Genesis 37:1-36

37  En Jakob het gewoon in die land van die vreemdelingskap van sy vader,+ in die land Kanaän.+  Dit is die geskiedenis van Jakob. Toe Josef+ sewentien jaar oud was, het hy saam met sy broers skape opgepas onder die kleinvee,+ en omdat hy nog maar ’n seun was, was hy saam met die seuns van Bilha+ en die seuns van Silpa,+ die vrouens van sy vader. En Josef het ’n slegte berig oor hulle na sy vader gebring.+  En Israel het Josef liewer gehad as al sy ander seuns,+ omdat hy die seun van sy oudag was; en hy het vir hom ’n lang, gestreepte, hempagtige kleed laat maak.+  Toe sy broers sien dat hulle vader hom liewer het as al sy broers, het hulle hom begin haat,+ en hulle kon nie op vreedsame wyse met hom praat nie.+  Later het Josef ’n droom gehad en dit vir sy broers vertel,+ en hulle het nog meer rede gevind om hom te haat.  En hy het vir hulle gesê: “Luister asseblief na hierdie droom wat ek gedroom het.+  Wel, ons het in die middel van die land gerwe gebind toe my gerf opstaan en ook regop bly staan, en kyk, julle gerwe het rondom gaan staan en hulle voor my gerf neergebuig.”+  En sy broers het vir hom begin sê: “Gaan jy vir seker koning oor ons wees?+ of: Gaan jy vir seker oor ons heers?”+ Toe het hulle opnuut rede gevind om hom te haat oor sy drome en oor sy woorde.  Daarna het hy nog ’n ander droom gehad, en hy het dit vir sy broers vertel en gesê: “Kyk, ek het weer eens ’n droom gehad, en kyk, die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.”+ 10  Toe het hy dit vir sy vader sowel as sy broers vertel, en sy vader het hom bestraf en vir hom gesê:+ “Wat beteken hierdie droom wat jy gedroom het? Gaan ek en ook jou moeder en jou broers vir seker kom en ons voor jou na die aarde neerbuig?” 11  En sy broers het jaloers geword op hom,+ maar sy vader het die woorde bewaar.+ 12  Sy broers het toe gegaan om die kleinvee van hulle vader naby Sigem+ te laat wei. 13  Na verloop van tyd het Israel vir Josef gesê: “Jou broers pas die kleinvee naby Sigem op, nie waar nie? Kom, en laat ek jou na hulle toe stuur.” Waarop hy vir hom gesê het: “Hier is ek!”+ 14  Toe het hy vir hom gesê: “Gaan asseblief. Kyk of dit goed gaan met jou broers en of dit goed gaan met die kleinvee, en bring vir my berig terug.”+ Daarop het hy hom uit die laagvlakte van Hebron+ weggestuur, en hy het in die rigting van Sigem gegaan. 15  Later het ’n man hom gevind, en kyk, hy het in die veld rondgedwaal. Toe het die man hom gevra en gesê: “Wat soek jy?” 16  Hierop het hy gesê: “Ek soek my broers. Sê my asseblief: Waar pas hulle die kleinvee op?” 17  En die man het verder gesê: “Hulle het hiervandaan weggetrek, want ek het hulle hoor sê: ‘Laat ons na Dotan gaan.’” Toe het Josef agter sy broers aan gegaan en hulle by Dotan gevind. 18  Wel, hulle het hom van ver af gesien, en voordat hy naby hulle kon kom, het hulle listig teen hom begin saamsweer om hom dood te maak.+ 19  En hulle het vir mekaar gesê: “Kyk! Hier kom daardie dromer.+ 20  En kom nou en laat ons hom doodmaak en in een van die waterputte gooi;+ en ons sal sê dat ’n wrede wilde dier hom verslind het.+ Laat ons dan sien wat van sy drome sal word.” 21  Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand probeer verlos.+ Daarom het hy gesê: “Laat ons sy siel nie doodslaan nie.”+ 22  En Ruben het verder vir hulle gesê: “Moenie bloed vergiet nie.+ Gooi hom in hierdie waterput wat in die wildernis is en moenie die hand aan hom slaan nie.”+ Sy bedoeling was om hom uit hulle hand te verlos sodat hy hom na sy vader toe kon terugbring. 23  En toe Josef by sy broers kom, het hulle Josef se lang kleed uitgetrek, ja, die lang, gestreepte kleed wat hy aangehad het;+ 24  waarna hulle hom geneem en in die waterput gegooi het.+ Die put was toe leeg; daar was geen water in nie. 25  Daarna het hulle gaan sit om brood te eet.+ Toe hulle hulle oë opslaan en kyk, was daar ’n karavaan Ismaeliete+ wat uit Giʹlead gekom het, en hulle kamele het labdanum en balsem en harsagtige bas+ gedra, op pad om dit na Egipte af te neem. 26  Hierop het Juda vir sy broers gesê: “Van watter nut sou dit wees as ons ons broer doodmaak en sy bloed bedek?+ 27  Kom en laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop,+ en laat ons hand nie teen hom wees nie.+ Hy is darem ons broer, ons vlees.” Toe het hulle na hulle broer geluister.+ 28  En manne, Midianitiese koopmanne,+ het verbygekom. Hulle het Josef derhalwe uit die waterput opgetrek en uitgelig+ en Josef toe aan die Ismaeliete vir twintig silwerstukke verkoop.+ Hulle het Josef uiteindelik na Egipte gebring. 29  Later het Ruben na die waterput teruggekeer, en kyk, Josef was nie in die waterput nie. Daarop het hy sy klere geskeur.+ 30  Toe hy weer by sy ander broers kom, het hy uitgeroep: “Die kind is weg! En ek—waarheen moet ek dan tog gaan?”+ 31  Hulle het egter Josef se lang kleed geneem en ’n bokram geslag en die lang kleed herhaaldelik in die bloed gedoop.+ 32  Daarna het hulle die lang, gestreepte kleed gestuur en dit na hulle vader laat bring en gesê: “Dit is wat ons gevind het. Ondersoek+ asseblief of dit u seun se lang kleed is of nie.”+ 33  En hy het dit ondersoek en uitgeroep: “Dit is my seun se lang kleed! ’n Boosaardige wilde dier moes hom verslind het!+ Josef is sekerlik verskeur!”+ 34  Daarop het Jakob sy mantels geskeur en saklinne om sy heupe gesit en baie dae oor sy seun getreur.+ 35  En al sy seuns en al sy dogters het bly opstaan om hom te troos,+ maar hy het deurentyd geweier om hom te laat troos en gesê:+ “Want ek sal treurende na my seun in Sjeool afdaal!” En sy vader het oor hom bly huil. 36  Die Midianiete het hom egter na Egipte verkoop aan Poʹtifar, ’n hofbeampte van Farao,+ die hoof van die lyfwag.+

Voetnote