Genesis 13:1-18

13  Daarna het Abram uit Egipte na die Negeb opgetrek,+ hy en sy vrou en alles wat hy gehad het, en Lot saam met hom.  En Abram was baie ryk aan vee en silwer en goud.+  En hy het van kampplek tot kampplek uit die Negeb en na Bet-El getrek, na die plek waar sy tent eers was, tussen Bet-El en Ai,+  na die plek van die altaar wat hy oorspronklik daar gebou het;+ en Abram het daar die naam van Jehovah aangeroep.+  En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook skape en beeste en tente besit.  En die land het dit nie toegelaat dat hulle almal saam woon nie, want hulle besittings het baie geword en hulle kon nie almal saam woon nie.+  En ’n rusie het ontstaan tussen Abram se veewagters en Lot se veewagters; en in dié tyd het die Kanaäniete en die Perissiete in die land gewoon.+  Abram het derhalwe vir Lot+ gesê: “Laat daar asseblief nie verder rusie tussen my en jou en tussen my veewagters en jou veewagters wees nie, want ons is broers.+  Is die hele land nie tot jou beskikking nie? Skei jou asseblief van my af. As jy links gaan, dan sal ek regs gaan; maar as jy regs gaan, dan sal ek links gaan.”+ 10  Daarop het Lot sy oë opgeslaan en die hele Jordaandistrik+ gesien, dat die hele streek ryk aan water was, voordat Jehovah Sodom en Gomorʹra verwoes het, soos die tuin van Jehovah,+ soos Egipteland, tot by Soar.+ 11  Toe het Lot vir hom die hele Jordaandistrik gekies, en Lot het sy kamp na die ooste verskuif. So het hulle die een van die ander geskei. 12  Abram het in die land Kanaän gewoon, maar Lot het tussen die stede van die Distrik gewoon.+ Uiteindelik het hy naby Sodom tent opgeslaan. 13  En die manne van Sodom was sleg en was growwe sondaars teen Jehovah.+ 14  En Jehovah het vir Abram gesê, nadat Lot van hom geskei het: “Slaan asseblief jou oë op en kyk van die plek waar jy is noordwaarts en suidwaarts en ooswaarts en weswaarts,+ 15  want die hele land waarna jy kyk, gaan ek aan jou en aan jou saad gee, tot onbepaalde tyd.+ 16  En ek sal jou saad soos die stofdeeltjies van die aarde maak, sodat, as ’n mens die stofdeeltjies van die aarde kon tel, jou saad dan ook getel sou kon word.+ 17  Staan op, trek deur die land in sy lengte en in sy breedte, want ek gaan dit aan jou gee.”+ 18  En Abram het in tente bly woon. Later het hy gaan woon tussen die groot bome van Mamre,+ wat in Hebron+ is; en daar het hy ’n altaar vir Jehovah gebou.+

Voetnote