Genesis 10:1-32

10  En dit is die geskiedenis van Noag se seuns,+ Sem, Gam en Jafet. En ná die sondvloed is daar vir hulle seuns gebore.+  Die seuns van Jafet was Gomer+ en Magog+ en Madai+ en Jawan+ en Tubal+ en Meseg+ en Tiras.+  En die seuns van Gomer was Asʹkenas+ en Rifat+ en Togarʹma.+  En die seuns van Jawan was Eliʹsa+ en Tarsis,+ Kittim+ en Doʹdanim.+  Uit hulle is die bevolking van die eilande van die nasies in hulle lande versprei, elkeen volgens sy taal, volgens hulle families, volgens hulle nasies.  En die seuns van Gam was Kus+ en Misraʹim+ en Put+ en Kanaän.+  En die seuns van Kus was Seba+ en Haʹwila en Sabta en Raäma+ en Sabʹtega. En die seuns van Raäma was Skeba en Dedan.+  En Kus het die vader geword van Nimrod.+ Hy het die eerste magtige op die aarde geword.  Hy was ’n magtige jagter in verset teen Jehovah. Daarom is daar ’n gesegde: “Net soos Nimrod, ’n magtige jagter in verset teen Jehovah.”+ 10  En die begin van sy koninkryk was Babel+ en Ereg+ en Akkad en Kalne, in die land Siʹnear.+ 11  Uit dié land het hy na Assiʹrië+ getrek en begin bou aan Niʹneve+ en Reʹhobot-Ir en Kalag 12  en Resen tussen Niʹneve en Kalag: dit is die groot stad. 13  En Misraʹim+ het die vader geword van Ludim+ en Aʹnamim en Leʹhabim en Nafʹtuhim+ 14  en Paʹtrusim+ en Kasʹluhim+ (uit wie die Filistyne+ voortgekom het) en Kafʹtorim.+ 15  En Kanaän het die vader geword van Sidon,+ sy eersgeborene, en Het+ 16  en die Jebusiete+ en die Amoriete+ en die Girgasiete 17  en die Hewiete+ en die Arkiete en die Siniete 18  en die Arwadiete+ en die Semariete en die Hamatiete;+ en daarna is die families van die Kanaäniete verstrooi. 19  En die grens van die Kanaäniete was van Sidon af tot by Gerar,+ naby Gasa,+ tot by Sodom en Gomorʹra+ en Adma+ en Seboʹjim,+ naby Lasa. 20  Dit was die seuns van Gam volgens hulle families, volgens hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies. 21  En vir Sem, die voorvader van al die seuns van Eber,+ die broer van Jafet, die oudste, is daar ook nakomelinge gebore. 22  Die seuns van Sem was Elam+ en Assur+ en Arpagʹsad+ en Lud en Aram. 23  En die seuns van Aram was Us en Hul en Geter en Mas.+ 24  En Arpagʹsad het die vader geword van Selag,+ en Selag het die vader geword van Eber. 25  En vir Eber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg,+ omdat die aarde in sy dae verdeeld geraak het;+ en die naam van sy broer was Joktan.+ 26  En Joktan het die vader geword van Almoʹdad en Selef en Hasarmaʹwet en Jerag+ 27  en Hadoʹram en Usal en Dikla+ 28  en Obal en Abiʹmael en Skeba+ 29  en Ofir+ en Haʹwila+ en Jobab;+ hulle almal was die seuns van Joktan. 30  En hulle woonplek het gestrek van Mesa af tot by Sefar, die bergstreek van die Ooste. 31  Dit was die seuns van Sem volgens hulle families, volgens hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.+ 32  Dit was die families van die seuns van Noag volgens hulle familieafstamming, volgens hulle nasies, en uit hulle is die nasies ná die sondvloed oor die aarde versprei.+

Voetnote