Genesis 21:1-34

21  En Jehovah het sy aandag op Sara gerig net soos hy gesê het, en Jehovah het toe aan Sara gedoen net soos hy gesê het.+  En Sara het swanger geword+ en toe vir Abraham op sy oudag ’n seun gebaar op die vasgestelde tyd wat God vir hom gesê het.+  Gevolglik het Abraham sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak+ genoem.  En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, net soos God hom beveel het.+  En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is.  Toe het Sara gesê: “God het vir my ’n gelag berei: almal wat daarvan hoor, sal vir my lag.”+  En sy het bygevoeg: “Wie sou vir Abraham gesê het: ‘Sara sal beslis kinders soog’, aangesien ek op sy oudag aan ’n seun geboorte gegee het?”  En die kind het opgegroei en is gespeen;+ en Abraham het toe ’n groot feesmaal berei op die dag waarop Isak gespeen is.  En Sara het deurentyd opgemerk dat die seun van die Egiptiese vrou Hagar,+ wat sy vir Abraham gebaar het, spot.+ 10  Toe het sy vir Abraham begin sê: “Verdryf hierdie slavin en haar seun, want die seun van hierdie slavin sal nie saam met my seun, saam met Isak, ’n erfgenaam wees nie!”+ 11  Maar die saak aangaande sy seun het Abraham baie mishaag.+ 12  Toe het God vir Abraham gesê: “Moenie dat enigiets wat Sara vir jou oor die seun en oor jou slavin bly sê, jou mishaag nie. Luister na haar stem, want wat jou saad genoem sal word, sal deur middel van Isak wees.+ 13  En wat die seun van die slavin betref,+ ek sal hom ook ’n nasie maak, want hy is jou nakomeling.”+ 14  Toe het Abraham die oggend vroeg opgestaan en brood en ’n leerwatersak geneem en dit vir Hagar gegee+ deur dit op haar skouer te sit, en die kind,+ en haar toe weggestuur. En sy het weggegaan en in die wildernis van Berseʹba+ rondgedwaal. 15  Uiteindelik het die water in die leersak opgeraak,+ en sy het die kind onder een van die struike gegooi.+ 16  Toe het sy verder gegaan en alleen gaan sit, omtrent ’n boogskoot daarvandaan, want sy het gesê: “Laat my nie sien wanneer die kind sterf nie.”+ En sy het op ’n afstand gaan sit en haar stem begin verhef en gehuil.+ 17  Daarop het God die stem van die seun gehoor,+ en God se engel het uit die hemel na Hagar geroep en vir haar gesê:+ “Wat makeer jou, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het geluister na die stem van die seun daar waar hy is. 18  Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want ek sal hom ’n groot nasie maak.”+ 19  Toe het God haar oë geopen sodat sy ’n waterput gesien het;+ en sy het gegaan en die leersak vol water begin maak en die seun laat drink. 20  En God was voortdurend met die seun,+ en hy het opgegroei en in die wildernis gewoon; en hy het ’n boogskutter geword.+ 21  En hy het in die wildernis Paran+ gaan woon, en sy moeder het vir hom ’n vrou uit Egipteland geneem. 22  En in dié tyd het Abimeʹleg asook Pikol, sy leërhoof, vir Abraham gesê: “God is met jou in alles wat jy doen.+ 23  Sweer dan nou hier by God+ vir my dat jy nie aan my en aan my nakomelinge en aan my nageslag ontrou sal wees nie;+ dat jy, volgens die lojale liefde waarmee ek jou behandel het,+ met my sal handel en met die land waarin jy tot nou toe as ’n vreemdeling gewoon het.”+ 24  Daarop het Abraham gesê: “Ek sal sweer.”+ 25  Toe Abraham Abimeʹleg skerp kritiseer in verband met die waterput wat die knegte van Abimeʹleg met geweld weggeneem het,+ 26  het Abimeʹleg gesê: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my ook nie daarvan vertel nie, en ek het ook nie daarvan gehoor voor vandag nie.”+ 27  Daarop het Abraham skape en beeste geneem en dit aan Abimeʹleg gegee,+ en hulle twee het ’n verbond gesluit.+ 28  Toe Abraham sewe ooilammers van die kleinvee eenkant sit, 29  het Abimeʹleg verder vir Abraham gesê: “Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy eenkant gesit het?” 30  Toe het hy gesê: “Jy moet die sewe ooilammers uit my hand aanvaar, sodat dit vir my as ’n getuienis kan dien+ dat ek hierdie put gegrawe het.” 31  Daarom het hy daardie plek Berseʹba+ genoem, omdat hulle twee daar ’n eed afgelê het. 32  So het hulle ’n verbond by Berseʹba gesluit,+ waarna Abimeʹleg asook Pikol, sy leërhoof, opgestaan en na die land van die Filistyne+ teruggekeer het. 33  Daarna het hy ’n tamariskboom by Berseʹba geplant en daar die naam van Jehovah, die God wat tot onbepaalde tyd bestaan,+ aangeroep.+ 34  En Abraham het sy verblyf as ’n vreemdeling in die land van die Filistyne baie dae verleng.+

Voetnote