Genesis 3:1-24

3  En die slang+ was die versigtigste+ van al die wilde diere van die veld wat Jehovah God gemaak het.+ Toe het hy vir die vrou begin sê:+ “Is dit werklik so dat God gesê het dat julle nie van al die bome van die tuin mag eet nie?”+  Hierop het die vrou vir die slang gesê: “Van die vrugte van die bome van die tuin mag ons eet.+  Maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is,+ het God gesê: ‘Julle mag daarvan nie eet nie, nee, julle mag daaraan nie raak nie, sodat julle nie sterf nie.’”+  Hierop het die slang vir die vrou gesê: “Julle sal sekerlik nie sterf nie.+  Want God weet dat die dag as julle daarvan eet, julle oë sekerlik geopen sal word en julle sekerlik soos God sal word deur goed en kwaad te KEN.”+  Gevolglik het die vrou gesien dat die boom goed is vir voedsel en dat dit ’n lus vir die oë is, ja, die boom was begeerlik om na te kyk.+ Toe het sy van sy vrugte begin neem en dit geëet. Daarna het sy ook vir haar man daarvan gegee toe hy by haar was, en hy het dit begin eet.+  Toe is hulle al twee se oë geopen, en hulle het begin besef dat hulle naak is.+ Hulle het derhalwe vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle lendebedekkings gemaak.+  Later het hulle die stem van Jehovah God gehoor, wat omstreeks die tyd van die dag wanneer daar ’n briesie waai, in die tuin gewandel het,+ en die mens en sy vrou het hulle tussen die bome van die tuin vir die aangesig van Jehovah God gaan verberg.+  En Jehovah God het na die mens bly roep en vir hom gesê: “Waar is jy?”+ 10  Uiteindelik het hy gesê: “Ek het u stem in die tuin gehoor, maar ek was bang omdat ek naak is, en daarom het ek weggekruip.”+ 11  Daarop het hy gesê: “Wie het jou vertel dat jy naak is?+ Het jy geëet van die boom waarvan ek jou beveel het om nie te eet nie?”+ 12  En die mens het gesê: “Die vrou wat u gegee het om by my te wees, sy het vir my vrugte van die boom gegee, en daarom het ek geëet.”+ 13  Daarop het Jehovah God vir die vrou gesê: “Wat het jy nou gedoen?” Hierop het die vrou geantwoord: “Die slang—hy het my bedrieg, en daarom het ek geëet.”+ 14  En Jehovah God het vir die slang gesê:+ “Omdat jy hierdie ding gedoen het, is jy die vervloekte onder al die mak diere en onder al die wilde diere van die veld. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet al die dae van jou lewe.+ 15  En ek+ sal vyandskap+ stel tussen jou+ en die vrou+ en tussen jou saad+ en haar saad.+ Hy+ sal jou+ kop vermorsel,+ en jy+ sal hom+ in die hakskeen wond.”+ 16  Vir die vrou het hy gesê: “Ek sal die pyn van jou swangerskap+ grootliks vermeerder; met geboortepyne sal jy kinders voortbring,+ en jou begeerte sal na jou man wees, en hy sal oor jou heers.”+ 17  En vir Adam het hy gesê: “Omdat jy na jou vrou se stem geluister het en van die boom begin eet het waarvan ek jou hierdie bevel gegee het:+ ‘Jy mag daarvan nie eet nie’—vervloek is die grond weens jou.+ Met pyn sal jy die opbrengs daarvan eet al die dae van jou lewe.+ 18  En dorings en dissels sal dit vir jou voortbring,+ en jy sal die plante van die veld eet. 19  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy na die grond terugkeer, want daaruit is jy geneem.+ Want stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.”+ 20  Hierna het Adam sy vrou Eva genoem,+ omdat sy die moeder moes word van almal wat lewe.+ 21  En Jehovah God het vir Adam en vir sy vrou lang kledingstukke van vel gemaak en dit vir hulle aangetrek.+ 22  En Jehovah God het verder gesê: “Kyk, die mens het soos een van ons geword deur goed en kwaad te ken,+ en nou, sodat hy nie sy hand uitsteek en werklik ook vrugte van die boom van die lewe+ neem en eet en tot onbepaalde tyd lewe nie—” 23  Daarop het Jehovah God hom uit die tuin van Eden gesit+ om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.+ 24  En so het hy die mens uitgedryf en die gerubs+ en die vlammende lem van ’n immer draaiende swaard aan die oostekant van die tuin van Eden+ geplaas om die weg na die boom van die lewe te bewaak.

Voetnote