Genesis 16:1-16

16  En Sarai, Abram se vrou, het vir hom geen kinders gebaar nie;+ maar sy het ’n Egiptiese diensmeisie gehad, en haar naam was Hagar.+  Sarai het derhalwe vir Abram gesê: “Kyk tog! Jehovah het my daarvan uitgesluit om kinders te baar.+ Hou asseblief gemeenskap met my diensmeisie. Miskien sal ek van haar kinders kry.”+ En Abram het na die stem van Sarai geluister.+  Toe het Sarai, Abram se vrou, haar Egiptiese diensmeisie Hagar geneem, nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het, en haar vir haar man Abram as vrou gegee.+  Toe het hy met Hagar gemeenskap gehad, en sy het swanger geword. Toe sy agterkom dat sy swanger is, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword.+  Hierop het Sarai vir Abram gesê: “Mag die geweld wat my aangedoen is, op jou wees. Ek self het my diensmeisie aan jou boesem oorgegee, en sy het agtergekom dat sy swanger is, en ek het veragtelik in haar oë geword. Mag Jehovah tussen my en jou oordeel.”+  Daarop het Abram vir Sarai gesê:+ “Kyk! Jou diensmeisie is tot jou beskikking. Doen met haar wat goed is in jou oë.”+ Toe het Sarai haar begin verneder sodat sy van haar af weggevlug het.+  Later het Jehovah se engel+ haar by ’n waterfontein in die wildernis gevind, by die fontein op pad na Sur.+  En hy het begin sê: “Hagar, diensmeisie van Sarai, presies waar kom jy vandaan en waar gaan jy heen?” Hierop het sy gesê: “Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.”  En Jehovah se engel het verder vir haar gesê: “Keer terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hand.”+ 10  Toe het Jehovah se engel vir haar gesê: “Ek sal jou saad grootliks vermeerder,+ sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.”+ 11  Jehovah se engel het verder ook vir haar gesê: “Kyk, jy is swanger, en jy sal geboorte gee aan ’n seun en moet hom Isʹmael+ noem; want Jehovah het van jou ellende gehoor.+ 12  Wat hom betref, hy sal ’n sebra van ’n mens word. Sy hand sal teen almal wees, en almal se hand sal teen hom wees;+ en voor die aangesig van al sy broers sal hy woon.”+ 13  Toe het sy die naam van Jehovah, wat met haar gepraat het, genoem: “U is ’n God wat sien”,+ want sy het gesê: “Het ek hier werklik hom aanskou wat my sien?” 14  Daarom is die put Beër-Lahai-Roï+ genoem. Kyk, dit is tussen Kades en Bered. 15  Later het Hagar vir Abram ’n seun gebaar, en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Isʹmael+ genoem. 16  En Abram was ses-en-tagtig jaar oud toe Hagar Isʹmael vir Abram gebaar het.

Voetnote