat is jou verdere versoek?+ Laat selfs dit gedoen word.” 13  Daarop het Ester gesê: “As die koning dit goedvind,+ laat dit ook môre aan die Jode wat in Susan is, toegestaan word om te doen volgens die wet van vandag;+ en laat die tien seuns van Haman aan die paal gehang word.”+ 14  Toe het die koning gesê dat dit gedoen moet word.+ Daarna is ’n wet in Susan uitgevaardig, en die tien seuns van Haman is gehang. 15  En die Jode wat in Susan was, het ook op die veertiende+ dag van die maand Adar bymekaargekom, en hulle het in Susan driehonderd man doodgemaak; maar op die roofgoed het hulle nie hulle hand gelê nie.+ 16  Wat die res van die Jode betref wat in die regsgebiede+ van die koning was, hulle het bymekaargekom, en hulle het opgestaan vir hulle siel,+ en hulle het hulle op hulle vyande gewreek,+ en vyf-en-sewentigduisend van hulle haters is doodgemaak; maar op die roofgoed het hulle nie hulle hand gelê nie, 17  op die dertiende dag van die maand Adar; en op die veertiende dag daarvan was daar rus, en dit is ’n dag van feesmaal+ en van blydskap+ gemaak. 18  Wat die Jode betref wat in Susan was, hulle het op die dertiende+ dag daarvan en op die veertiende dag daarvan bymekaargekom, en op die vyftiende dag daarvan was daar rus, en dit is ’n dag van feesmaal en van blydskap+ gemaak. 19  Daarom het die plattelandse Jode, wat die stede in die buitedistrikte bewoon het, die veertiende dag van die maand Adar+ ’n dag van blydskap+ en feesmaal en ’n goeie dag+ gemaak waarop hulle porsies aan mekaar gestuur het.+ 20  En Morʹdegai+ het hierdie dinge opgeskryf en geskrewe dokumente aan al die Jode gestuur wat in al die regsgebiede+ van koning Ahasʹveros was, dié wat naby en dié wat ver was, 21  om hulle die verpligting op te lê+ om gereeld elke jaar die veertiende dag van die maand Adar en die vyftiende dag daarvan te vier, 22  volgens die dae waarop die Jode van hulle vyande gerus het+ en die maand wat vir hulle van droefheid in blydskap en van rou+ in ’n goeie dag verander is, om dit te vier as dae van feesmaal en blydskap en waarop porsies aan mekaar+ en geskenke aan die armes+ gestuur is. 23  En die Jode het aanvaar wat hulle begin doen het en wat Morʹdegai aan hulle geskryf het. 24  Want Haman,+ die seun van Hammedaʹta,+ die Agagiet,+ die een wat vyandskap+ teenoor al die Jode getoon het, het self ’n plan teen die Jode beraam om hulle uit te roei,+ en hy het die Pur,+ dit is die Lot,+ laat werp om hulle te verontrus en hulle uit te roei. 25  Maar toe Ester voor die koning inkom, het hy met die geskrewe dokument+ gesê: “Laat sy bose plan+ wat hy teen die Jode beraam het, op sy eie hoof terugkom”;+ en hulle het hom en sy seuns aan die paal gehang.+ 26  Daarom het hulle hierdie dae Purim genoem, na die naam van die Pur.+ Daarom, volgens al die woorde van hierdie brief+ en wat hulle ten opsigte hiervan gesien het en wat oor hulle gekom het, 27  het die Jode hulle en hulle nageslag en almal wat by hulle sou aansluit,+ die verpligting opgelê en dit aangeneem, sodat dit nie sou verbygaan nie, om gereeld elke jaar hierdie twee dae te vier volgens wat oor hulle geskryf is en volgens hulle vasgestelde tyd. 28  En hierdie dae moes onthou en gevier word in elke geslag, elke familie, elke regsgebied en elke stad, en hierdie Purimdae mag nie verdwyn onder die Jode en die herdenking+ daarvan tot ’n einde kom onder hulle nageslag nie. 29  En koningin Ester, die dogter van Abiʹhail,+ en die Jood Morʹdegai het met alle nadruk geskryf om hierdie tweede brief oor die Purim te bevestig. 30  Toe het hy geskrewe dokumente aan al die Jode in die honderd-sewe-en-twintig regsgebiede,+ die ryk van Ahasʹveros,+ gestuur, met woorde van vrede en waarheid,+ 31  om hierdie Purimdae op hulle vasgestelde tye te bevestig, net soos die Jood Morʹdegai en koningin Ester hulle dit opgelê het,+ en net soos hulle hulle eie siel en hulle nageslag dit opgelê het,+ naamlik die sake van die vaste+ en hulle hulpgeroep.+ 32  En die woord van Ester het hierdie Purimsake+ bevestig, en dit is in ’n boek opgeskryf.

Voetnote