Genesis 17:1-27

17  Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het Jehovah aan Abram verskyn en vir hom gesê:+ “Ek is God die Almagtige.+ Wandel voor my en wees onberispelik.+  En ek sal my verbond gee tussen my en jou,+ sodat ek jou uitermate kan vermeerder.”+  Hierop het Abram op sy gesig geval,+ en God het verder met hom gepraat en gesê:  “Wat my betref, kyk! my verbond is met jou,+ en jy sal beslis ’n vader van ’n menigte nasies word.+  En jy sal nie meer Abram genoem word nie, en jou naam sal Abraham word, want ek sal jou ’n vader van ’n menigte nasies maak.  En ek sal jou uitermate vrugbaar maak en sal jou nasies laat word, en konings sal uit jou voortkom.+  “En ek sal my verbond nakom tussen my en jou+ en jou saad ná jou volgens hulle geslagte, as ’n verbond tot onbepaalde tyd,+ om my aan jou en aan jou saad ná jou as God te bewys.+  Ek sal aan jou en jou saad ná jou die land van jou vreemdelingskap gee,+ ja, die hele land Kanaän, as ’n besitting tot onbepaalde tyd; en ek sal my aan hulle as God bewys.”+  En God het verder vir Abraham gesê: “Wat jou betref, jy moet my verbond hou, jy en jou saad ná jou volgens hulle geslagte.+ 10  Dit is my verbond wat julle sal hou, tussen my en julle, ja, jou saad ná jou:+ Almal wat manlik is onder julle, moet besny word.+ 11  En julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal dien as ’n teken van die verbond tussen my en julle.+ 12  En almal wat manlik is onder julle, agt dae oud, moet besny word,+ volgens julle geslagte, elkeen wat in die huis gebore is en elkeen wat met geld gekoop is van enige uitlander wat nie van jou saad is nie. 13  Elke man wat in jou huis gebore is en elke man wat met jou geld gekoop is, moet vir seker besny word;+ en my verbond in julle vlees sal dien as ’n verbond tot onbepaalde tyd.+ 14  En ’n onbesnede man wat nie die vlees van sy voorhuid laat besny nie, ja, daardie siel moet uit sy volk uitgeroei word.+ Hy het my verbond verbreek.” 15  En God het verder vir Abraham gesê: “Wat jou vrou Sarai betref, jy moet haar nie Sarai noem nie, want Sara is haar naam.+ 16  En ek sal haar seën en jou ook ’n seun uit haar gee;+ en ek sal haar seën, en sy sal nasies word;+ konings van volke sal uit haar voortkom.”+ 17  Hierop het Abraham op sy gesig geval en begin lag en in sy hart gesê:+ “Sal daar vir ’n man wat honderd jaar oud is, ’n kind gebore word, en sal Sara, ja, sal ’n vrou wat negentig jaar oud is, geboorte gee?”+ 18  Daarna het Abraham vir die ware God gesê: “Ag, mag Isʹmael voor u lewe!”+ 19  Hierop het God gesê: “Jou vrou Sara baar inderdaad vir jou ’n seun, en jy moet hom Isak+ noem. En ek sal my verbond met hom tot stand bring as ’n verbond tot onbepaalde tyd vir sy saad ná hom.+ 20  Maar wat Isʹmael betref, het ek jou gehoor. Kyk! Ek sal hom seën en sal hom vrugbaar maak en sal hom uitermate vermeerder.+ Hy sal beslis twaalf owerstes voortbring, en ek sal hom ’n groot nasie laat word.+ 21  Maar my verbond sal ek met Isak tot stand bring,+ wat Sara op hierdie vasgestelde tyd volgende jaar vir jou sal baar.”+ 22  Toe het God opgehou om met hom te praat en van Abraham af opgevaar.+ 23  Daarop het Abraham sy seun Isʹmael geneem en al die manne wat in sy huis gebore is en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het op daardie selfde dag die vlees van hulle voorhuid besny, net soos God vir hom gesê het.+ 24  En Abraham was nege-en-negentig jaar oud toe hy die vlees van sy voorhuid laat besny het.+ 25  En sy seun Isʹmael was dertien jaar oud toe hy die vlees van sy voorhuid laat besny het.+ 26  Op daardie selfde dag is Abraham besny, en ook sy seun Isʹmael.+ 27  En al die manne van sy huis, elkeen wat in die huis gebore is en elkeen wat van ’n uitlander met geld gekoop is, is saam met hom besny.+

Voetnote