Genesis 4:1-26

4  En Adam het met sy vrou Eva gemeenskap gehad, en sy het swanger geword.+ Na verloop van tyd het sy aan Kain+ geboorte gegee en gesê: “Ek het ’n man met die hulp van Jehovah voortgebring.”+  Later het sy weer geboorte gegee, aan sy broer Abel.+ En Abel het ’n skaapwagter geword,+ maar Kain het ’n landbouer geword.+  En na verloop van tyd het Kain van die vrugte van die grond+ as ’n offer aan Jehovah+ gebring.  Maar wat Abel betref, ook hy het van die eerstelinge+ van sy kleinvee gebring, selfs hulle vet.+ En terwyl Jehovah Abel en sy offer gunstig aangesien het,+  het hy Kain en sy offer glad nie gunstig aangesien nie.+ En Kain het baie kwaad geword,+ en sy gesig het somber geword.  Hierop het Jehovah vir Kain gesê: “Waarom het jy kwaad geword, en waarom het jou gesig somber geword?  As jy jou daartoe wend om goed te doen, sal daar dan nie ’n verheffing wees nie?+ Maar as jy jou nie daartoe wend om goed te doen nie, is daar sonde wat by die ingang lê en loer, en sy begeerte is na jou;+ en sal jý die oorhand daaroor kry?”+  Daarna het Kain vir sy broer Abel gesê: “Laat ons die veld ingaan.” Terwyl hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel aangeval en hom doodgemaak.+  Later het Jehovah vir Kain gesê: “Waar is jou broer Abel?”+ en hy het gesê: “Ek weet nie. Is ek my broer se oppasser?”+ 10  Hierop het hy gesê: “Wat het jy gedoen? Luister! Jou broer se bloed roep van die grond af na my toe uit.+ 11  En nou is jy vervloek en verban van die grond af,+ wat sy mond oopgemaak het om jou broer se bloed uit jou hand te ontvang.+ 12  Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy krag aan jou teruggee nie.+ ’n Swerwer en ’n vlugteling sal jy op die aarde word.”+ 13  Hierop het Kain vir Jehovah gesê: “My straf vir my oortreding is te groot om te dra. 14  Kyk, op hierdie dag verdryf u my in werklikheid van die oppervlak van die aarde af, en vir u aangesig sal ek verborge wees;+ en ek sal ’n swerwer+ en ’n vlugteling op die aarde word, en enigiemand wat my vind, sal my vir seker doodmaak.”+ 15  Hierop het Jehovah vir hom gesê: “Daarom, as enigiemand Kain doodmaak, moet dit sewe keer gewreek word.”+ En toe het Jehovah vir Kain ’n teken vasgestel sodat niemand wat hom vind, hom sou doodslaan nie.+ 16  Daarop het Kain van die aangesig van Jehovah+ weggegaan en hom gevestig in die land van Vlugtelingskap, oos van Eden. 17  Daarna het Kain gemeenskap gehad met sy vrou,+ en sy het swanger geword en aan Henog geboorte gegee. Toe het hy ’n stad gaan bou en die stad na die naam van sy seun Henog genoem.+ 18  Later is Irad vir Henog gebore. En Irad het die vader van Mehuʹjael geword, en Mehuʹjael het die vader van Metuʹsael geword, en Metuʹsael het die vader van Lameg geword. 19  En Lameg het vir hom twee vrouens geneem. Die naam van die eerste was Ada en die naam van die tweede was Silla. 20  Na verloop van tyd het Ada aan Jabal geboorte gegee. Hy was die vader van dié wat in tente woon+ en vee het.+ 21  En die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op die harp+ en die fluit+ speel. 22  Wat Silla betref, ook sy het geboorte gegee, aan Tubal-Kain, die smeder van elke soort koper- en ysterwerktuig.+ En die suster van Tubal-Kain was Naäma. 23  Gevolglik het Lameg hierdie woorde vir sy vrouens, Ada en Silla, gedig: “Hoor my stem, o vrouens van Lameg;Luister na my woorde:’n Man het ek doodgemaak omdat hy my gewond het,Ja, ’n jong man omdat hy my ’n hou gegee het. 24  As Kain sewe keer gewreek moet word,+Dan Lameg sewe-en-sewentig keer.” 25  En Adam het weer gemeenskap gehad met sy vrou, en sy het toe aan ’n seun geboorte gegee en hom Set+ genoem, want, soos sy gesê het: “God het aan my ’n ander saad in die plek van Abel gegee, omdat Kain hom doodgemaak het.”+ 26  En ook vir Set is ’n seun gebore, en hy het hom Enos+ genoem. In dié tyd het mense die naam van Jehovah begin aanroep.+

Voetnote