Genesis 23:1-20

23  En Sara se lewensdae was honderd-sewe-en-twintig jaar. Dit was die lewensjare van Sara.+  En Sara het gesterf in Kirjat-Arba,+ dit wil sê Hebron,+ in die land Kanaän,+ en Abraham het ingekom om oor Sara te weeklaag en te huil.  Toe het Abraham van sy afgestorwene af opgestaan en met die seuns van Het+ gepraat en gesê:  “Ek is ’n inwonende vreemdeling en bywoner onder julle.+ Gee my ’n graf as besitting onder julle sodat ek my afgestorwene weg van my oë kan begrawe.”+  Hierop het die seuns van Het Abraham geantwoord en vir hom gesê:  “Luister na ons, my heer.+ U is ’n owerste van God in ons midde.+ Begrawe u afgestorwene in die beste graf wat ons het.+ Niemand van ons sal u sy graf ontsê om te verhinder dat u u afgestorwene begrawe nie.”+  Daarop het Abraham opgestaan en hom voor die inwoners van die land, voor die seuns van Het,+ neergebuig+  en met hulle gepraat en gesê: “As julle siel instem om my afgestorwene weg van my oë te begrawe, luister dan na my en dring vir my aan by Efron, die seun van Sohar,+  dat hy aan my die grot van Magpeʹla+ gee, wat syne is, wat aan die verste punt van sy veld is. Laat hy dit vir die volle bedrag in silwer aan my gee om dit as ’n graf onder julle te besit.”+ 10  En Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe het Efron, die Hetiet,+ Abraham ten aanhore van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingaan, geantwoord en gesê:+ 11  “Nee, my heer! Luister na my. Die veld gee ek aan u, en die grot wat daarin is, dit gee ek aan u. Voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u.+ Begrawe u afgestorwene.” 12  Daarop het Abraham hom voor die inwoners van die land neergebuig 13  en ten aanhore van die inwoners van die land met Efron gepraat en gesê: “Net as u—nee, luister na my! Ek sal u die bedrag in silwer vir die veld gee. Neem dit van my aan,+ sodat ek my afgestorwene daar kan begrawe.” 14  Toe het Efron Abraham geantwoord en vir hom gesê: 15  “My heer, luister na my. ’n Stuk grond wat vierhonderd silwersikkels werd is, wat is dit tussen my en u? Begrawe dan nou u afgestorwene.”+ 16  Toe het Abraham na Efron geluister, en Abraham het aan Efron die bedrag in silwer afgeweeg waarvan hy ten aanhore van die seuns van Het gepraat het, vierhonderd silwersikkels, gangbaar by die koopmanne.+ 17  So is die veld van Efron wat in Magpeʹla was, wat teenoor Mamre lê, die veld en die grot wat daarin was en al die bome wat in die veld was,+ wat binne al die grense daarvan rondom was, oorgedra+ 18  aan Abraham as sy gekoopte eiendom voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingaan.+ 19  En daarna het Abraham sy vrou Sara begrawe in die grot van die veld van Magpeʹla teenoor Mamre, dit wil sê Hebron, in die land Kanaän.+ 20  So is die veld en die grot wat daarin was, uit die hande van die seuns van Het aan Abraham oorgedra om dit as ’n graf te besit.+

Voetnote