Genesis 30:1-43

30  Toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kind gebaar het nie, het Ragel jaloers geword op haar suster en vir Jakob begin sê:+ “Gee vir my kinders of anders sal ek ’n dooie vrou wees.”+  Hierop het Jakob se toorn teen Ragel ontvlam en het hy gesê:+ “Is ek in die plek van God, wat die vrug van die moederskoot van jou teruggehou het?”+  Toe het sy gesê: “Hier is my slavin Bilha.+ Hou gemeenskap met haar, sodat sy op my knieë geboorte kan gee en dat ek, ja ek, kinders van haar kan kry.”+  Daarop het sy haar diensmeisie Bilha vir hom as vrou gegee, en Jakob het met haar gemeenskap gehad.+  En Bilha het swanger geword en na verloop van tyd vir Jakob ’n seun gebaar.+  Toe het Ragel gesê: “God het as my regter opgetree+ en het ook na my stem geluister, sodat hy my ’n seun gegee het.” Daarom het sy hom Dan+ genoem.  En Bilha, Ragel se diensmeisie, het weer eens swanger geword en na verloop van tyd vir Jakob ’n tweede seun gebaar.  Toe het Ragel gesê: “Met moeisame worstelinge het ek met my suster geworstel. Ek het ook oorwin!” Daarom het sy hom Nafʹtali+ genoem.  Toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, het sy haar diensmeisie Silpa geneem en haar aan Jakob as vrou gegee.+ 10  Na verloop van tyd het Silpa, Lea se diensmeisie, vir Jakob ’n seun gebaar. 11  Toe het Lea gesê: “Met geluk!” Daarom het sy hom Gad+ genoem. 12  Daarna het Silpa, Lea se diensmeisie, vir Jakob ’n tweede seun gebaar. 13  Toe het Lea gesê: “Met my geluk! Want die dogters sal my voorwaar gelukkig noem.”+ Daarom het sy hom Aser+ genoem. 14  En Ruben+ het in die dae van die koringoes+ gaan stap en liefdesappels in die veld gevind. En hy het dit na sy moeder Lea gebring. Toe het Ragel vir Lea gesê: “Gee my asseblief van jou seun se liefdesappels.”+ 15  Hierop het sy vir haar gesê: “Is dit ’n kleinigheid dat jy my man geneem het,+ dat jy nou ook my seun se liefdesappels neem?” Toe het Ragel gesê: “Daarom gaan hy vannag by jou lê in ruil vir jou seun se liefdesappels.” 16  Toe Jakob die aand van die veld af kom,+ het Lea hom tegemoetgegaan en gesê: “Jy gaan met mý gemeenskap hê, want ek het jou regstreeks met my seun se liefdesappels gehuur.” Gevolglik het hy dié nag by haar gaan lê.+ 17  En God het Lea verhoor, en sy het swanger geword en na verloop van tyd vir Jakob ’n vyfde seun gebaar.+ 18  Toe het Lea gesê: “God het my ’n huurling se loon gegee, omdat ek my diensmeisie aan my man gegee het.” Daarom het sy hom Isʹsaskar+ genoem. 19  En Lea het weer eens swanger geword en na verloop van tyd vir Jakob ’n sesde seun gebaar.+ 20  Toe het Lea gesê: “God het my, ja my, ’n goeie geskenk gegee. Eindelik sal my man my duld,+ omdat ek vir hom ses seuns gebaar het.”+ Daarom het sy hom Seʹbulon+ genoem. 21  En daarna het sy ’n dogter gebaar en haar toe Dina+ genoem. 22  Uiteindelik het God aan Ragel gedink, en God het haar verhoor deurdat hy haar moederskoot geopen het.+ 23  En sy het swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee. Toe het sy gesê: “God het my smaad weggeneem!”+ 24  Daarom het sy hom Josef+ genoem en gesê: “Jehovah voeg vir my nog ’n seun by.” 25  En toe Ragel aan Josef geboorte gegee het, het Jakob onmiddellik vir Laban gesê: “Stuur my weg sodat ek na my plek en na my land kan gaan.