Genesis 29:1-35

29  Daarna het Jakob sy voete gelig en na die land van die Oosterlinge+ voortgereis.  En hy het gesien, en kyk, daar was ’n put in die veld en kyk, drie troppe skape het daarby gelê, want uit daardie put het hulle gewoonlik die troppe water gegee;+ en daar was ’n groot klip op die opening van die put.+  Wanneer al die troppe daar versamel is, het hulle die klip van die opening van die put weggerol en die kleinvee water gegee, waarna hulle die klip weer op sy plek op die opening van die put gesit het.  En Jakob het vir hulle gesê: “My broers, van waar is julle?” waarop hulle gesê het: “Ons is van Haran.”+  Toe het hy vir hulle gesê: “Ken julle vir Laban,+ die kleinseun van Nahor?”+ waarop hulle gesê het: “Ons ken hom.”  Hierop het hy vir hulle gesê: “Gaan dit goed met hom?”+ Toe het hulle gesê: “Dit gaan goed. En hier kom sy dogter Ragel+ met die skape!”+  En hy het gesê: “Kyk, die dag is nog lank. Dit is nie die tyd om die kuddes te versamel nie. GEE die skape water en gaan dan en laat hulle wei.”+  Hierop het hulle gesê: “Ons mag dit nie doen voordat al die troppe versamel is en hulle die klip van die opening van die put wegrol nie. Dan moet ons die skape water gee.”  Terwyl hy nog met hulle gepraat het, het Ragel+ gekom met die skape wat aan haar vader behoort het, want sy was ’n herderin.+ 10  En toe Jakob Ragel, die dogter van Laban, sy moeder se broer, sien en die skape van Laban, sy moeder se broer, het Jakob onmiddellik nader gegaan en die klip van die opening van die put weggerol en die skape van Laban, sy moeder se broer, water gegee.+ 11  Toe het Jakob Ragel gesoen+ en sy stem verhef en in trane uitgebars.+ 12  En Jakob het Ragel begin vertel dat hy die broer+ van haar vader is en dat hy die seun van Rebekka is. En sy het gehardloop en haar vader gaan vertel.+ 13  En toe Laban die berig hoor oor Jakob, die seun van sy suster, het hy hom tegemoetgehardloop.+ Toe het hy hom omhels en hom gesoen en hom in sy huis ingebring.+ En hy het al hierdie dinge vir Laban begin vertel. 14  Daarna het Laban vir hom gesê: “Jy is waarlik my been en my vlees.”+ En hy het ’n volle maand by hom gebly. 15  Daarna het Laban vir Jakob gesê: “Is jy my broer,+ en moet jy my verniet dien?+ Sê my: Wat moet jou loon wees?”+ 16  En Laban het twee dogters gehad. Die naam van die oudste was Lea,+ en die naam van die jongste Ragel. 17  Maar die oë van Lea het geen glans gehad nie, terwyl Ragel+ pragtig van gestalte en pragtig van gelaat geword het.+ 18  En Jakob was verlief op Ragel. Daarom het hy gesê: “Ek is bereid om u sewe jaar te dien vir Ragel, u jongste dogter.”+ 19  Hierop het Laban gesê: “Dit is beter dat ek haar aan jou gee as dat ek haar aan ’n ander man gee.+ Bly by my.” 20  En Jakob het sewe jaar vir Ragel gedien,+ maar weens sy liefde vir haar was dit soos ’n paar dae in sy oë.+ 21  Daarna het Jakob vir Laban gesê: “Gee my vrou, want my dae is om, en laat ek met haar gemeenskap hê.”+ 22  Daarop het Laban al die mense van die plek versamel en ’n feesmaal klaargemaak.+ 23  Maar gedurende die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom toe gebring sodat hy met haar gemeenskap kon hê. 24  Ook het Laban sy diensmeisie Silpa+ aan haar, ja, aan sy dogter Lea, as ’n diensmeisie gegee. 25  En in die oggend, kyk, dit was Lea! Gevolglik het hy vir Laban gesê: “Wat het u my aangedoen? Was dit nie vir Ragel dat ek by u in diens was nie? Waarom het u my dan bedrieg?”+ 26  Hierop het Laban gesê: “Dit is in ons plek nie gebruiklik om so te maak nie, om die jonger vrou voor die eersgeborene te gee nie. 27  Vier+ die volle week van hierdie vrou. Daarna sal hierdie ander vrou ook aan jou gegee word vir die diens waarmee jy nog sewe jaar by my kan dien.”+ 28  Gevolglik het Jakob dit gedoen en die volle week van dié vrou gevier, waarna hy hom sy dogter Ragel as vrou gegee het. 29  Daarbenewens het Laban sy diensmeisie Bilha+ aan sy dogter Ragel as haar diensmeisie gegee. 30  Toe het hy ook met Ragel gemeenskap gehad en ook aan Ragel meer liefde betoon as aan Lea,+ en hy was nog sewe jaar by hom in diens.+ 31  Toe Jehovah sien dat Lea gehaat word, het hy haar moederskoot geopen,+ maar Ragel was onvrugbaar.+ 32  En Lea het swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee en hom toe Ruben+ genoem, want sy het gesê: “Dit is omdat Jehovah my ellende aangesien het,+ want nou sal my man my liefkry.” 33  En sy het weer swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee en toe gesê: “Dit is omdat Jehovah geluister het,+ want ek is gehaat, en daarom het hy my ook hierdie een gegee.” Sy het hom derhalwe Siʹmeon+ genoem. 34  En sy het weer eens swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee en toe gesê: “Hierdie keer sal my man hom met my verbind, want ek het vir hom drie seuns gebaar.” Daarom is hy Levi+ genoem. 35  En sy het weer eens swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee en toe gesê: “Hierdie keer sal ek Jehovah prys.” Sy het hom derhalwe Juda+ genoem. Daarna het sy opgehou met baar.

Voetnote