Genesis 15:1-21

15  Ná hierdie dinge het die woord van Jehovah in ’n visioen tot Abram gekom+ en gesê: “Moenie vrees nie,+ Abram. Ek is ’n skild vir jou.+ Jou beloning sal baie groot wees.”+  Hierop het Abram gesê: “Soewereine Heer Jehovah, wat sal u my gee, aangesien ek kinderloos heengaan en die een wat my huis sal besit, ’n man van Damaskus, Eliëser,+ is?”  En Abram het bygevoeg: “Kyk! U het my geen saad gegee nie,+ en kyk! ’n seun+ van my huis volg my as erfgenaam op.”  Maar kyk! die woord van Jehovah tot hom het soos volg gelui: “Hierdie man sal jou nie as erfgenaam opvolg nie, maar een wat uit jou liggaam sal voortkom, sal jou as erfgenaam opvolg.”+  Hy het hom toe na buite gebring en gesê: “Kyk asseblief op na die hemel en tel die sterre, as jy hulle enigsins kan tel.”+ En hy het verder vir hom gesê: “So sal jou saad word.”+  En hy het geloof in Jehovah gestel;+ en hy het hom dit as regverdigheid toegereken.+  Toe het hy verder vir hom gesê: “Ek is Jehovah, wat jou uit Ur van die Galdeërs gebring het om jou hierdie land te gee om dit in besit te neem.”+  Hierop het hy gesê: “Soewereine Heer Jehovah, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?”+  Toe het hy vir hom gesê: “Neem vir my ’n drie jaar oue vers en ’n drie jaar oue bokooi en ’n drie jaar oue ram en ’n tortelduif en ’n jong duif.”+ 10  En hy het dit alles by hom geneem en hulle in twee gesny en elke deel daarvan so gesit dat dit by die ander pas, maar die voëls het hy nie in stukke gesny nie.+ 11  En die roofvoëls het op die karkasse begin neerdaal,+ maar Abram het hulle bly verwilder. 12  Na ’n ruk was die son op die punt om onder te gaan, en ’n diep slaap het op Abram geval,+ en kyk! ’n verskriklike groot duisternis het oor hom neergedaal. 13  En hy het vir Abram begin sê: “Jy kan vir seker weet dat jou saad ’n inwonende vreemdeling sal word in ’n land wat nie hulle s’n is nie,+ en hulle sal hulle moet dien, en dié sal hulle beslis vierhonderd jaar lank verdruk.+ 14  Maar ek oordeel die nasie vir wie hulle sal dien,+ en daarna sal hulle met baie goed uittrek.+ 15  Wat jou betref, jy sal in vrede na jou voorvaders gaan; jy sal op ’n goeie ouderdom begrawe word.+ 16  Maar in die vierde geslag sal hulle hierheen terugkeer,+ omdat die oortreding van die Amoriete nog nie tot voltooiing gekom het nie.”+ 17  Die son het toe ondergegaan en daar het ’n dik duisternis gekom, en kyk! ’n rokende oond en ’n vuurfakkel het tussen hierdie stukke deurgegaan.+ 18  Op dié dag het Jehovah ’n verbond met Abram gesluit+ en gesê: “Aan jou saad sal ek hierdie land gee,+ van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:+ 19  die Keniete+ en die Kenissiete en die Kadmoniete 20  en die Hetiete+ en die Perissiete+ en die Refaïete+ 21  en die Amoriete en die Kanaäniete en die Girgasiete en die Jebusiete.”+

Voetnote