+ 26  Gee my vrouens en my kinders, vir wie ek by u in diens was, sodat ek kan gaan; want u behoort self te weet watter diens ek vir u verrig het.”+ 27  Toe het Laban vir hom gesê: “As ek dan nou guns in jou oë gevind het—ek het die voortekens sodanig opgeneem, dat Jehovah my om jou ontwil seën.”+ 28  En hy het bygevoeg: “Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit gee.”+ 29  Toe het hy vir hom gesê: “U behoort self te weet hoe ek u gedien het en hoe dit met u kudde by my gegaan het;+ 30  dat u voor my koms in werklikheid min gehad het, en dit het tot ’n menigte uitgebrei, deurdat Jehovah u geseën het sedert ek gekom het.+ En wanneer moet ek dan nou ook iets vir my eie huis doen?”+ 31  Toe het hy gesê: “Wat sal ek jou gee?” En Jakob het gesê: “U sal my hoegenaamd niks gee nie!+ As u hierdie ding vir my sal doen, sal ek weer u kleinvee oppas.+ Ek sal voortgaan om hulle te bewaak.+ 32  Ek sal vandag deur al u kleinvee gaan. Sonder daarvan elke skaap af wat gespikkeld en bont is, en elke donkerbruin skaap onder die jong ramme en elke bonte en gespikkelde onder die bokooie. Voortaan moet sulkes my loon wees.+ 33  En my regte handelswyse moet vir my getuig op watter dag in die toekoms u ook al kom om my loon te bekyk;+ alles wat nie gespikkeld en bont onder die bokooie en donkerbruin onder die jong ramme is nie, is gesteelde goed as dit by my is.”+ 34  Hierop het Laban gesê: “Wel, dit is goed! Laat dit volgens jou woord wees.”+ 35  Toe het hy op dié dag die gestreepte en bont bokramme en al die gespikkelde en bont bokooie afgesonder, almal wat wit aan hulle gehad het en almal wat donkerbruin onder die jong ramme was, maar hy het hulle in die hande van sy seuns oorgegee. 36  Daarna het hy ’n afstand van drie dagreise tussen hom en Jakob gestel, en Jakob het die kleinvee van Laban opgepas wat oorgebly het. 37  Toe het Jakob vir sy gebruik stokke wat nog vogtig was, van die storaksboom+ en van die amandelboom+ en van die plataanboom+ geneem en wit geskilde plekke daarin geskil deur die wit wat op die stokke+ was, bloot te lê. 38  Uiteindelik het hy die stokke wat hy geskil het, voor die kleinvee gesit, in die watervore, in die waterdrinkbakke,+ waar die kleinvee kom drink het, sodat hulle voor die stokke op hitte sou kom wanneer hulle kom drink het. 39  Gevolglik het die kleinvee voor die stokke op hitte gekom, en die kleinvee het gestreeptes, gespikkeldes en bontes voortgebring.+ 40  En Jakob het die jong ramme afgesonder en toe die koppe van die kleinvee gedraai na die gestreeptes en al die donkerbruines onder die kleinvee van Laban. Toe het hy sy troppe eenkant gesit en hulle nie by die kleinvee van Laban gesit nie. 41  En elke keer wanneer die sterk+ kleinvee op hitte gekom het, het Jakob die stokke in die watervore+ voor die oë van die kleinvee gesit, sodat hulle by die stokke op hitte sou kom. 42  Maar wanneer die kleinvee swakkerig was, het hy dit nie daar gesit nie. So het Laban altyd die swakkes gekry, maar Jakob die sterkes.+ 43  En die man het al hoe meer uitgebrei, en hy het baie kleinvee en diensmeisies en diensknegte en kamele en esels gehad.+

Voetnote