Genesis 1:1-31

1  In die begin+ het God+ die hemel en die aarde+ geskep.+  En die aarde was vormloos en woes, en daar was duisternis op die oppervlak van die waterdiepte;+ en God se werkende krag het heen en weer oor die oppervlak van die waters+ beweeg.+  En toe het God gesê:+ “Laat daar lig wees.” Toe was daar lig.+  Daarna het God gesien dat die lig goed is, en God het ’n skeiding tussen die lig en die duisternis teweeggebring.+  En God het die lig Dag+ begin noem, maar die duisternis het hy Nag+ genoem. En dit was aand en dit was oggend, ’n eerste dag.  En God het verder gesê: “Laat daar ’n uitspansel+ tussen die waters wees en laat daar ’n skeiding tussen die waters en die waters kom.”+  Toe het God begin om die uitspansel te maak en om ’n skeiding te maak tussen die waters wat onder die uitspansel moes wees en die waters wat bo die uitspansel moes wees.+ En dit was so.  En God het die uitspansel Hemel+ begin noem. En dit was aand en dit was oggend, ’n tweede dag.  En God het verder gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek versamel word en laat die droë grond verskyn.”+ En dit was so. 10  En God het die droë grond Aarde+ begin noem, maar die versameling van die waters het hy Seë+ genoem. Toe het God gesien dat dit goed is.+ 11  En God het verder gesê: “Laat die aarde gras voortbring, plante wat saad dra,+ vrugtebome wat volgens hulle soorte vrugte lewer,+ waarvan die saad daarin is,+ op die aarde.” En dit was so. 12  En die aarde het gras begin voortbring, plante wat volgens hulle soorte saad dra+ en bome wat vrugte lewer, waarvan die saad daarin is volgens hulle soorte.+ Toe het God gesien dat dit goed is. 13  En dit was aand en dit was oggend, ’n derde dag. 14  En God het verder gesê: “Laat daar ligte aan die uitspansel van die hemel wees om ’n skeiding tussen die dag en die nag te maak;+ en hulle sal dien as tekens en vir seisoene en vir dae en jare.+ 15  En hulle sal dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om op die aarde te skyn.”+ En dit was so. 16  En God het die twee groot ligte begin maak, die grootste lig om oor die dag te heers en die kleiner lig om oor die nag te heers, en ook die sterre.+ 17  So het God hulle aan die uitspansel van die hemel geplaas om op die aarde te skyn+ 18  en om bedags en snags te heers en om ’n skeiding te maak tussen die lig en die duisternis.+ Toe het God gesien dat dit goed is.+ 19  En dit was aand en dit was oggend, ’n vierde dag. 20  En God het verder gesê: “Laat die waters wemel met ’n gewemel van lewende siele+ en laat voëls oor die aarde in die uitspansel van die hemel vlieg.”+ 21  En God het begin om die groot seemonsters+ te skep en al die lewende siele wat beweeg,+ waarvan die waters begin wemel het volgens hulle soorte, en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte.+ En God het gesien dat dit goed is. 22  Daarop het God hulle geseën en gesê: “Wees vrugbaar en word baie en vul die waters in die seebekkens,+ en laat die voëls baie word op die aarde.” 23  En dit was aand en dit was oggend, ’n vyfde dag. 24  En God het verder gesê: “Laat die aarde+ lewende siele voortbring volgens hulle soorte, mak+ diere en kruipende+ diere en wilde diere+ van die aarde volgens hulle soorte.” En dit was so. 25  En God het die wilde diere van die aarde volgens hulle soorte en die mak diere volgens hulle soorte en al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte begin maak.+ En God het gesien dat dit goed is. 26  En God het verder gesê: “Laat ons+ mense maak na ons beeld,+ ooreenkomstig ons gelykenis,+ en laat die visse van die see en die voëls van die hemel en die mak diere en die hele aarde en al die kruipende diere wat op die aarde kruip, aan hulle onderworpe wees.”+ 27  En God het die mens na sy beeld begin skep, na God se beeld het hy hom geskep;+ man en vrou het hy hulle geskep.+ 28  Verder het God hulle geseën,+ en God het vir hulle gesê: “Wees vrugbaar+ en word baie en vul die aarde en onderwerp+ dit, en die visse van die see en die voëls van die hemel en al die diere wat op die aarde kruip, moet aan julle onderworpe wees.”+ 29  En God het verder gesê: “Kyk, ek het aan julle al die plante gegee wat saad dra wat op die oppervlak van die hele aarde is en al die bome waaraan ’n boomvrug is wat saad dra.+ Laat dit vir julle as voedsel dien.+ 30  En aan al die wilde diere van die aarde en aan al die voëls van die hemel en aan alles wat op die aarde kruip waarin daar lewe as ’n siel is, het ek al die groen plante as voedsel gegee.”+ En dit was so. 31  Daarna het God alles gesien wat hy gemaak het, en kyk! dit was baie goed.+ En dit was aand en dit was oggend, ’n sesde dag.

Voetnote