Genesis 2:1-25

2  So is die hemel en die aarde en hulle hele leër voltooi.+  En teen die sewende dag het God sy werk voltooi wat hy gemaak het, en hy het op die sewende dag begin rus van al sy werk wat hy gemaak het.+  En God het die sewende dag begin seën en dit geheilig, omdat hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskep het om dit te maak.+  Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde in die tyd toe hulle geskep is, in die dag toe Jehovah God die aarde en die hemel gemaak het.+  En daar was nog geen struik van die veld op die aarde te vinde nie, en geen plant van die veld het nog uitgespruit nie, want Jehovah God het dit nie op die aarde laat reën nie,+ en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.  Maar ’n mis+ het van die aarde opgegaan en dit het die hele oppervlak van die aarde natgemaak.+  En Jehovah God het die mens uit stof+ van die aarde+ begin vorm en in sy neusgate die asem van die lewe geblaas,+ en die mens het ’n lewende siel geword.+  Verder het Jehovah God ’n tuin in Eden geplant,+ na die ooste, en daar het hy die mens geplaas wat hy gevorm het.+  So het Jehovah God allerhande bome, begeerlik om te sien en goed vir voedsel, uit die grond laat groei, en ook die boom van die lewe+ in die middel van die tuin en die boom van die kennis van goed en kwaad.+ 10  En daar was ’n rivier wat uit Eden uitgegaan het om die tuin nat te maak, en daarvandaan het dit begin verdeel, en dit het as ’t ware vier hooftakke geword. 11  Die eerste se naam is Pison; dit is die een wat om die hele land Haʹwila+ loop, waar daar goud is. 12  En die goud van daardie land is goed.+ Daar is ook die balsemgom+ en die onikssteen.+ 13  En die naam van die tweede rivier is Gihon; dit is die een wat om die hele land Kus loop. 14  En die naam van die derde rivier is Hiddeʹkel;+ dit is die een wat oos van Assiʹrië+ loop. En die vierde rivier is die Eufraat.+ 15  En Jehovah God het toe die mens geneem en hom in die tuin van Eden+ geplaas om dit te bewerk en daarvoor te sorg.+ 16  En Jehovah God het aan die mens ook hierdie bevel gegee: “Van al die bome van die tuin mag jy tot versadiging toe eet.+ 17  Maar wat die boom van die kennis van goed en kwaad betref, daarvan mag jy nie eet nie, want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterf.”+ 18  En Jehovah God het verder gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen bly nie. Ek gaan vir hom ’n helper maak, as ’n komplement van hom.”+ 19  En Jehovah God het uit die grond al die wilde diere van die veld en al die voëls van die hemel gevorm, en hy het hulle na die mens toe begin bring om te sien wat hy elkeen sou noem; en wat die mens hom, elke lewende siel,+ ook al genoem het, dit was sy naam.+ 20  So het die mens dan name gegee aan al die mak diere en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens is daar geen helper as ’n komplement van hom gevind nie. 21  Jehovah God het derhalwe ’n diep slaap+ op die mens laat val, en terwyl hy geslaap het, het hy een van sy ribbebene geneem en toe die vlees oor die plek daarvan toegemaak. 22  En daarna het Jehovah God die ribbebeen wat hy van die mens geneem het, tot ’n vrou gebou en haar na die mens toe gebring.+ 23  Toe het die mens gesê:“Dit is eindelik been van my gebeenteEn vlees van my vlees.+Sy sal Mannin genoem word,Want sy is uit die man geneem.”+ 24  Daarom sal ’n man sy vader en sy moeder verlaat,+ en hy sal sy vrou aankleef en hulle sal een vlees word.+ 25  En hulle twee het naak gebly,+ die mens en sy vrou, en nogtans het hulle hulle nie geskaam nie.+

Voetnote