Genesis 36:1-43

36  En dit is die geskiedenis van Esau, dit wil sê Edom.+  Esau het sy vrouens uit die dogters van Kanaän+ geneem: Ada,+ die dogter van Elon, die Hetiet,+ en Oholibaʹma,+ die dogter van Ana, die kleindogter van Siʹbeon, die Hewiet,  en Basmat,+ Isʹmael se dogter, die suster van Neʹbajot.+  En Ada het vir Esau Eʹlifas gebaar, en Basmat het Reʹhuel gebaar,  en Oholibaʹma het Jeüs en Jalam en Korag+ gebaar. Dit is die seuns van Esau wat vir hom in die land Kanaän gebore is.  Daarna het Esau sy vrouens en sy seuns en sy dogters en al die siele van sy huis en sy kudde en al sy ander diere en al sy rykdom,+ wat hy in die land Kanaän versamel het, geneem en na ’n land getrek, weg van sy broer Jakob af,+  omdat hulle besittings te groot geword het vir hulle om bymekaar te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle as gevolg van hulle kuddes nie dra nie.+  Daarom het Esau in die bergstreek Seïr+ gaan woon. Esau is Edom.+  En dit is die geskiedenis van Esau, die vader van Edom, in die bergstreek Seïr.+ 10  Dít is die name van die seuns van Esau: Eʹlifas, die seun van Ada, Esau se vrou; Reʹhuel, die seun van Basmat, Esau se vrou.+ 11  En die seuns van Eʹlifas was Teman,+ Omar, Sefo en Gatam en Kenas.+ 12  En Timna+ het die byvrou geword van Eʹlifas, Esau se seun. Na verloop van tyd het sy vir Eʹlifas Aʹmalek+ gebaar. Dit is die seuns van Ada, Esau se vrou. 13  Dít is die seuns van Reʹhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa.+ Dit was die seuns van Basmat,+ Esau se vrou. 14  En dit was die seuns van Oholibaʹma, die dogter van Ana, die kleindogter van Siʹbeon, Esau se vrou, deurdat sy vir Esau Jeüs en Jalam en Korag+ gebaar het. 15  Dít is die sjeiks+ van die seuns van Esau: Die seuns van Eʹlifas, Esau se eersgeborene: Sjeik Teman,+ sjeik Omar, sjeik Sefo, sjeik Kenas, 16  sjeik Korag, sjeik Gatam, sjeik Aʹmalek. Dit is die sjeiks van Eʹlifas+ in die land Edom. Dit is die seuns by Ada. 17  Dít is die seuns van Reʹhuel, Esau se seun: Sjeik Nahat, sjeik Serag, sjeik Samma, sjeik Missa. Dit is die sjeiks van Reʹhuel in die land Edom.+ Dit is die seuns by Basmat, Esau se vrou. 18  Ten slotte is dit die seuns van Oholibaʹma, Esau se vrou: Sjeik Jeüs, sjeik Jalam, sjeik Korag. Dit is die sjeiks van Oholibaʹma, die dogter van Ana, Esau se vrou. 19  Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle sjeiks. Hy is Edom.+ 20  Dít is die seuns van Seïr, die Horiet, die inwoners van die land:+ Lotan en Sobal en Siʹbeon en Ana+ 21  en Dison en Eser en Disan.+ Dit is die sjeiks van die Horiete, die seuns van Seïr, in die land Edom. 22  En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en Lotan se suster was Timna.+ 23  En dít is die seuns van Sobal: Alwan en Manaʹhat en Ebal, Sefo en Onam. 24  En dít is die seuns van Siʹbeon: Ajja en Ana. Dit is die Ana wat die warm fonteine in die wildernis gevind het terwyl hy die esels vir sy vader Siʹbeon+ opgepas het. 25  En dít is die kinders van Ana: Dison en Oholibaʹma, die dogter van Ana. 26  En dít is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran.+ 27  Dít is die seuns van Eser: Bilhan en Saʹäwan en Akan. 28  Dít is die seuns van Disan: Us en Aran.+ 29  Dít is die sjeiks van die Horiete: Sjeik Lotan, sjeik Sobal, sjeik Siʹbeon, sjeik Ana, 30  sjeik Dison, sjeik Eser, sjeik Disan.+ Dit is die sjeiks van die Horiete volgens hulle sjeiks in die land Seïr. 31  En dit is die konings wat in die land Edom regeer het+ voordat enige koning oor die kinders van Israel regeer het.+ 32  En Bela, die seun van Beor, het in Edom regeer,+ en die naam van sy stad was Dinhaʹba. 33  Toe Bela sterf, het Jobab, die seun van Serag, uit Bosra,+ in sy plek begin regeer.+ 34  Toe Jobab sterf, het Husam, uit die land van die Temaniete,+ in sy plek begin regeer.+ 35  Toe Husam sterf, het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete+ in die gebied van Moab+ verslaan het, in sy plek begin regeer, en die naam van sy stad was Awit.+ 36  Toe Hadad sterf, het Samla, uit Masʹreka, in sy plek begin regeer.+ 37  Toe Samla sterf, het Saul, uit Reʹhobot aan die Rivier, in sy plek begin regeer.+ 38  Toe Saul sterf, het Baäl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek begin regeer.+ 39  Toe Baäl-Hanan, die seun van Akbor, sterf, het Hadar in sy plek begin regeer; en die naam van sy stad was Pahu, en die naam van sy vrou was Mehetaʹbel, die dogter van Matred, die dogter van Meʹsahab.+ 40  En dít is die name van die sjeiks van Esau volgens hulle families, volgens hulle plekke, volgens hulle name: Sjeik Timna, sjeik Alwa, sjeik Jetet,+ 41  sjeik Oholibaʹma, sjeik Ela, sjeik Pinon,+ 42  sjeik Kenas, sjeik Teman, sjeik Mibsar,+ 43  sjeik Magʹdiël, sjeik Iram. Dit is die sjeiks van Edom+ volgens hulle woonplekke in die land van hulle besitting.+ Dit is Esau, die vader van Edom.+

Voetnote