Genesis 12:1-20

12  En Jehovah het vir Abram gesê: “Trek weg uit jou land en van jou familielede en van die huis van jou vader af na die land wat ek jou sal wys;+  en ek sal jou ’n groot nasie maak en ek sal jou seën en ek sal jou naam groot maak; en jy moet ’n seën wees.+  En ek sal dié seën wat jou seën, en ek sal hom vervloek wat ’n vloek oor jou uitspreek,+ en al die families van die aarde sal hulleself deur middel van jou seën.”+  Daarop het Abram getrek, net soos Jehovah vir hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud toe hy uit Haran weggetrek het.+  Toe het Abram sy vrou Sarai+ en Lot, die seun van sy broer,+ geneem en al die goed wat hulle versamel het+ en die siele wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän+ te gaan. Uiteindelik het hulle in die land Kanaän gekom.  En Abram het verder deur die land getrek tot by die plek Sigem,+ naby die groot bome van Moreʹ;+ en in dié tyd was die Kanaäniete in die land.  Jehovah het toe aan Abram verskyn en gesê: “Aan jou saad+ gaan ek hierdie land gee.”+ Daarna het hy daar ’n altaar gebou vir Jehovah, wat aan hom verskyn het.  Later het hy daarvandaan getrek na die bergstreek oos van Bet-El+ en sy tent opgeslaan met Bet-El in die weste en Ai+ in die ooste. Toe het hy daar vir Jehovah ’n altaar gebou+ en die naam van Jehovah begin aanroep.+  Daarna het Abram kamp opgebreek en toe van kampplek tot kampplek na die Negeb+ getrek. 10  En ’n hongersnood het in die land ontstaan, en Abram het na Egipte afgetrek om daar as ’n vreemdeling te woon,+ want die hongersnood in die land was swaar.+ 11  En toe hy op die punt staan om in Egipte in te gaan, het hy vir sy vrou Sarai gesê: “Kyk tog! Ek weet goed dat jy ’n vrou is wat pragtig in voorkoms is.+ 12  Daarom sal die Egiptenaars jou sekerlik sien en sê: ‘Dit is sy vrou.’ En hulle sal my beslis doodmaak, maar jou sal hulle laat lewe. 13  Sê asseblief dat jy my suster is,+ sodat dit met my goed kan gaan om jou onthalwe, en my siel sal sekerlik weens jou lewe.”+ 14  En net toe Abram in Egipte ingaan, het die Egiptenaars die vrou gesien, dat sy beeldskoon is. 15  En die vorste van Farao het haar ook gesien en hulle het haar by Farao begin prys, sodat die vrou na die huis van Farao geneem is. 16  En hy het Abram goed behandel om haar onthalwe, en hy het skape en beeste en esels en diensknegte en diensmeisies en eselinne en kamele gekry.+ 17  Toe het Jehovah Farao en sy huis met groot plae getref+ weens Sarai, Abram se vrou.+ 18  Daarop het Farao Abram geroep en gesê: “Wat het jy my aangedoen? Waarom het jy my nie vertel dat sy jou vrou is nie?+ 19  Waarom het jy gesê: ‘Sy is my suster’,+ sodat ek op die punt gestaan het om haar as my vrou te neem? Hier is jou vrou dan nou. Neem haar en gaan weg!” 20  En Farao het aan manne bevele aangaande hom gegee, en hulle het hom en sy vrou en alles wat hy gehad het, vergesel.+

Voetnote