Genesis 14:1-24

14  En in die dae van Amʹrafel, die koning van Siʹnear,+ Aʹriog, die koning van Ellaʹsar, Kedorlaoʹmer,+ die koning van Elam,+ en Tidal, die koning van Gojim,+  het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom,+ en teen Birsa, die koning van Gomorʹra,+ Sinab, die koning van Adma,+ en Semeʹber, die koning van Seboʹjim,+ en die koning van Bela (dit wil sê Soar).+  Hulle almal het as bondgenote opgeruk+ na die Siddimlaagvlakte,+ dit is die Soutsee.+  Twaalf jaar lank het hulle Kedorlaoʹmer gedien, maar die dertiende jaar het hulle in opstand gekom.  En in die veertiende jaar het Kedorlaoʹmer gekom, en ook die konings wat saam met hom was, en hulle het die Refaïete in Asʹterot-Karnaʹim,+ en die Susiete in Ham, en die Emiete+ in Sawe-Kirjataʹim verslaan,  en die Horiete+ in hulle gebergte Seïr,+ tot by El-Paran,+ wat aan die wildernis lê.  Toe het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kades,+ gekom en die hele gebied van die Amalekiete+ verower en ook die Amoriete+ wat in Haʹsason-Taʹmar+ gewoon het.  Op dié tydstip het die koning van Sodom opgetrek, en ook die koning van Gomorʹra en die koning van Adma en die koning van Seboʹjim en die koning van Bela (dit wil sê Soar), en hulle het hulle in die Siddimlaagvlakte in slagorde teen hulle opgestel,+  teen Kedorlaoʹmer, die koning van Elam, en Tidal, die koning van Gojim, en Amʹrafel, die koning van Siʹnear, en Aʹriog, die koning van Ellaʹsar;+ vier konings teen die vyf. 10  En die Siddimlaagvlakte+ was die een asfaltput op die ander;+ en die konings van Sodom en Gomorʹra+ het gevlug en daarin geval, en dié wat oorgebly het, het na die bergstreek gevlug.+ 11  Toe het die oorwinnaars al die goed van Sodom en Gomorʹra en al hulle voedsel geneem en weggegaan.+ 12  Hulle het ook Lot, die seun van Abram se broer, en sy goed geneem en verder gegaan. Hy het toe in Sodom gewoon.+ 13  Daarna het ’n man wat ontkom het, vir Abram, die Hebreër,+ kom vertel. Hy het toe gewoon tussen die groot bome van Mamre, die Amoriet,+ die broer van Eskol en die broer van Aner;+ en hulle was bondgenote van Abram. 14  So het Abram te hore gekom dat sy broer gevange geneem is.+ Daarop het hy sy geoefende manne bymekaargeroep,+ driehonderd-en-agtien slawe wat in sy huis gebore is,+ en hulle tot by Dan+ agtervolg. 15  En in die nag het hy sy strydmag, hy en sy slawe, teen hulle verdeel,+ en so het hy hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba, wat noord van Damaskus lê. 16  En hy het al die goed teruggekry, en hy het ook sy broer Lot en sy goedere teruggekry+ en ook die vroue en die mense.+ 17  Ná sy terugkeer van die oorwinning oor Kedorlaoʹmer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom uitgetrek om hom te ontmoet, na die Sawelaagvlakte, dit is die koning se Laagvlakte.+ 18  En Melgiseʹdek,+ die koning van Salem,+ het brood en wyn uitgebring,+ en hy was ’n priester van die Allerhoogste God.+ 19  Toe het hy hom geseën en gesê: “Mag Abram geseën word deur die Allerhoogste God,+Voortbringer van hemel en aarde;+ 20  En mag die Allerhoogste God geloof word,+Wat u onderdrukkers in u hand oorgelewer het!”+ Daarop het Abram hom ’n tiende van alles gegee.+ 21  Daarna het die koning van Sodom vir Abram gesê: “Gee my die siele,+ maar neem die goed vir jou.” 22  Hierop het Abram vir die koning van Sodom gesê: “Ek hef my hand op in ’n eed+ tot Jehovah, die Allerhoogste God, Voortbringer van hemel en aarde, 23  dat ek, van ’n garingdraad tot ’n sandaalriem, nee, niks sal neem van enigiets wat aan u behoort nie,+ sodat u nie kan sê: ‘Ek het Abram ryk gemaak’ nie. 24  Niks vir my nie!+ Net wat die jong manne reeds geëet het, en die deel van die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre+—laat hulle hulle deel neem.”+

Voetnote