Genesis 20:1-18

20  En Abraham het daarvandaan kamp verskuif+ na die land van die Negeb en tussen Kades+ en Sur+ gaan woon en as ’n vreemdeling in Gerar+ gewoon.  En Abraham het weer van sy vrou Sara gesê: “Sy is my suster.”+ Toe het Abimeʹleg, die koning van Gerar, gestuur en Sara geneem.+  Daarop het God in die nag in ’n droom by Abimeʹleg gekom en vir hom gesê: “Kyk, jy is so goed as dood weens die vrou wat jy geneem het,+ aangesien sy aan ’n ander eienaar as vrou behoort.”+  Abimeʹleg het egter nie naby haar gegaan nie.+ Hy het derhalwe gesê: “Jehovah, sal u ’n nasie doodmaak wat werklik regverdig is?+  Het hy nie vir my gesê: ‘Sy is my suster’ nie? en sy—het sy nie ook gesê: ‘Hy is my broer’ nie? In die opregtheid van my hart en met onskuld van my hande het ek dit gedoen.”+  Daarop het die ware God vir hom in ’n droom gesê: “Ek het ook geweet dat jy dit in die opregtheid van jou hart gedoen het,+ en ek het jou ook daarvan teruggehou om teen my te sondig.+ Daarom het ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.+  Maar gee nou die man se vrou terug, want hy is ’n profeet,+ en hy sal smeekbedes vir jou doen.+ Bly sodoende lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterf, jy en almal wat aan jou behoort.”+  En Abimeʹleg het die oggend vroeg opgestaan en al sy knegte geroep en al hierdie dinge voor hulle ore vertel. En die manne het baie bang geword.  Toe het Abimeʹleg Abraham geroep en vir hom gesê: “Wat het jy ons aangedoen, en watter sonde het ek teen jou begaan, dat jy oor my en my koninkryk ’n groot sonde gebring het?+ Dade wat nie gedoen mag word nie, het jy in verband met my gedoen.”+ 10  En Abimeʹleg het verder vir Abraham gesê: “Met watter doel voor oë het jy dit gedoen?”+ 11  Hierop het Abraham gesê: “Dit was omdat ek by myself gesê het: ‘Daar is ongetwyfeld geen vrees vir God in hierdie plek nie,+ en hulle sal my beslis doodmaak vanweë my vrou.’+ 12  En sy is buitendien werklik my suster, die dogter van my vader, maar nie die dogter van my moeder nie; en sy het my vrou geword.+ 13  En toe God my van die huis van my vader af laat rondswerf het,+ het ek vir haar gesê: ‘Dít is jou liefderyke goedhartigheid+ wat jy teenoor my kan bewys: Op elke plek waar ons sal kom, moet jy van my sê: “Hy is my broer.”’”+ 14  Toe het Abimeʹleg skape en beeste en diensknegte en diensmeisies geneem en hulle aan Abraham gegee en sy vrou Sara aan hom teruggegee.+ 15  Abimeʹleg het verder gesê: “Kyk, my land is tot jou beskikking. Woon waar dit goed is in jou oë.”+ 16  En vir Sara het hy gesê: “Hier gee ek jou broer+ duisend silwergeldstukke. Kyk, dit is vir jou ’n bedekking+ van die oë met betrekking tot almal wat by jou is, en voor elkeen, en jy is van smaad gesuiwer.” 17  En Abraham het smeekbedes tot die ware God begin doen;+ en God het Abimeʹleg en sy vrou en sy slavinne gesond gemaak, en hulle het kinders begin baar. 18  Want Jehovah het elke moederskoot van die huis van Abimeʹleg heeltemal toegesluit weens Sara, Abraham se vrou.+

Voetnote