Genesis 28:1-22

28  Gevolglik het Isak Jakob geroep en hom geseën en hom beveel en vir hom gesê: “Jy mag nie ’n vrou uit die dogters van Kanaän neem nie.+  Staan op, gaan na Paddan-Aram, na die huis van Beʹtuel, die vader van jou moeder, en neem daar vir jou ’n vrou uit die dogters van Laban, die broer van jou moeder.+  En God die Almagtige sal jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, en jy sal beslis ’n versameling van volke word.+  En hy sal aan jou die seën van Abraham gee,+ aan jou en jou saad by jou,+ sodat jy die land van jou vreemdelingskap,+ wat God aan Abraham gegee het,+ in besit kan neem.”  So het Isak Jakob weggestuur, en hy het na Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van Beʹtuel, die Siriër,+ die broer van Rebekka,+ die moeder van Jakob en Esau.+  Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën het en hom na Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te neem, en dat hy hom, toe hy hom geseën het, beveel het deur te sê: “Moenie ’n vrou uit die dogters van Kanaän neem nie”,+  en dat Jakob sy vader en sy moeder gehoorsaam het en op pad na Paddan-Aram+ was,  het Esau gesien dat die dogters van Kanaän nie welgevallig was in die oë van sy vader Isak nie.+  Esau het derhalwe na Isʹmael toe gegaan en Maʹhalat, die dogter van Isʹmael, die seun van Abraham, die suster van Neʹbajot, by sy ander vrouens as vrou geneem.+ 10  En Jakob het uit Berseʹba getrek en verder gegaan na Haran.+ 11  Na verloop van tyd het hy by ’n plek gekom en hom klaargemaak om daar te oornag omdat die son ondergegaan het. Toe het hy een van die klippe van die plek geneem en dit as sy kopstut neergesit en op dié plek gaan lê.+ 12  En hy het begin droom,+ en kyk! daar was ’n leer wat op die aarde gestaan het en waarvan die top tot aan die hemel gereik het; en kyk! God se engele het daarmee op- en afgeklim.+ 13  En kyk! Jehovah het boaan gestaan, en hy het gesê:+ “Ek is Jehovah, die God van jou vader Abraham en die God van Isak.+ Die land waarop jy lê, gaan ek aan jou en aan jou saad gee.+ 14  En jou saad sal beslis soos die stofdeeltjies van die aarde word,+ en jy sal beslis na die weste en na die ooste en na die noorde en na die suide uitbrei,+ en deur middel van jou en deur middel van jou saad sal al die families van die aarde hulleself beslis seën.+ 15  En kyk, ek is met jou en ek sal jou bewaar oral waar jy gaan en ek sal jou na hierdie grond terugbring,+ want ek sal jou nie verlaat totdat ek gedoen het wat ek vir jou gesê het nie.”+ 16  Toe het Jakob uit sy slaap wakker geword en gesê: “Waarlik, Jehovah is op hierdie plek, en ek het dit nie geweet nie.” 17  En hy het bevrees geword en bygevoeg:+ “Hoe vreesinboesemend is hierdie plek tog!+ Dit is niks anders as die huis van God+ nie en dit is die poort van die hemel.” 18  Toe het Jakob die oggend vroeg opgestaan en die klip geneem wat daar as sy kopstut gelê het, en hy het dit as ’n pilaar opgerig en olie daarop uitgegiet.+ 19  Verder het hy dié plek Bet-El+ genoem; maar die stad se naam was vroeër eintlik Lus.+ 20  En Jakob het ’n gelofte gedoen+ en gesê: “As God voortdurend met my sal wees en my beslis op hierdie weg sal bewaar waarop ek gaan en my beslis brood sal gee om te eet en klere om te dra+ 21  en ek beslis in vrede na die huis van my vader sal terugkeer, dan sal Jehovah my God wees.+ 22  En hierdie klip wat ek as ’n pilaar opgerig het, sal ’n huis van God word,+ en van alles wat u my sal gee, sal ek vir seker ’n tiende daarvan aan u gee.”+

Voetnote