Filippense 3:1-21

3  Laastens, my broers, hou aan om julle in die Here te verbly.+ Om dieselfde dinge aan julle te skryf, is nie vir my moeite nie, maar dit is vir julle ’n beskerming.  Pas op vir die honde,+ pas op vir dié wat skade berokken, pas op vir dié wat die vlees vermink.+  Want ons is dié met die ware besnydenis,+ wat deur God se gees+ heilige diens verrig en in Christus Jesus roem+ en nie ons vertroue in die vlees stel nie,+  hoewel ek, meer as enigiemand anders, wel redes het om ook vertroue in die vlees te stel. As enigiemand anders dink dat hy redes het om vertroue in die vlees te stel, ek nog meer:+  besny op die agtste dag,+ uit die geslag van Israel, uit die stam Benjamin,+ ’n Hebreër gebore uit Hebreërs;+ wat die wet betref, ’n Fariseër;+  wat ywer betref, ’n vervolger van die gemeente;+ wat regverdigheid betref wat deur middel van die wet is, iemand wat getoon het dat hy onberispelik is.  Maar die dinge wat vir my gewin was, dié het ek weens die Christus as verlies beskou.+  Ja, wat dit betref, ek beskou alles ook inderdaad as verlies weens die oortreffende waarde van die kennis van Christus Jesus, my Here.+ Weens hom het ek die verlies van alles aanvaar en beskou ek dit as ’n klomp vullis,+ sodat ek Christus kan wen  en in eenheid met hom bevind kan word, nie met my eie regverdigheid, wat uit die wet voortspruit nie,+ maar met dié wat deur geloof+ in Christus is, die regverdigheid wat van God kom op grond van geloof,+ 10  om hom te ken en die krag van sy opstanding+ en die deelgenootskap in sy lyding,+ terwyl ek my aan ’n dood soos syne onderwerp,+ 11  om te sien of ek op die een of ander wyse tot die vroeër opstanding+ uit die dode kan kom. 12  Nie dat ek dit reeds ontvang het of reeds tot volmaaktheid gebring is nie,+ maar ek streef+ daarna om te sien of ek ook dit kan verkry+ waarvoor ek ook deur Christus Jesus verkry is.+ 13  Broers, ek meen nog nie dat ek dit verkry het nie; maar een ding staan vas: Ek vergeet die dinge wat agter is+ en strek my uit na die dinge wat voor is,+ 14  en ek streef na die doel+ vir die prys+ van God se roeping na bo+ deur middel van Christus Jesus. 15  Laat ons almal wat volwasse is,+ dan hierdie geestesgesindheid hê;+ en as julle in enige opsig ’n ander geestesneiging het, sal God die bogenoemde gesindheid aan julle openbaar. 16  Laat ons in elk geval, in die mate waarin ons vooruitgang gemaak het, voortgaan om ordelik in hierdie selfde roetine te wandel.+ 17  Word eendragtig navolgers+ van my, broers, en hou julle oë gerig op dié wat op ’n wyse wandel wat ooreenkom met die voorbeeld wat julle in ons het.+ 18  Want daar is baie, ek het hulle dikwels genoem, maar nou noem ek hulle ook met gehuil, wat as die vyande van die folterpaal van die Christus+ wandel, 19  en hulle einde is vernietiging,+ en hulle god is hulle buik,+ en hulle heerlikheid bestaan in hulle skande,+ en hulle verstande is gerig op dinge op die aarde.+ 20  Wat ons betref, ons burgerskap+ bestaan in die hemele,+ van waar ons ook gretig ’n redder verwag,+ die Here Jesus Christus,+ 21  wat ons vernederde liggaam+ sal verander om aan sy glorieryke liggaam gelykvormig te word,+ volgens die werking+ van die krag wat hy het, ja, om alles aan homself te onderwerp.+

Voetnote