Genesis 33:1-20

33  Na verloop van tyd het Jakob sy oë opgeslaan en gekyk, en daar het Esau aangekom en saam met hom vierhonderd man.+ Gevolglik het hy die kinders onder Lea en onder Ragel en onder die twee diensmeisies+ verdeel,  en hy het die diensmeisies en hulle kinders eerste gesit+ en Lea en haar kinders ná hulle+ en Ragel en Josef agter hulle.+  En hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewe keer na die aarde neergebuig totdat hy naby sy broer gekom het.+  En Esau het hom tegemoetgehardloop,+ en hy het hom begin omhels+ en hom om die hals geval en hom gesoen, en hulle het in trane uitgebars.  Toe het hy sy oë opgeslaan en die vroue en die kinders gesien en gesê: “Wie het jy daar by jou?” waarop hy gesê het: “Die kinders met wie God u kneg begunstig het.”+  Daarop het die diensmeisies vorentoe gekom, hulle en hulle kinders, en hulle neergebuig;  en ook Lea het vorentoe gekom, en haar kinders, en hulle het hulle neergebuig, en daarna het Josef vorentoe gekom, en Ragel, en hulle het hulle neergebuig.+  Hy het toe gesê: “Wat bedoel jy met hierdie hele kamp reisigers wat ek teëgekom het?”+ Hierop het hy gesê: “Om guns in die oë van my heer te vind.”+  Toe het Esau gesê: “Ek het baie, my broer.+ Laat wat joune is, joune bly.” 10  Maar Jakob het gesê: “Nee, asseblief. As ek nou guns in u oë gevind het,+ dan moet u my geskenk uit my hand aanneem, want in ooreenstemming met die doel daarvan het ek u aangesig gesien asof ek God se aangesig gesien het deurdat u my met welgevalle ontvang het.+ 11  Neem asseblief die geskenk wat as ’n blyk van my seën na u toe gebring is,+ omdat God aan my guns betoon het en omdat ek alles het.”+ En hy het by hom bly aandring, sodat hy dit geneem het.+ 12  Later het hy gesê: “Laat ons opbreek en verder trek, en laat ek voor jou uit trek.” 13  Maar hy het vir hom gesê: “My heer weet dat die kinders delikaat is en dat daar sogende skape en beeste onder my sorg is,+ en as hulle hulle net een dag te vinnig aandryf, dan sal die hele kudde beslis doodgaan.+ 14  Laat my heer asseblief voor sy kneg uit trek, maar laat my die reis op my gemak voortsit volgens die pas van die vee+ wat voor my is en volgens die pas van die kinders+ totdat ek by my heer in Seïr+ sal kom.” 15  Toe het Esau gesê: “Laat my asseblief party van die mense wat by my is, tot jou beskikking stel.” Hierop het hy gesê: “Waarom dan? Laat my guns in die oë van my heer vind.”+ 16  So het Esau dié dag op sy pad na Seïr teruggegaan. 17  En Jakob het na Sukkot+ weggetrek, en hy het vir hom ’n huis gebou, en vir sy troppe het hy skuilings gemaak.+ Daarom het hy die plek Sukkot genoem. 18  Na verloop van tyd het Jakob heeltemal veilig by die stad Sigem+ aangekom, wat in die land Kanaän+ is, terwyl hy van Paddan-Aram+ af gekom het; en hy het voor die stad kamp opgeslaan. 19  Toe het hy ’n stuk van die veld waar hy sy tent opgeslaan het, vir honderd geldstukke verkry uit die hand van die seuns van Hemor, die vader van Sigem.+ 20  Daarna het hy ’n altaar daar opgerig en dit genoem: God, die God van Israel.+

Voetnote