Genesis 11:1-32

11  En die hele aarde het steeds een taal en een stel woorde gehad.  En toe hulle ooswaarts trek, het hulle uiteindelik ’n valleivlakte in die land Siʹnear+ ontdek, en hulle het daar gaan woon.  En hulle het vir mekaar begin sê: “Kom! Laat ons stene maak en dit met ’n brandproses bak.” Toe het bakstene vir hulle as bousteen gedien, maar asfalt het vir hulle as messelklei gedien.+  Hulle het toe gesê: “Kom! Laat ons vir ons ’n stad bou en ook ’n toring met sy spits in die hemel,+ en laat ons vir ons ’n roemryke naam maak,+ sodat ons nie oor die hele oppervlak van die aarde verstrooi raak nie.”+  En Jehovah het neergedaal om die stad en die toring te sien wat die mensekinders gebou het.+  Daarna het Jehovah gesê: “Kyk! Hulle is een volk en daar is een taal vir hulle almal,+ en dít is wat hulle begin doen. En nou sal niks wat hulle dalk van plan is om te doen, vir hulle onbereikbaar wees nie.+  Kom dan! Laat ons+ neerdaal en hulle taal daar verwar+ sodat die een nie die ander se taal kan verstaan nie.”+  Gevolglik het Jehovah hulle daarvandaan oor die hele oppervlak van die aarde verstrooi,+ en hulle het geleidelik opgehou om die stad te bou.+  Daarom is dit Babel+ genoem, want daar het Jehovah die taal van die hele aarde verwar, en Jehovah het hulle daarvandaan oor die hele oppervlak van die aarde verstrooi.+ 10  Dit is die geskiedenis van Sem.+ Sem was honderd jaar oud toe hy twee jaar ná die sondvloed die vader van Arpagʹsad+ geword het. 11  En nadat Sem die vader van Arpagʹsad geword het, het hy nog vyfhonderd jaar gelewe. Intussen het hy die vader van seuns en dogters geword.+ 12  En Arpagʹsad het vyf-en-dertig jaar gelewe en toe die vader van Selag+ geword. 13  En nadat Arpagʹsad die vader van Selag geword het, het hy nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. Intussen het hy die vader van seuns en dogters geword. 14  En Selag het dertig jaar gelewe en toe die vader van Eber+ geword. 15  En nadat Selag die vader van Eber geword het, het hy nog vierhonderd-en-drie jaar gelewe. Intussen het hy die vader van seuns en dogters geword. 16  En Eber het vier-en-dertig jaar gelewe en toe die vader van Peleg+ geword. 17  En nadat Eber die vader van Peleg geword het, het hy nog vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. Intussen het hy die vader van seuns en dogters geword. 18  En Peleg het dertig jaar gelewe en toe die vader van Rehu+ geword. 19  En nadat Peleg die vader van Rehu geword het, het hy nog tweehonderd-en-nege jaar gelewe. Intussen het hy die vader van seuns en dogters geword. 20  En Rehu het twee-en-dertig jaar gelewe en toe die vader van Serug+ geword. 21  En nadat Rehu die vader van Serug geword het, het hy nog tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. Intussen het hy die vader van seuns en dogters geword. 22  En Serug het dertig jaar gelewe en toe die vader van Nahor+ geword. 23  En nadat Serug die vader van Nahor geword het, het hy nog tweehonderd jaar gelewe. Intussen het hy die vader van seuns en dogters geword. 24  En Nahor het nege-en-twintig jaar gelewe en toe die vader van Tera+ geword. 25  En nadat Nahor die vader van Tera geword het, het hy nog honderd-en-negentien jaar gelewe. Intussen het hy die vader van seuns en dogters geword. 26  En Tera het sewentig jaar gelewe, waarna hy die vader van Abram,+ Nahor+ en Haran geword het. 27  En dit is die geskiedenis van Tera. Tera het die vader van Abram, Nahor en Haran geword; en Haran het die vader van Lot+ geword. 28  Later het Haran gesterf terwyl hy saam met sy vader Tera in sy geboorteland was, in Ur+ van die Galdeërs.+ 29  En Abram en Nahor het vir hulle vrouens geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai,+ terwyl die naam van Nahor se vrou Milka+ was, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska. 30  Maar Sarai het onvrugbaar gebly;+ sy het geen kind gehad nie. 31  Daarna het Tera sy seun Abram geneem en sy kleinseun Lot, die seun van Haran,+ en sy skoondogter Sarai,+ die vrou van sy seun Abram, en hulle het saam met hom uit Ur van die Galdeërs getrek om na die land Kanaän+ te gaan. Na verloop van tyd het hulle by Haran+ gekom en daar gaan woon. 32  En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf jaar. Toe het Tera in Haran gesterf.

Voetnote