Genesis 35:1-29

35  Daarna het God vir Jakob gesê: “Staan op, trek op na Bet-El en woon daar,+ en bou daar ’n altaar vir die ware God wat aan jou verskyn het toe jy vir jou broer Esau gevlug het.”+  Toe het Jakob vir sy huis en vir almal wat by hom was, gesê: “Verwyder die vreemde gode wat in julle midde is+ en reinig julle en trek ander mantels aan,+  en laat ons opstaan en na Bet-El optrek. En daar sal ek ’n altaar bou vir die ware God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid+ deurdat hy met my was op die weg wat ek gegaan het.”+  Toe het hulle al die vreemde gode+ wat in hulle hande was en die oorringe wat aan hulle ore was, aan Jakob gegee, en Jakob het dit weggesteek+ onder die groot boom wat naby Sigem was.  Daarna het hulle weggetrek, en die skrik van God het op die stede gekom wat rondom hulle was,+ sodat hulle nie die seuns van Jakob agternagesit het nie.  Uiteindelik het Jakob in Lus+ aangekom, wat in die land Kanaän is, dit wil sê Bet-El, hy en al die mense wat by hom was.  Toe het hy ’n altaar daar gebou en die plek El-Bet-El begin noem, omdat die ware God hom daar aan hom geopenbaar het toe hy vir sy broer gevlug het.+  Later het Deboʹra,+ die versorgster van Rebekka, gesterf en is sy aan die voet van Bet-El onder ’n groot boom begrawe. Hy het dit derhalwe Allon-Baʹkut genoem.  God het toe weer eens aan Jakob verskyn by sy koms uit Paddan-Aram+ en hom geseën.+ 10  En God het vir hom gesê: “Jou naam is Jakob.+ Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam word.” En hy het hom Israel begin noem.+ 11  En God het verder vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige.+ Wees vrugbaar en word baie. Nasies en ’n versameling van nasies sal uit jou kom, en konings sal uit jou lendene voortkom.+ 12  Wat die land betref wat ek aan Abraham en aan Isak gegee het, aan jou sal ek dit gee, en aan jou saad+ ná jou sal ek die land gee.”+ 13  Daarna het God van hom af opgevaar by die plek waar hy met hom gepraat het.+ 14  Gevolglik het Jakob ’n pilaar opgerig op die plek waar hy met hom gepraat het,+ ’n klippilaar, en hy het ’n drankoffer daarop uitgegiet en olie daarop gegooi.+ 15  En Jakob het die plek waar God met hom gepraat het, Bet-El bly noem.+ 16  Toe het hulle van Bet-El af weggetrek. En terwyl daar nog ’n goeie ent pad was om by Efrat+ te kom, het Ragel geboorte gegee, en sy het dit moeilik gehad by die bevalling.+ 17  Maar terwyl sy swaar gekry het by die bevalling, het die vroedvrou vir haar gesê: “Moenie bang wees nie, want jy sal ook hierdie seun hê.”+ 18  En die gevolg was dat sy hom, terwyl haar siel+ uitgegaan het (want sy het gesterf),+ Ben-Oni genoem het; maar sy vader het hom Benjamin+ genoem. 19  So het Ragel gesterf, en sy is begrawe op pad na Efrat, dit wil sê Betlehem.+ 20  Jakob het derhalwe ’n pilaar op haar graf opgerig. Dit is tot vandag toe die pilaar van Ragel se graf.+ 21  Daarna het Israel weggetrek en sy tent ’n ent anderkant die Edertoring+ opgeslaan. 22  En terwyl Israel in daardie land gewoon het,+ het Ruben op ’n keer by Bilha, sy vader se byvrou, gaan lê, en Israel het daarvan te hore gekom.+ En die seuns van Jakob was twaalf. 23  Die seuns by Lea was Jakob se eersgeborene Ruben+ en Siʹmeon en Levi en Juda en Isʹsaskar en Seʹbulon. 24  Die seuns by Ragel was Josef en Benjamin. 25  En die seuns by Bilha, Ragel se diensmeisie, was Dan en Nafʹtali. 26  En die seuns by Silpa, Lea se diensmeisie, was Gad en Aser. Dit is Jakob se seuns wat vir hom in Paddan-Aram gebore is. 27  Jakob het eindelik by sy vader Isak in Mamre+ gekom, by Kirjat-Arba,+ dit wil sê Hebron, waar Abraham en ook Isak as vreemdelinge gewoon het.+ 28  En die dae van Isak was honderd-en-tagtig jaar.+ 29  Daarna het Isak die laaste asem uitgeblaas en gesterf en is hy tot sy volk versamel, oud en versadig van dae,+ en sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.+

Voetnote