Genesis 38:1-30

38  En intussen het Juda afgetrek, weg van sy broers af, en sy tent naby ’n man, ’n Adullamiet,+ opgeslaan, en sy naam was Hira.  En daar het Juda ’n dogter van ’n sekere Kanaäniet+ gesien, en sy naam was Sua. Toe het hy haar geneem en met haar gemeenskap gehad.  En sy het swanger geword. Later het sy ’n seun gebaar, en hy het hom Er+ genoem.  Sy het weer swanger geword. Na verloop van tyd het sy ’n seun gebaar en hom Onan genoem.  En sy het weer eens ’n seun gebaar en hom toe Sela genoem. En hy was in Agsib toe sy hom gebaar het.+  Na verloop van tyd het Juda vir Er, sy eersgeborene, ’n vrou geneem, en haar naam was Tamar.+  Maar Er, Juda se eersgeborene, was sleg in die oë van Jehovah;+ daarom het Jehovah hom doodgemaak.+  Gevolglik het Juda vir Onan gesê: “Hou gemeenskap met jou broer se vrou en sluit ’n swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer ’n nageslag.”+  Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou word nie;+ en wanneer hy met sy broer se vrou gemeenskap gehad het, het hy sy saad op die grond gestort om vir sy broer geen nageslag te gee nie.+ 10  En wat hy gedoen het, was sleg in die oë van Jehovah;+ daarom het hy hom ook doodgemaak.+ 11  Toe het Juda vir Tamar, sy skoondogter, gesê: “Woon as ’n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is.”+ Want hy het by homself gesê: “Dalk sterf hy ook soos sy broers.”+ Gevolglik het Tamar gegaan en in haar vader se huis gewoon.+ 12  So het die dae baie geword, en die dogter van Sua, Juda se vrou,+ het gesterf; en Juda het die routyd gehou.+ Daarna het hy na die skeerders van sy skape opgegaan, na Timna,+ hy en sy metgesel Hira, die Adullamiet.+ 13  Toe is daar vir Tamar gesê: “Kyk, jou skoonvader gaan op na Timna om sy skape te skeer.”+ 14  Daarop het sy die klere van haar weduweeskap uitgetrek en haar met ’n tjalie bedek en haarself versluier en by die ingang van Enaʹim gaan sit, wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela grootgeword het, en tog is sy nie as vrou aan hom gegee nie.+ 15  Toe Juda haar sien, het hy haar dadelik vir ’n hoer aangesien,+ omdat sy haar gesig bedek het.+ 16  Toe het hy na haar uitgedraai by die pad en gesê: “Laat my asseblief toe om met jou gemeenskap te hê.”+ Want hy het nie geweet dat sy sy skoondogter was nie.+ Sy het egter gesê: “Wat sal jy my gee sodat jy met my gemeenskap kan hê?”+ 17  Hierop het hy gesê: “Ek sal ’n boklam uit die kudde stuur.” Maar sy het gesê: “Sal jy ’n pand gee totdat jy dit stuur?”+ 18  En hy het verder gesê: “Wat is die pand wat ek jou moet gee?” waarop sy gesê het: “Jou seëlring+ en jou toutjie en jou staf wat in jou hand is.” Toe het hy dit vir haar gegee en met haar gemeenskap gehad, sodat sy by hom swanger geword het. 19  Daarna het sy opgestaan en weggegaan en haar tjalie afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.+ 20  En Juda het die boklam deur die hand van sy metgesel, die Adullamiet,+ gestuur om die pand uit die hand van die vrou terug te kry, maar hy het haar nie gevind nie. 21  En hy het die manne van haar plek gevra en gesê: “Waar is daardie tempelprostituut wat in Enaʹim langs die pad was?” Maar hulle het bly sê: “Daar was nog nooit ’n tempelprostituut+ in hierdie plek nie.” 22  Uiteindelik het hy na Juda toe teruggekeer en gesê: “Ek kon haar nêrens kry nie, en daarbenewens het die manne van die plek gesê: ‘Daar was nog nooit ’n tempelprostituut in hierdie plek nie.’” 23  Toe het Juda gesê: “Laat sy dit vir haar neem, sodat ons nie ’n voorwerp van veragting word nie.+ In elk geval, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy—jy kon haar nêrens kry nie.” 24  Maar ongeveer drie maande later is daar vir Juda gesê: “Jou skoondogter Tamar het haar soos ’n hoer gedra,+ en kyk, sy is ook swanger+ deur haar hoerery.” Daarop het Juda gesê: “BRING haar uit en laat sy verbrand word.”+ 25  Terwyl hulle haar uitgebring het, het sy na haar skoonvader gestuur en gesê: “By die man aan wie hierdie goed behoort, is ek swanger.”+ En sy het bygevoeg: “Ondersoek+ asseblief aan wie dit behoort, die seëlring en die toutjie en die staf.”+ 26  Toe het Juda dit ondersoek en gesê:+ “Sy is regverdiger as ek,+ omdat ek haar nie aan my seun Sela gegee het nie.”+ En hy het daarna nie weer met haar gemeenskap gehad nie.+ 27  En in die tyd dat sy moes baar, was daar ’n tweeling in haar moederskoot. 28  En toe sy geboorte gee, het een sy hand uitgesteek, en die vroedvrou het dadelik ’n skarlaken draad geneem en dit om sy hand gebind en gesê: “Hierdie een het eerste uitgekom.” 29  En net toe hy sy hand terugtrek, kyk, toe kom sy broer uit, sodat sy uitgeroep het: “Wat bedoel jy hiermee, dat jy vir jou ’n perineale skeur veroorsaak het?” Hy is derhalwe Peres+ genoem. 30  En daarna het sy broer uitgekom aan wie se hand die skarlaken draad was, en hy is Serag+ genoem.

Voetnote