Genesis 34:1-31
34 En Dina, die dogter van Lea,+ wat sy vir Jakob gebaar het, het gewoonlik uitgegaan om die dogters van die land+ te besoek.+
2 En Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet,+ ’n owerste van die land, het haar gesien en haar toe geneem en by haar gaan lê en haar onteer.+
3 En sy siel het Dina, die dogter van Jakob, begin aankleef, en hy het verlief geraak op die jong vrou en het oorredend met die jong vrou bly praat.
4 Uiteindelik het Sigem vir sy vader Hemor gesê:+ “Kry vir my hierdie jong dame as vrou.”+
5 En Jakob het gehoor dat hy sy dogter Dina verontreinig het. En sy seuns was met sy kudde in die veld;+ en Jakob het stilgebly totdat hulle ingekom het.+
6 Later het Hemor, Sigem se vader, na Jakob toe gegaan om met hom te praat.+
7 En die seuns van Jakob het van die veld af ingekom die oomblik toe hulle dit hoor; en die manne het gekrenk gevoel en hulle het baie kwaad geword,+ want hy het ’n skandelike dwaasheid teen Israel begaan deur by Jakob se dogter te gaan lê,+ terwyl so iets glad nie gedoen behoort te word nie.+
8 En Hemor het met hulle gepraat en gesê: “Wat my seun Sigem betref, sy siel is geheg aan julle dogter.+ Gee haar asseblief aan hom as vrou+
9 en gaan huweliksverbintenisse met ons aan.+ Julle dogters moet julle aan ons gee, en ons dogters moet julle vir julle neem.+
10 En julle mag by ons woon, en die land sal tot julle beskikking wees. Woon en dryf handel daarin en vestig julle daarin.”+
11 Toe het Sigem vir haar vader en vir haar broers gesê: “Laat my guns in julle oë vind, en wat julle ook al vir my sal sê, dit sal ek gee.
12 Maak die bruidsprys en geskenk wat my opgelê word baie hoog,+ en ek is bereid om te gee volgens wat julle vir my sê; gee my net die jong dame as vrou.”
13 En Jakob se seuns het Sigem en sy vader Hemor met bedrog begin antwoord, en hulle het so gespreek omdat hy hulle suster Dina verontreinig het.+
14 En hulle het vir hulle gesê: “Ons kan onmoontlik so iets doen, om ons suster aan ’n man te gee wat ’n voorhuid het,+ want dit is ’n smaad vir ons.
15 Ons kan net op hierdie voorwaarde met julle instem, dat julle soos ons word, deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word.+
16 Dan sal ons beslis ons dogters aan julle gee, en julle dogters sal ons vir ons neem, en ons sal beslis by julle woon en een volk word.+
17 Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan sal ons ons dogter neem en gaan.”
18 En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en in die oë van Sigem, Hemor se seun,+
19 en die jong man het nie getalm om aan die voorwaarde te voldoen nie,+ want hy het behae gehad in Jakob se dogter en hy was die mees geëerde+ van die hele huis van sy vader.+
20 Toe het Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad gegaan en met die manne van hulle stad begin praat+ en gesê:
21 “Hierdie manne is vredeliewend teenoor ons.+ Laat hulle derhalwe in die land woon en daarin handel dryf, aangesien die land heel uitgestrek voor hulle lê.+ Hulle dogters kan ons vir ons as vrouens neem en ons dogters kan ons aan hulle gee.+
22 Net op hierdie voorwaarde sal die manne met ons instem om by ons te woon, om een volk te word, dat almal wat manlik is onder ons, besny word net soos hulle besny is.+
23 Hulle besittings en hulle rykdom en al hulle vee, sal dit dan nie ons s’n wees nie?+ Laat ons net met hulle instem, sodat hulle by ons kan woon.”+
24 Toe het almal wat deur die poort van sy stad uitgaan, na Hemor en sy seun Sigem geluister, en almal wat manlik was, is besny, almal wat deur die poort van sy stad uitgaan.
25 Maar op die derde dag, toe hulle in pyn was,+ het die twee seuns van Jakob, Siʹmeon en Levi,+ broers van Dina,+ elkeen sy swaard geneem en, sonder dat iemand iets vermoed het, na die stad gegaan en almal wat manlik is, doodgemaak.+
26 En hulle het Hemor en sy seun Sigem met die skerpte van die swaard doodgemaak.+ Toe het hulle Dina uit Sigem se huis geneem en uitgegaan.+
27 Die ander seuns van Jakob het die dodelik gewonde manne oorval en die stad geplunder, omdat hulle hulle suster verontreinig het.+
28 Hulle kleinvee en hulle beeste en hulle esels en wat in die stad was en wat in die veld was, het hulle geneem.+
29 En al hulle middele vir lewensonderhoud en al hulle kindertjies en hulle vrouens het hulle gevange weggevoer, sodat hulle alles geplunder het wat in die huise was.+
30 Hierop het Jakob vir Siʹmeon en vir Levi+ gesê: “Julle het my ’n verstoteling gemaak deur my ’n stank vir die inwoners van die land te maak,+ by die Kanaäniete en die Perissiete; maar ek is min in getal,+ en hulle sal hulle beslis teen my versamel en my aanval, en ek sal verdelg word, ek en my huis.”
31 Toe het hulle gesê: “Behoort enigiemand ons suster soos ’n prostituut te behandel?”+