Genesis 26:1-35

26  En daar het ’n hongersnood in die land ontstaan, afgesien van die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham voorgekom het,+ sodat Isak getrek het na Abimeʹleg, die koning van die Filistyne, na Gerar.+  Toe het Jehovah aan hom verskyn en gesê:+ “Moenie aftrek na Egipte nie. Woon in die land wat ek jou aanwys.+  Woon as ’n vreemdeling in hierdie land,+ en ek sal voortdurend met jou wees en jou seën, want aan jou en aan jou saad sal ek al hierdie lande gee,+ en ek sal die beëdigde verklaring nakom wat ek vir jou vader Abraham gesweer het:+  ‘En ek sal jou saad vermeerder soos die sterre van die hemel en ek sal aan jou saad al hierdie lande gee;+ en deur middel van jou saad sal al die nasies van die aarde hulleself beslis seën’,+  omdat Abraham na my stem geluister het en sy verpligtinge teenoor my, my gebooie, my insettinge en my wette voortdurend onderhou het.”+  Toe het Isak in Gerar gebly.+  Wel, die manne van die plek het aanhoudend oor sy vrou gevra, en hy het gesê: “Sy is my suster.”+ Want hy was bang om te sê: “My vrou”, uit vrees dat, soos hy dit gestel het, “die manne van die plek my sou doodmaak vanweë Rebekka”, want sy was aantreklik in voorkoms.+  En toe hy al ’n lang ruk daar was, het Abimeʹleg, die koning van die Filistyne, by die venster uitgekyk en gesien, en daar was Isak besig om ’n aangename tyd met sy vrou Rebekka te hê.+  Abimeʹleg het Isak onmiddellik geroep en gesê: “Kyk, sy is niemand anders as jou vrou nie! Hoe is dit dan dat jy gesê het: ‘Sy is my suster’?” Hierop het Isak vir hom gesê: “Ek het dit gesê uit vrees dat ek ter wille van haar sou sterf.”+ 10  Maar Abimeʹleg het verder gesê: “Wat het jy ons aangedoen?+ Nog ’n rukkie en een van die mense sou beslis by jou vrou gaan lê het, en jy sou skuld oor ons gebring het!”+ 11  Toe het Abimeʹleg die hele volk beveel en gesê: “Enigiemand wat hierdie man en sy vrou aanraak, sal gewis doodgemaak word!” 12  Later het Isak saad begin saai in daardie land,+ en in daardie jaar het hy tot honderd mate uit een gekry,+ aangesien Jehovah hom geseën het.+ 13  Gevolglik het die man groot geword en al hoe meer vooruitgegaan en groter geword totdat hy baie groot was.+ 14  En hy het kuddes skape en troppe beeste en ’n groot groep knegte gehad,+ sodat die Filistyne afgunstig op hom geword het.+ 15  Wat al die putte betref wat die knegte van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het,+ dié het die Filistyne toegestop, en hulle het dit met droë grond gevul.+ 16  Uiteindelik het Abimeʹleg vir Isak gesê: “Trek uit ons omgewing weg, want jy het baie sterker as ons geword.”+ 17  Daarop het Isak daarvandaan weggetrek en in die Gerarstroomvallei+ kamp opgeslaan en daar begin woon. 18  En Isak het die waterputte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, maar wat die Filistyne ná Abraham se dood toegestop het;+ en hy het hulle weer genoem volgens die name wat sy vader hulle gegee het.+ 19  En die knegte van Isak het voortgegaan om in die stroomvallei te grawe, en so het hulle daar ’n put met vars water gevind. 20  En die herders van Gerar het met die herders van Isak begin rusie maak+ en gesê: “Dit is ons water!” Hy het derhalwe die put Esek genoem, omdat hulle met hom getwis het. 21  En hulle het ’n ander put gegrawe, en hulle het ook daaroor begin rusie maak. Hy het dit derhalwe Sitna genoem. 22  Later het hy daarvandaan weggetrek en nog ’n put gegrawe,+ maar hulle het nie daaroor rusie gemaak nie. Hy het dit derhalwe Reʹhobot genoem en gesê: “Dit is omdat Jehovah ons nou genoeg ruimte gegee het+ en ons vrugbaar gemaak het op die aarde.”+ 23  Toe het hy daarvandaan na Berseʹba+ opgetrek. 24  En gedurende daardie nag het Jehovah aan hom verskyn en gesê: “Ek is die God van jou vader Abraham.+ Moenie bang wees nie,+ want ek is met jou, en ek sal jou seën en jou saad vermeerder ter wille van my kneg Abraham.”+ 25  Gevolglik het hy ’n altaar daar gebou en die naam van Jehovah aangeroep+ en sy tent daar opgeslaan,+ en die knegte van Isak het ’n put daar gegrawe. 26  Later het Abimeʹleg van Gerar af na hom toe gekom saam met Ahusʹsat, sy vertroude vriend, en Pikol, sy leërhoof.+ 27  Hierop het Isak vir hulle gesê: “Waarom het julle na my toe gekom, aangesien julle my gehaat het en my dus uit julle omgewing weggestuur het?”+ 28  Daarop het hulle gesê: “Ons het duidelik gesien dat Jehovah met jou is.+ Ons het derhalwe gesê: ‘Laat daar asseblief ’n eed van verpligting tussen ons wees,+ tussen ons en jou, en laat ons ’n verbond met jou sluit,+ 29  dat jy ons geen kwaad sal aandoen nie, net soos ons jou nie aangeraak het nie en net soos ons alleenlik goed aan jou gedoen het deurdat ons jou in vrede weggestuur het.+ Jy is dan nou die geseënde van Jehovah.’”+ 30  Toe het hy vir hulle ’n feesmaal klaargemaak, en hulle het geëet en gedrink.+ 31  Die volgende oggend het hulle vroeg opgestaan, en hulle het beëdigde verklarings teenoor mekaar afgelê.+ Daarna het Isak hulle weggestuur, en hulle het in vrede van hom af weggegaan.+ 32  En daardie dag het die knegte van Isak gekom en aan hom berig gebring aangaande die put wat hulle gegrawe het+ en vir hom gesê: “Ons het water gevind!” 33  Hy het dit derhalwe Siba genoem. Daarom is die naam van die stad tot vandag toe Berseʹba.+ 34  En Esau het veertig jaar oud geword. Toe het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, as vrou geneem, en ook Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.+ 35  En hulle was vir Isak en Rebekka ’n bron van bitterheid van gees.+

Voetnote