Genesis 19:1-38

19  En die twee engele het teen die aand by Sodom aangekom, en Lot het in die poort van Sodom+ gesit. Toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom met sy gesig na die aarde neergebuig.+  En hy het gesê: “Asseblief tog my here, draai asseblief uit na die huis van julle kneg en bly die nag oor en laat julle voete was.+ Dan moet julle vroeg opstaan en verder reis.”+ Hierop het hulle gesê: “Nee, maar ons sal op die openbare plein oornag.”+  Maar hy het by hulle aangedring,+ sodat hulle na hom toe uitgedraai en in sy huis gekom het. Toe het hy vir hulle ’n feesmaal klaargemaak,+ en hy het ongesuurde koeke gebak,+ en hulle het geëet.  Voordat hulle kon gaan lê, het die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel,+ seun sowel as ou man, die hele volk in een oproerige skare.+  En hulle het na Lot bly roep en vir hom gesê: “Waar is die manne wat vanaand by jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit sodat ons met hulle gemeenskap kan hê.”+  Uiteindelik het Lot na hulle toe uitgegaan, by die ingang, maar hy het die deur agter hom gesluit.  Toe het hy gesê: “Asseblief, my broers, moenie sleg optree nie.+  Asseblief tog, kyk, ek het twee dogters wat nog nooit met ’n man gemeenskap gehad het nie.+ Laat ek hulle asseblief na julle toe uitbring. Doen dan met hulle wat goed is in julle oë.+ Moet net nie iets aan hierdie manne doen nie,+ want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak gekom.”+  Hierop het hulle gesê: “Staan terug!” En hulle het bygevoeg: “Hierdie enkeling het hierheen gekom om as ’n vreemdeling te woon+ en tog wil hy die regter speel.+ Nou gaan ons erger dinge aan jou doen as aan hulle.” En hulle het met mening teen die man, teen Lot, begin druk+ en nader gekom om die deur oop te breek.+ 10  Toe het die manne hulle hande uitgesteek en Lot na hulle toe ingebring, in die huis, en hulle het die deur gesluit. 11  Maar hulle het die manne wat by die ingang van die huis was, met blindheid geslaan,+ van die geringste tot die grootste,+ sodat hulle hulle moeg gemaak het met die gesoek na die ingang.+ 12  Toe het die manne vir Lot gesê: “Het jy enigiemand anders hier? ’n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en almal wat joune is in die stad, bring hulle uit die plek uit!+ 13  Want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep teen hulle hard geword het voor Jehovah,+ sodat Jehovah ons gestuur het om die stad te verwoes.”+ 14  Lot het derhalwe uitgegaan en met sy skoonseuns begin praat wat sy dogters sou neem, en hy het bly sê: “Staan op! Gaan uit hierdie plek uit, want Jehovah gaan die stad verwoes!”+ Maar in die oë van sy skoonseuns was hy soos iemand wat ’n grap maak.+ 15  Toe die dag egter begin breek, het die engele sterk by Lot aangedring en gesê: “Staan op! Neem jou vrou en jou twee dogters wat hulle hier bevind,+ sodat jy nie in die oortreding van die stad weggevee word nie!”+ 16  Toe hy bly talm,+ het die manne, omdat Jehovah medelye met hom gehad het,+ sy hand en die hand van sy vrou en die hand van sy twee dogters gegryp, en hulle het hom uitgebring en hom buite die stad laat staan.+ 17  Die oomblik toe hulle hulle na die buitewyke uitgebring het, het hy begin sê: “Vlug ter wille van jou siel!+ Moenie agter jou kyk nie+ en moet nêrens in die hele Distrik stilstaan nie!+ Vlug na die bergstreek, sodat jy nie weggevee word nie!”+ 18  Toe het Lot vir hulle gesê: “Asseblief tog nie dit nie, Jehovah! 19  Kyk tog, u kneg het guns in u oë gevind+ sodat u u liefderyke goedhartigheid groot maak,+ wat u aan my bewys het om my siel in die lewe te hou,+ maar ek—ek is nie in staat om na die bergstreek te vlug nie, uit vrees dat rampspoed naby my sal bly en ek beslis sal sterf.+ 20  Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug en dit is klein.+ Mag ek asseblief daarheen vlug—is dit nie klein nie?—en my siel sal bly lewe.”+ 21  Toe het hy vir hom gesê: “Kyk, ek neem jou ook hierin in aanmerking,+ deur nie die stad te verwoes waarvan jy gepraat het nie.+ 22  Maak gou! Vlug daarheen, want ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie!”+ Daarom het hy die stad Soar+ genoem. 23  Die son het oor die land opgegaan toe Lot by Soar aankom.+ 24  Toe het Jehovah swael en vuur van Jehovah, uit die hemel, op Sodom en op Gomorʹra laat reën.+ 25  En hy het voortgegaan om hierdie stede te verwoes, ja, die hele Distrik en al die inwoners van die stede en die plante van die grond.+ 26  En sy vrou het agter hom begin omkyk, en sy het ’n soutpilaar geword.+ 27  En Abraham het die oggend vroeg na die plek gegaan waar hy voor Jehovah gestaan het.+ 28  Toe het hy afgekyk in die rigting van Sodom en Gomorʹra en in die rigting van die hele land van die Distrik en dit aanskou. En kyk, dik rook het van die land opgestyg soos die dik rook van ’n droogoond!+ 29  En toe God die stede van die Distrik vernietig het, het God aan Abraham gedink deurdat hy stappe gedoen het om Lot uit die verwoesting weg te stuur toe hy die stede verwoes het waar Lot gewoon het.+ 30  Later het Lot uit Soar opgetrek en in die bergstreek begin woon, en sy twee dogters saam met hom,+ omdat hy bang geword het om in Soar+ te woon. Daarom het hy in ’n grot begin woon, hy en sy twee dogters. 31  En die eersgeborene het vir die jonger vrou gesê: “Ons vader is oud en daar is geen man in die land om met ons gemeenskap te hê volgens die wyse van die hele aarde nie.+ 32  Kom, laat ons vir ons vader wyn gee om te drink+ en laat ons by hom gaan lê en deur ons vader ’n nageslag bewaar.”+ 33  En hulle het gedurende daardie nag vir hulle vader wyn bly gee om te drink;+ toe het die eersgeborene ingegaan en by haar vader gaan lê, maar hy het nie geweet toe sy gaan lê het en toe sy opgestaan het nie. 34  En die volgende dag het die eersgeborene toe vir die jongste gesê: “Kyk, ek het laas nag by my vader gelê. Laat ons ook vannag vir hom wyn gee om te drink. Dan gaan jy in, gaan lê by hom en laat ons deur ons vader ’n nageslag bewaar.” 35  En hulle het ook gedurende daardie nag herhaaldelik vir hulle vader wyn gegee om te drink; toe het die jongste opgestaan en by hom gaan lê, maar hy het nie geweet toe sy gaan lê het en toe sy opgestaan het nie. 36  En al twee die dogters van Lot het by hulle vader swanger geword.+ 37  Na verloop van tyd het die eersgeborene moeder van ’n seun geword en hom Moab+ genoem. Hy is tot vandag toe die vader van Moab.+ 38  Wat die jongste betref, ook sy het geboorte gegee aan ’n seun en hom toe Ben-Ammi genoem. Hy is tot vandag toe die vader van die kinders van Ammon.+

Voetnote