Filemon 1:1-25

 Paulus, ’n gevangene+ ter wille van Christus Jesus, en Timoʹteus,+ ons broer, aan Fileʹmon, ons geliefde en medewerker,+  en aan Apʹfia, ons suster, en aan Argipʹpus,+ ons medesoldaat,+ en aan die gemeente wat in jou huis is:+  Mag julle onverdiende goedhartigheid en vrede hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.+  Ek dank my God altyd wanneer ek van jou melding maak in my gebede,+  aangesien ek voortdurend hoor van jou liefde en geloof wat jy teenoor die Here Jesus en teenoor al die heiliges het,+  sodat die mededeling van jou geloof+ aktief kan word deurdat jy elke goeie ding onder ons erken wat met Christus verband hou.  Want ek het baie vreugde en troos uit jou liefde geput,+ omdat die tere geneenthede van die heiliges deur middel van jou verkwik is,+ broer.  Juis daarom, al het ek groot vrymoedigheid van spraak in verband met Christus om jou te beveel+ om te doen wat gepas is,  vermaan ek jou eerder op grond van liefde,+ aangesien ek is wat ek is, Paulus, ’n bejaarde man, ja, nou ook ’n gevangene+ ter wille van Christus Jesus; 10  ek vermaan jou aangaande my kind,+ vir wie ek in my gevangenisboeie ’n vader geword het,+ Oneʹsimus,+ 11  wat vroeër vir jou nutteloos was, maar nou vir jou en vir my nuttig is.+ 12  Hóm stuur ek na jou toe terug, ja, hom, dit wil sê my eie tere geneenthede.+ 13  Ek sou hom graag by my wou hou sodat hy my in jou plek+ kan aanhou dien in die gevangenisboeie+ wat ek ter wille van die goeie nuus dra. 14  Maar sonder jou toestemming wil ek niks doen nie, sodat jou goeie daad nie onder dwang sal wees nie, maar uit vrye wil.+ 15  Miskien is dit juis om dié rede dat hy vir ’n uur weggebreek het, dat jy hom vir ewig terug kan hê, 16  nie langer as ’n slaaf nie,+ maar as meer as ’n slaaf,+ as ’n geliefde broer,+ veral vir my, maar hoeveel te meer vir jou in vleeslike betrekkinge sowel as in die Here. 17  As jy my dan as ’n metgesel+ beskou, ontvang+ hom vriendelik soos jy my sou ontvang. 18  En as hy jou enige onreg aangedoen het of jou enigiets skuld, sit dit op my rekening. 19  Ek, Paulus, skryf met my eie hand:+ Ek sal dit terugbetaal—om nie vir jou te sê dat jy bowendien ook jouself aan my verskuldig is nie. 20  Ja, broer, mag ek voordeel van jou hê in verband met die Here: verkwik my tere geneenthede+ in verband met Christus. 21  Met vertroue in jou inskiklikheid skryf ek aan jou, in die wete dat jy selfs meer sal doen as die dinge wat ek sê.+ 22  Maar maak tegelykertyd ook huisvesting+ vir my gereed, want ek hoop dat ek deur middel van julle gebede+ vir julle vrygelaat sal word.+ 23  Eʹpafras,+ my medegevangene in eenheid met Christus Jesus, stuur vir jou groete, 24  ook Markus, Aristarʹgus,+ Demas,+ Lukas, my medewerkers. 25  Mag die onverdiende goedhartigheid van die Here Jesus Christus wees met die gees wat julle openbaar.+

Voetnote