Genesis 25:1-34

25  En Abraham het weer ’n vrou geneem, en haar naam was Ketuʹra.+  Met verloop van tyd het sy vir hom Simran en Joksan en Medan en Miʹdian+ en Jisbak en Suag+ gebaar.  En Joksan het die vader van Skeba+ en Dedan+ geword. En die seuns van Dedan het Asʹsurim en Leʹtusim en Leʹümmim geword.  En die seuns van Miʹdian was Efa+ en Efer en Hanog en Abiʹda en Elʹdaä.+ Hulle almal was die seuns van Ketuʹra.  Later het Abraham alles wat hy gehad het, aan Isak gegee,+  maar aan die seuns van die byvrouens wat Abraham gehad het, het Abraham geskenke gegee.+ Toe het hy hulle, terwyl hy nog gelewe het, van sy seun Isak af weggestuur,+ ooswaarts, na die land van die Ooste.+  En dit is die dae van Abraham se lewensjare wat hy gelewe het, honderd-vyf-en-sewentig jaar.  Toe het Abraham die laaste asem uitgeblaas en op ’n goeie ouderdom gesterf, oud en tevrede, en hy is tot sy volk versamel.+  Toe het sy seuns Isak en Isʹmael hom begrawe in die grot van Magpeʹla, in die veld van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat teenoor Mamre+ lê, 10  die veld wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe, en ook sy vrou Sara.+ 11  En ná Abraham se dood het God voortgegaan om sy seun Isak te seën,+ en Isak het naby Beër-Lahai-Roï+ gewoon. 12  En dit is die geskiedenis van Isʹmael,+ die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese vrou, die diensmeisie van Sara, vir Abraham gebaar het.+ 13  En dít is die name van die seuns van Isʹmael, volgens hulle name, volgens hulle familieafkoms: Isʹmael se eersgeborene Neʹbajot+ en Kedar+ en Adʹbeël en Mibsam+ 14  en Misma en Duma en Massa, 15  Hadad+ en Tema,+ Jetur, Nafis en Kedma.+ 16  Dit is die seuns van Isʹmael, en dit is hulle name volgens hulle nedersettings en volgens hulle ommuurde kampe:+ twaalf owerstes volgens hulle stamgroepe.+ 17  En dit is die jare van Isʹmael se lewe, honderd-sewe-en-dertig jaar. Toe het hy die laaste asem uitgeblaas en gesterf en is hy tot sy volk versamel.+ 18  En hulle het begin woon van Haʹwila+ naby Sur,+ wat teenoor Egipte lê, tot by Assiʹrië. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.+ 19  En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham.+ Abraham het die vader van Isak geword. 20  En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Beʹtuel,+ die Siriër+ van Paddan-Aram, die suster van Laban, die Siriër, as vrou geneem het. 21  En Isak het Jehovah veral vir sy vrou dringend bly versoek,+ omdat sy onvrugbaar was;+ en Jehovah het sy dringende versoeke aangehoor,+ en sy vrou Rebekka het swanger geword. 22  En die seuns binne-in haar het met mekaar begin worstel,+ sodat sy gesê het: “As dit is hoe dit gaan, waarom lewe ek dan?” Daarop het sy Jehovah gaan raadpleeg.+ 23  En Jehovah het vir haar gesê: “Twee nasies is in jou moederskoot,+ en twee volksgroepe sal uit jou liggaam geskei word;+ en die een volksgroep sal sterker wees as die ander volksgroep,+ en die oudste sal die jongste dien.”+ 24  Geleidelik is haar dae vervul om geboorte te gee, en kyk! ’n tweeling was in haar moederskoot.+ 25  Toe het die eerste uitgekom, geheel en al rooi soos ’n ampskleed van hare;+ daarom het hulle hom Esau+ genoem. 26  En daarna het sy broer uitgekom en sy hand het aan die hakskeen van Esau vasgehou;+ daarom is hy Jakob+ genoem. En Isak was sestig jaar oud toe sy aan hulle geboorte gegee het. 27  En die seuns het groter geword, en Esau het ’n man geword wat geweet het hoe om te jag,+ ’n man van die veld, maar Jakob ’n onberispelike man+ wat in tente gewoon het.+ 28  En Isak was lief vir Esau, want dit het wildsvleis in sy mond beteken, terwyl Rebekka Jakob liefgehad het.+ 29  Eenkeer was Jakob besig om ’n gereg te kook toe Esau uit die veld gekom het en hy moeg was. 30  Toe het Esau vir Jakob gesê: “Gee my asseblief gou ’n sluk van die rooi goed—die rooi goed daar, want ek is moeg!” Daarom is hy Edom+ genoem. 31  Hierop het Jakob gesê: “Verkoop eers jou eersgeboortereg+ aan my!” 32  En Esau het verder gesê: “Kyk, ek gaan tog sterf, en van watter nut is ’n geboortereg dan vir my?” 33  En Jakob het bygevoeg: “Sweer eers vir my!”+ En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.+ 34  En Jakob het vir Esau brood en die lensiegereg gegee, en hy het geëet en gedrink.+ Toe het hy opgestaan en weggegaan. So het Esau die geboortereg verag.+

Voetnote